Die donker in ons..Rebus

Danie skrik hom yskoud bine toe hy besef dat die uitlyne van ‘n voël nie die pelikaan tjoep van Trommetljies is nie, maar dat Francis hom stip dophou in die donkerte terwyl hy so paar tree van hom af patroleer. “Genade Francis, hoe is jy wakker in die ure van die donkerte?”. Francis knip sy oë. “Gewoonte Danie, ek doen dit al so lank, ek weet nie eers meer dis eintlik abnormaal nie” Danie knik sy kop. “Gee jy om vir geselskap?”Francis knik sy kop en wys plek langs hom. Danie gaan sit en kyk saam met hom vooruit. Dit is eintlik so ‘n veilige plek die, niks kan jou van agter verras nie, jy het ‘n uitsig oor die hele dorp feitlik en die dam. Danie dink diep, iets vreesliks moes met sy lewe gebeur het dat hy so leef, so uit karakter uit van enige voël wat Danie ooit ontmoet het.

“Jy wonder oor hoekom ek so leef?” vra Francis. Danie knik sy kop. “oorlewing” is al sagte antwoord wat Danie hoor. “Ek is in ‘n baie groot groep Bromvoëls gebore, my pa was die stamhoof en ‘n ongelooflike jagter, beskermer , voorsienner, soldaat. Daar was nie ‘n voël in die groep wat sou waag om hom teen te gaan nie. Ander groepe het hom kom sien vir raad, daar was niks wat jy hom nie kom vra nie. Die vroue was mal oor hom, hy was mal oor my ma. Maar my ma was baie sag geaard, stil, op haar plek en het die mooiste hart gehad,het geen lewende iets ooit skade gedoen nie en gedink geweld is onnodig. Snaakse paartjie, maar dit het gewerk. Wel, totdat ek uitgebroei is. My broers is soos my pa, tot my susters ook in mate. My ma was baie eensaam, maar as stamhoof se vrou het sy gehelp waar sy kan en was sy beny deur al die ander vroue. Hulle het vreesik ager haar rug gepraat oor sy so sag was, dat sy nie by my pa pas nie, hom afbring as stamhoof en hy ‘n sterk vrou nodig het wat se vlerke en bek vir niks verkeerd staan nie. En toe kom ek. Van klein tyd af het my pa besef ek is anders, vir my ma het hy gesê ek het ‘n defek en moet gelos word om te vrek, die natuur is streng oor sulke dinge. My ma was in soveel pyn oor my pa se woorde dat hy teen sy beterwete gesê het hy sal meer tyd spandeer om my reg te kry.

Ek was stadig met sekere dinge, met ander geen probleem. Ek het vroeg leer vlieg, baie vroëer as ander, my bene was sterk, ek kon hardloop met die beste, ek was groot vir my ouderdom, maar ek het jag gehaat. Ek kon dit nie doen nie. En vir my pa…Hy en my broers en ooms het my dag na dag uitgevat om te oefen en ek het so gesukkel, die leering het fisies begin raak en ek het geweier om terug te baklei. Uit repsek kon ek net nie. Moet nie dink ek kon nie jag nie, met my spoed en oog-bek koordinasie is ek briljant, maar in my hart kon ek dit nie doen nie. ” Hy bly lank stil.

“Die feeetjie wat hier bly..” Danie sit meer regop en begin dink, hoe op aarde kan hy haar ooit beskerm teen die grote voël as hy besluit hy wil haar eet. “Ek het ‘n suster bygekry, klein, tengerig en baie stadig. My pa was buite homself. Dinge tussen hom en my ma het begin verander. Hy het sy ore begin oopmaak vir al die stories, daar moet ‘n defek wees, kyk na my en my suster, daar is defnitief fout met my ma se gene. Dit kan onmoontlik nie van hom af wees nie. Sy is swak, sy is tinnegrig, sy is nie ‘n ware Bromvoël nie, dalk is daar iewers in haar bloedlyne ander voëls, dit het aan en aan gegaan. My pa het nie naby my nuwe suster gekom nie, sy was versot oor my en ek oor haar. So weerloos en klein , maar so goeie wit hart. My ma was baie beskermend teenoor haar. Tussen die twee van ons het ons Magriet nooit alleen gelos nie. Ons het geweet dit is ‘n kwessie van tyd en iemand gaan probeer om haar seer te maak, of erger, dood te maak, sy het so groot defek en die groep gaan nie hulle tyd mors met haar nie.

