Let go and let God…

Wel, dit is nou maande later, yip en ek skrik om dit te lees. Maande…..

Ek het heeltemal van die bus afgeval, kan nie eens die bus onthou nie. Dink nie tot Una my so ruk terug vra of ek ok is dat ek dit eens besef het nie. Ek is ok, het myself heeltemal verloor in werk en oortyd en gemors en moods en dinge. Wel, dit is nou oor.

Dalk die Universe se manier om te praat en my te vertel “dis nou genoeg want jy vergeet wie jy is en wie jy het”. So ek het geluister.

My broek bewe, my lewer bewe, en tog iewers in my is ek ok. Weet ek dit moet uitwerk en dinge sal goed wees.

9378e4fc7e3c755bca483d720f124fa6.jpg

Wat ek wel weet is dit, ek is terug op die blog en dit voel sommer heerlik. Ek het julle gemis, ek doen steeds. Die keer vergeet ek nie dat daar altyd balans moet wees nie.ad4e8936-e4be-4300-99d6-2306ac941e68

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sΓͺ die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

15 thoughts on “Let go and let God…”

Comments are closed.