1 Januarie 2020…

3b409120-f17e-4766-9c32-addfd874181e

Sjoe, groot datum, nuwe jaar, nuwe dekade, so baie dinge. Sulke ongelooflike mooi goed gelees en gekry vandag. Besef hoeveel ongelooflike mense in my lewe is, hoe blessed ek regtig is.

Daar is so baie dinge wat maal binne my en soveel verskillende gevoellens. Van “whatever” tot amper totale paniek. Die paniek laat my skuldig voel en dink het ek dan geen geloof nie, of is ek net menslik.

Khalil Gibran sê

Image result for khalil gibran quote re stress

Ek weet is wat ek wil doen. Ek weet dis daai paniek gevoel. Hoe leer jy jare se gedrag af? Dag vir dag neem ek aan. Dis seker nie iets wat net so gaan weggaan nie.  So elk dag net klein bietjie minder worry, so bietjie meer dinge waardeer en elk dag blessings tel. Verder weet ek nie.

Ek weet net dit is ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe dekade. Ek maak geen voornemens nie, ek wil net weet elke aand as ek gaan slaap ek het iets gedoen :

00a57fd0-7494-4633-829e-5128049da29d

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

14 thoughts on “1 Januarie 2020…”

  1. Voorspoedige 2020 vir jou.
    Snaaks hoe ek nie eintlik blogs gelees het nie, maar dat ons almal dieselfde voorneme het, om geen voornemens te hê nie en elke dag voluit te leef

    Liked by 1 person

  2. Positief bly is belangrik al voel dit onmoontlik. Asem in, asem uit dink aan jou asemhaling. Solank jy asem haal lewe jy nog. Gebruik die oomblik tot jou voordeel. Ek het simpatie met jou want ooooo daardie neerslagtigheid loer om elke koekie. Liefde vir jou en ook n lekker drukkie.

    Liked by 1 person

Comments are closed.