Eendag was daar…

Eendag was daar ‘n ongelooflike besige dogtertjie, ek meen besig. Sy was amper alleen-kind, haar boetie was 6 jaar ouer en hulle was nie dieselfde mense nie. Hy was ‘n model kind, pragtig, gehoorsaam, netjies, stil.

Sy…wel sy was net anders van kleins af. Dink nie die woord is kwaad nie, net altyd gevoel dinge is uitdagings en sy sal alles doen sodat haar pa net sien sy is nie anders nie. Dink haar wil was so sterk soos haar ma s’n, seker die dat hulle nie baie mal was oor mekaar daai tyd nie.

Wel die dogtertjie wou ‘n suster gehad het, veral toe sy groter word met wie sy kon praat. Iemand met wie sy goed kon deel, geheime, planne. Dalk tot maats wees. Maar daar was geen sussie nie, daar was ‘n broer wat toe al baie groter was en sy eie lewe gehad het met sy eie wense en dinge. Hulle was nie kwaad nie, hulle het net nie gedeel of gebond nie. En sy het ‘n perd gehad.

Fast forward….

Eendag, net so skielik, is die dogtertjie se wens vervul en daar is die suster wat sy altyd wou hê. ‘n Suster met ‘n hart van goud, geduldig, gelukkig en so goeie mens. Sy kry nie net ‘n suster nie, sy kry sommer ‘n all-in-one met haar, vriendin, suster, vertroueling, voorbeeld, mentor en ook ‘n towerin..

 

Dankie Ousus,🌻

IMG_1149.JPG

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

18 thoughts on “Eendag was daar…”

  1. Nee vrek man, daar laat jy my nou grens! Alweer!!! Sus, maar jy was eerlikwaar ń anderste dogtertjie, hoor. My oë het heeltyd gerek, want jy was ALTYD in die moeilikheid. Bitter baie lief vir jou.

    Liked by 1 person

  2. Ag Virgo…..so mooi foto! En dis awesome as mens eerder vriendinne is as skoonsussies. My BF is ook my eerste skoonsus…na 40 jaar is ons nog steeds maats!

    Liked by 1 person

  3. Ek het grootgeword met ‘n sussie, maar eers as grootmense het ons mekaar regtig ontdek. Nou woon sy in Durban en is ons band nog steeds onbreekbaar. My dogter is nou ook ‘n mamma en deesdae begin sy om haar ma te “mother”.

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: