Die Kern. Forgive me …

Die Goue Vroue pak ‘n splinternuwe uitdaging aan. Dis nou, so tussendeur hulle avonture op Rebusfontein en dan is daar boonop die maandkalender waar elkeen foto’s met ‘n storie skryf. Maar hierdie, HIERDIE IS DIE ONTKNOPING VAN ELKEEN SE DIEPSTE HARTSGEHEIME.

Diep in die hart van hierdie geel bladsye vesonke lê die geheim opgesluit.

Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie.  Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!

Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.

Die boek het my kom haal. Lees die Goue Vroue se geheime op
https://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e

Virgo kyk na die boek wat op die eerste trappie op die karavaan se ingang lê. Sy voel half haar keel wil toetrek. Sy het regtig stil in Rebus ingekom, die bike deur die dorp gestoot sodat niemand moet weet sy is hier nie. Dit is nou een skrywe waaraan sy regtig nie wil deelneem nie. Sekere goete bespreek jy met jou perd of kat of hond- nie met voëls nie, want netnou kan hulle praat. Of jy praat met jou blomme, hulle is bly hulle hoor jou en jy weet hulle praat nie uit nie. Skielik word ek bewus van mense by my. Appeltjie en Frannie staan agter my. “Ek het nogal gewonder hoekom jy so stil die dorp ingekom het” se Frannie. Sy beduie so na die boek met haar oë.

Ek kyk na hulle altwee, skud my kop” ek het regtig nou klaar daai kook befryf oorleef en nou dit, need this like a neelde in my eye”. Ek maak die deur oop,”kom in julle, laat ons koffie drink”.

Skaars is die ketel aan of ek hoor Christa, San en Aalsie se groet al van buite af. Hulle is net binne toe Kameel , Bondeltjies en Sonell (kamera in die hand) ook inkom. Woordnoot en Una is agter en skud net kop ‘nee kom, tafel toe, dit is te vol hier binne” en uit is die twee. Hulle sit sommer die Urn aan so net voor hulle inskuif by die lang banke. Toortsie kom aan, Kaaskoek in die hand en so kleiner een vir my en Christa wat geen melk in het nie . Kom, niks op aarde kan nie opgelos word as daar kaaskoek is nie. Dis asof Positief se wagwoord “kaaskoek” was en net so tjoef, is sy ingeskuif op die lang bank. Scrappy en Seegogga kom aangestap en vang spoed toe hulle die kaaskoek en koffie sien.

Die bekers koffie word aangestuur, Christa het haar rooibos tee, Virgo ook. Sy kyk op , Una sit langs haar en gee haar ‘n druk. Ek kyk na al die wonderlike vroue aan die tafel, sê so saggies in my kop dankie dat ek deel kan wees van hulle. ” Julle weet almal ek bak Jaffels vir die pienk span aan die anderkant van die tafel”. San frons, Christa ook, nie heeltemal seker wat ek meen nie. Woordnoot kyk na hule, “sy is gay”. Beide skud hulle koppe en probeer bybly met my vreemde praat.

Wel ek is geskei so paar jaar terug. Eintlik het op laat ouderdom uit die kas geval ” Woordnoot kyk weer na die twee “uitgevind sy is gay”. Hulle knik koppe. “Eintlik weet ek nie heeltemal hoe en wat nie om eerlik te wees. Ek kan nie soos ander sê ek het jare terug al geweet nie, was maar self geskok. Soveel soos ek kan praat, is ek eintlik skaam. Dit was vir my ma ‘n verskriklike skok, ek het haar vertel net na my pa se dood, om eerlik te wees net na sy verassings diens. Ons was baie oop en eerlik met mekaar gewees nog altyd. Was een ding wat ek net nie oor kon praat met hulle nie, nee twee. Ek was kwaad net as ek gedink het om hulle te vertel want ek het al 453 argumente in my kop gehad van wie wat gaan sê, hoe ek dramaties gaan uitstrom en na ‘n ver land gaan (blykbaar was Dubai nie ver genoeg in my droom nie) om jare daarna terug te kom soos in een of ander vreesliks sad movie. Dan is almal lief vir mekaar en alles is allright”

Daardie spesifieke dag, op haar bed in die sitkamer het ons gesels en sy het my so gekyk en gesê sy voel iets pla my. Ek het gesê ja, maar ek kan nie nou met jou daaroor praat nie. Sy het geglimlag en gesê “Meidjie, jy kon my nog altyd alles sê. Hoe kan jy nou bang wees. Jy is mos nie gay nie”. Dit was soos koue water in my gesig. Ek het opgekyk en sy het geweet. Sy het haar hand (altys so sag haar hande) oor haar oë gehou en net gesê “maar hoe?” en weer haar hand oor haar oë gesit.

Ek het soos ‘n hond gevoel.