Wel my pa hulle het ‘n jag party gestig en ek is saam gesleep.Ek het so hard probeer en my ma gesmeek om aan iets te dink, maar ons het beide geweet dit sal nooit werk nie.Ek moes saam. Ons het op die feetjie dorpie afgekom. Hulle het niks vermoed nie, nie gedink dat daar enige gevaar was nie. My pa het na my toe geloop, langs my kom staan en in die teenoorgetelde rigting gekyk en met so wrede laggie gesê” Besluit jy of jy vandag feetjies eet of jy gaan biae jammer wees”. Ek was so geskok, het hom in die oog gekyk “Pa,geen voël eet feetjies nie, ons beskerm hulle. Waaroor is dit vir jou so belangrik om my wreed te maak?” Hy het omgedraai en sy kop geknik. Francis het gekyk en gesien hoe twee van sy ouer broers en sy neef vir Magriet vashou, haar so nou en dan op die kop pik, sy het so gehuil” Francis het omgdraai om na haar te hardloop toe sy pa weer sy kop knik. Die ander het haar in daai doodsgreep gehou, haar kop grond toe gedruk en my oom het nader gestaan, hy het gewoonlik al die teregstellings gedoen. Hy het ‘n snawel gehad wat altyd geblink het, so skerp soos ‘n swaard en dik en sterk, daardie snawel kon feiltik enige iets deurboor. Francis het gevoel sy bene word lam, hy het haar gehoor huil.Sy pa het terug gedraai na hom toe, “kom ons kyk wat is vir jou belangriker, feetjies of jou mank suster?” Sy oom Vic het sy snawel op Magriet se kop gesit en so getik-tik, Magriet was teen die tyd byna histeries. “Ek sal doen net wat jy wil hê, maar asseblief moet haar nie seermaak nie”. Sy pa het sy kop geknik. Hy het na die feetjies gekyk en gesê”wis die hele dorp uit”. Francis het gesluk, hy het terug gekyk na Magriet besef sy oom tik al hoe harder en die dorp ingeloop. Die gekreeu en skok en huil wou Francis mal maak, al wat hy voor hom gesien het was Magriet, sy hart het gehuil maar hy het geen genade getoon nie. Hy het Fye gesien wegkruip onder ‘n sampioen, sy het nog ‘n kleiner feetjie agter haar beskerm dit was die eerste wat hy weer raak gesien het, alles voor dit was swart. Hy het doelbewus by haar verby geloop en klaar gemaak. Op sy pad terug het hy baie saggies gese, “vlieg laag, baie laag en na daardie bome toe, as die ander inkom is daar geen kans nie. Gaan nou” en stadig verby gestap. Sy bek het gedrup van die bloed. Die ander voëls het hom toegejuig en was so bly. Sy pa het van sy broers ingestuur om seker te maak. Hulle het terug gekom en was bleek “daar leef niks pa”. Sy pa het sy kop geknik en self gaan kyk. Hy was so trots, die verwoesting en dood het gehang in die lug en sy pa het geweet, hy het sy wapen gekry.

Dit het lank so aangehou Danie, ek sou enige iets vir haar doen. My ma het gehuil, ek het saans probeer troos en verduidelik, sy het geweet hoekom, maar was stukkend. Al wat ek wou doen was sing, maar my woorde het opgedroog na daardie dag. Ek was dodelik, niks het kans gestaan teen my nie. En toe op ‘n dag vaar van die voëls na so jag sessie in ‘n klomp maroelas in, nie dat hulle dronk was nie, net genoeg om geen rede te sien nie. My oom Vic het Magriet deurboor daardie dag. Hy het selftevrede terug gestap, sy bek rooi van die bloefd en dit teen ‘n klip afgevee. Ek het so nare kol op my maag gekry toe ek van die rivier af terug kom, dit was te stil. Ek het haar gekry en geweet. Die woede en haat in my het heeltemal oorgeneem. Ek was genadeloos. Vic, drie van my broers, my neef en twee ooms is daardie dag dood. Toe ek oor my pa staan en hom kyk het ek geweet dit is oor. Ek is klaar met jag en niemand het niks gedoen nie. Ek het huistoe gevlieg en my ma vertel, sy was ontroosbaar. Sy is ‘n maand na Magriet dood aan ‘n gebroke hart en ek het die groep verlaat.

Ek was lank alleen in die bos, my reputasie het my vooruit gegaan. Daardie vreeslike droëe jaar was ek uitgemergel en dors en het geweet dood is naby. Ek was so bly. Dit is toe dat Rocky en Blits my gekry het. Rocky het my water gebring en Blits het dae lank na my gekyk en gehelp. Blits het my so aan Magriet laat dink, so sag en glimlag en onskuldig, so wit hart. Rocky was soos my ma vroëer. Ek kon nie verstaan dat hulle so goed was vir my nie. Een skemer aand het hy net gesê “ons almal het slegte dinge in ons verlede Francis, en niks kan dit verander nie. Die belangrikste is wat gaan jy doen met die tweede kans wat jou gegun is” . Dit was kragtige woorde Danie, soveel so dat my lewe omgedraai het en ek eerlik net daar is om na hulle te kyk. Blits is in sy eie wereld en ek is so bly om om so gelukkig te sien, Rocky is opreg en goed en het ‘n hart so groot soos ‘n dam. Hy sien net die beste raak in diere, in mense en glo dat mens net gaaf moet wees.En ek, ek kyk na hulle en sal tot die dag dat ek doodgaan. Die ding dat ek so wakker is, dit is maar jare se dinge in my, dit raak beter met die twee saam”.

Danie sit doodstil, hy het geen woorde nie. Wat se mens vir so iemand? Hy staan op en stap tot teen Francis en sit net so stil.

Dit is baie later toe Francis na Danie kyk. “Dankie ou maat. Ek dink ek sal die twee graag hier wil laat bly Danie, hulle het rus en vrede nodig. Ek weet nie of ek kan bly nie , Fye sal nooit in haar lewe kan vergeet wat sy gesien het daardie dag nie. Sy sal nooit hier kan bly saam met my saam nie. Maar as dit moontlik is, kan ek darem nou en dan kom inloer en net die twee sien?” Danie skud sy kop. “Jy is altyd welkom hier ou vriend. Fye, kom ons laat haar besluit, miskien later na die eerste skok verwerk is, mens weet nooit”

Hulle sit nog lank in die donker voor Daie voel sy oë trek skrefies. Francis glimlag. “Jy kan maar slaap vriend, ek laat jou weet as ek iets hoor”. Danie voel die vertoue en knik sy kop. Hy lê plat op die vloer langs Francis wat steeds pen regop staan en die wêreld bekyk. Hy kyk op na die hemel toe, na die sterre en soek sy helder een. Hy voel ‘n glimlag op sy bek en se saggies binne in sy kop “Dankie Magriet. Lekker slaap ma en jy”

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

9 thoughts on “Die donker in ons..Rebus”

Comments are closed.