Goue vroue, goue oomblikke, kos en wind..

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein.

Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.

Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.

Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.

As jy ooit lus het om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Virgo kyk benoud rond, sy kruip nou al dae lank weg in haar karavaan. Wadehel (soos iemand gesê het) maak ek nou wat te doen het met Augustus. Beide ek en Christa is Augustus baba’s, sy is ‘n Leeu, ek …’n Virgo. Vra ek jou nou, wat kook ek nou daarvan.

Virgo hol uit, spring op haar bike en zirts gou na Appeltjie toe, klop omtrent die deur af. Appetjie ruk die deur oop, lyk of sy reg is vir noodgeval. “wat gaan aan? Is alles reg Virgo?” Virgo skud net kop, “nee, alles is deurmekaar. Jy weet hoe kook ek, dink net Christa sal van die weird goed eet wat ek maak. Weet sy doen nie gluten en melk ens nie. Ek meen, hier is van bant tot wie weet wat. In die Biker’s Cafe op Gariep het ek net braaiplek en maak ek hoenderpies, my ma se groentesop met vars gebakte brood, sulke skaapwaggter snye, die borde is aan die tafels vas gespyker. Nou moet ek iets doen met Isebella Grootnaam. Ek doen nie daai art kos goed nie. Jy gee my kos of ek eet brood, jy speel nie met kos op my bord nie en klaar”.

Appeltjie lag uit haar maag uit. “Dink nie ek het jou al so op gesien nie. Wag ek maak plan. Virgo sit by die tafel en frons diep. Volgende oomblik swaai Appeltjie se deur oop, voor in die koor is Una, sy lag al van sy uit haar huis is, kort op haar hakke is Toortsie, Aalsie en Woordnoot lag net . “Kom sussa, vergeet jy van hoof en klein en al daai geregte, maak jy net solank daai slaai wat jy maak, ons doen die res.” Ek kyk na my ousus, met die prop Woordnoot glas wyn in my hand en sê sluk daai Nefies” en ek sluk.

Frannie en Christa kom in met die mooiste tafeldoek,eetgerei en sê ons dek solank daai lang tafel by jou huis. Seegogga is agterna en ek kan net dink hoe mooi alles nou geverf gaan word. San kyk by die venster uit en fluit. Almal stop. Dit meen net een ding. Isabella Grootwoord is oppad. Trommetjies gooi my glas weer vol en sê net “sluk” en ek sluk. Toe Isabella haar voet in Appeltjie se huis sit stap Scrapy nader en glimlag. Sy probeer op rustige manier haar aandag aftrek, maar die vrou wil niks weet nie. Isabella het ‘n groot frons op haar kop. Sy het in haar lewe nog nooit iets so “rustic” gesien nie. Sy skud haar kop links en regs toe sy die groot stukke blare in Virgo se slaai sien. “What is this?” Almal staan stil, Virgo is klaar rooi in die gesig oor die Nefies. En net daar trek sy vir haar op. “Now listen” , sê sy, mes inni hand, “I do not do food art. You are very welcome to join in and eat with us, I don’t need comments and I do not want to be lectured. You either eat what is on the table or you go hungry. Is that clear?” Isabella ruk vir haar op soos ‘n healgeweer wat geskiet word. Sy kyk rond, almal is half stom oor Virgo se uitlating. Isabella trek haar lip dun en knik skaars haar kop “fine. So can I help with anyting?” Almal asem so stadig uit. Positief giggel kliphard. Sonell neem nog al die tyd die video en kan nie glo wat aan die gebeur is nie. Scrappy beduie vir Isabella om haar en San en Aalsie te help met die ander slaai – ver weg van die mes.

Bondeltjies rangskik die sonneblomme in so groot afgesnyde drom, sy wikkel en skud hulle deurmekaar want sy weet Virgo doen nie reguit blomme ,hare of portrette nie. Kameel stop met die waantjie en sê is tyd om die kos tafels toe te vat vroue. Kameel leun oor en steel so paar van die olywe. Daar is die grootste bord met sulke vet wit druiwe en sy steel sommer so paar van hulle ook, sy weet Seegogga sal die druiwe geniet.

Dit is ‘n bondel geselsende vroue wat by die karavaan se tafel opdaag. Frannie glimlag toe sy die blydskap op Virgo se gesig sien- geen tafeldoek nie. Net ‘n lang tafel waar hulle gaan kuier tot die nag hulle huistoe dra.

Die Goue vroue het deurgekom, daar is die heerlikste banting Cottge pie met blomkool en kaas instede van aartappel, ook ‘n kleiner een vir Christa wat vegan kaas op het – Toortsie het sowaar onthou en soos altyd lewens gered met haar kookery. Daar is ‘n heerlike broccoli en bacon slaai, Quinoa met mint, spinasie, stukke feta en pomegranates in en dan sommer so “alles bymekaar slaai: slaaiblare, cocktail tamaties, fyn rou rooi uie, olywe, roasted pampoen, sonneblom sade, shaved almonds, groot dry roasted Haloumi en aarbeie. Daar is groot bakke humous met pine seeds in en sammak, glutenfree brood, sulke skaapwagter stukke en koue vleis, wortels, komkommer en wortels.

Lank na die ete en lekker gesels kry Virgo groot glimlag op haar gesig en sê “wel goue vroue, vandag gaan ons al ons limits beproef. Vir Augustus se kalender foto het ek nou al mooi gedink. Daar is nie juis iets in Augustus nie- net wind. So ek het gedink dan moet ons maar die element gebruik. Daar staan die bikes, en vir hierdie foto mag jy net 1 stuk klere aanhê vir jou foto. Die keuse is joune… Jy kan jaag soos die wind of sit, maar iewers op een of ander manier, word ons almla daar geclick”

Skrywer: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

27 gedagtes oor “Goue vroue, goue oomblikke, kos en wind..”

  1. Soos altyd giggel ek kliphard. Dis so lekker om jou weer te sien skryf en dan die heerlike kosse wat jy beskryf maak my sommer honger. En daai bek moet jêm kry, Isabella Grootwoord het haar gate uit geniet ten spyte van die dun lippies

    Liked by 2 people

  2. Ai, dis nou lekker en Usabella kon haarself ook vir een maal geniet so der ‘n klomp show en als. En die foto’s? Ja, die foto’s! Ek kan nou nie hier op sosiale media vertel watter kledingstuk ek gekies het nie, né?

    Liked by 1 person

  3. Ek het nog ń stapeltjie van my ma se sakdoeke, ek sal julle kom red. Alle rooigesigte onder ouma se sakdoeke. Virg so lekker gelees. Jou slaai, so na my hart. Niks fensie nie, net lekker. Die foto? Ek swyg.

    Liked by 1 person

  4. ek is so jammer dat jy nie meer kan skryf nie. ek het so lekker gelees. eintlik het ek al lankal gelees en toe wil my antwoord nie “vat” nie en toe vergeet ek om later terug te kom. Maar daai foto met net 1 kledingstuk – die preuts in my kies ‘n nonnegewaad. Nou kan julle my maar op ‘n motorfiets ook sit !!

    Liked by 1 person

    1. 😄😄😄😄, ai Appeltjie, jy het my nou so lekker laat lag. Ek mis die skryf en glo my ek is besig om myself uit te sorteer, ek wil net nie goed ophou nie. Een van die dae pla ek sommer baie🤗🤗🌻

      Like

Kommentaar is gesluit.