Wat as….

Wat as ek in die spieëltjie kon kyk en skielik weg gevat word na ‘n plek op ‘n ander dimensie en ek kon tyd terug kry….

Skielik sit ek op die bankie, die sonnetjie is net warm genoeg om gemaklik te wees, die see is rustig, mens ruik hom van ver. Die berg is daar, in al haar glorie, sy het nie vandag haar voorskoot aan nie, want sy weet daar is iemand op die “Tyd” bankie…

Ek kyk na my ma en kan net nie glo dis sy nie, haar hande is sag, haar glimlag wys in haar oë. Ek voel die trane loop en toe sy sê “Meidjie” huil ek sommer kliphard.

Haar stem, ek het dit so gemis, daar is so baie wat ek wil sê. ” Ek weet nie of jy my gehoor het in die hospitaal nie, daai laaste 3 dae. Sy glimlag, haar bruin oë sag, sy “pat” my hand en knik haar kop. “Ek het elke woord gehoor” .

Ons sit vir nog ‘n lang ruk en gesels, ons praat oor my pa, hy en Lady is heeldag in die veld en hy lees nog net so baie, oor Bertus en Una en die kleinkinders, oor Ouma Meisie, Ben- Boon, hoe hulle liefde en groete stuur, tot die troeteldiere. Oor so baie van die familie en vriende. Ons gesels tot ek bewus word van ‘n klok wat lui. Sy pat weer my hand en sê ” dis tyd vir my om te gaan, iemand anders het ‘n tyd-wens gekry”.

Ek wil haar nie laat gaan nie, maar kan dink dat daar so baie is wat so graag die blessing wil hê.

Ek druk haar styf, trek my longe vol van haar reuk, vat soveel aan haar soos ek kan en wil weet of dit ooit weer kan gebeur. Sy skud haar kop en sê nee. Ek druk stywer. ” Meidjie, ek is altyd by jou, altyd. Elke keer as jy in jou kop met my praat hoor ek jou. Kyk vir tekens, dis daar, maar net as jy kyk. ”

Ek maak my oë oop en my arms is leeg. Het ek gedroom?

Ek staan op en toe ek omdraai, lê daar ‘n wit veer….

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

19 thoughts on “Wat as….”

        1. Die 1 ding in my lewe wat ek regtig wens, soms dink ek ek sal net wil huil, soms praat, soms net daai ” dis ok ek is by jou” . Foto’s van Instagram af, maar stem, hulle is pragtig. Jy wat sulke fantastiese fotos neem moet gaan kyk as jy nie op Insta is nie. Ongelooflike fotos. Dink jy sal dit baie geniet🌻

          Liked by 1 person

Comments are closed.