” Moeks, ek weet nie hoe nie. Ek het nooit gedink of geweeet nie. Maar ek het haar ontmoet en ons bly al ‘n jaar saam. En ek voel net dit is iemand wat my respekteer en behandel soos Paps vir ma doen. Ek wil nie dit wat julle gehad het vlek nie, dit is net dit wat ek gesien en beleef het, ek voel dit is hoe ek behandel word deur haar en ek is lief vir haar. Ek is regtig jammer.” Sy het stil geword en net gesê. “kom ons praat more verder hieroor”. Sy het vroeg gaan slaap die aand, ek het gepak, ek het terug Dubai toe gevlieg die volgende dag. Ons het nie weer daaroor gepraat nie.

Ek was baie kwaad toe ek terug is. S het mooi gepraat en verduidelik. “Jy is 37 toe jy dit uitvind, dit is jou lewe lank al daar, jy weet dit. Jy kan nie net 1 gesprek met jou ma hê en verwag sy moet dit verwerk nie. Sy ken my nie. Sy het sopas na 47 jaar saam haar partner verloor. Gee haar tyd en ‘n kans, sommer ‘n paar kanse. Moet nie dit wat julle nog altyd gehad het net opgee nie.” Ek het verdedig en alles, maar S was rustig. Baie wys vir haar jonger ouderdom en glad nie so emosioneel soos ek nie.

En sy was reg. Maar wag, ek loop dit vooruit. Ek praat ‘n paar maande later met my nig en sy vertel my dat my ma haar gesê het. En hulle weet al lankal en net vir my ma gesê dit verander mos niks. Hulle het lank gepraat en ek gesê ons kom oor so paar maande huistoe want ons wil mekaar se familie ontmoet.

Augustus gaan ons SA toe. Ontmoet mekaar se ouers. Haar ma en pa is geskei, net haar pa en stiefma kom, my ma is daar, my boetie en skoonsus en van haar broers en haar tweeling suster. Dit is eintlik ‘n heerlike kuier. Haar pa so kwaai soos my ma, blykbaar nie een wat ooit met enige van die vorige meisies gepraat het nie. Ons gesels heerlik en kuier omtrent. Toe haar pa hulle ry gee hy my groot druk en ek sien al die boeties en sussies is stom. En my ma, my ma roep ons in een dag en wys vir S om op die bed langs haar te sit. Ek weet sommer hier kom dit nou. My ma het haar hand gevat, trane in haar oë en verskoning gevra dat sy haar veroordeel het sonder om haar te ken; en dankie gesê dat S so mooi na my kyk. Dammit, sy was so amazing sterk mens my ma, kwaai, maar sterk.

Dinge gaan goed, maar ook moeilik. Dubai is ‘n vreemde plek, soms sluk hy jou in ,soms spoeg hy jou uit en hou jou uit. S word uitgespoeg, verloor haar werk, soek weer, begin weer en herhaalde proses. Sy werk soos ‘n hond, leer en groei en bly positief. Sy is regtig ‘n ongelooflike goeie mens. Sy is een van 6 kinders, gewoond om alles te deel, nooit stilte nie, altyd een van boeties of sussies daar. Daar bly letterlik op ‘n stadium 4 ander mense by ons in die huis, maats, familie, tot die ander suster en haar man en 2 kinders in 2 slaapkamer woonstel. Ek begin in my dop trek. Ek wil stilte hê, ek wil nie heeldag mense om my hê nie. Dit is moeilik, want dit is familie. Dit hou net nooit op nie.

My familie toe ek grootword was my perd. My broer is 6 jaar ouer en hy het sy dinge gehad. Ons was ver op ‘n plaas, ek het stilte geniet en was self so toe en gaan verpleeg het. Wanneer ek terugkom, is ek op die plaas- doen my ding, sien mense wanneer ek hulle wil sien. Sê mos, het altyd een of ander movie wat in my kop speel.

So goed soos die begin was begin dinge minder goed gaan. Ek werk myself stukkend, dan hoef ek nie by die huis te wees en te deel nie (ja okay, ek is selfsugtig). Naweke is ek moeg en ek begin weer my emotional eet. Hoe meer dae hoe meer killo’s. En hoe groter ek word hoe minder aangenaam raak ek. Ek wil nie uitgaan nie, ek is groot en warm en wat dra mens as dit so warm is soos “fried hell” in elk geval. Ek wil regtig nie elke naweek by ‘n ander suster gaan kuier nie en wil net alleen tyd hê. Probleem is as mens so voel besef jy nie dat die ander persoon net nie daar wil wees nie, enige plek maar daar waar jy is.

Met tye gaan dit beter, ons is sowaar alleen vir ‘n maand of 3 ander palle trek in wat werk verloor het en geen huis het nie. Hoe sê mens nee. Ek raak meer stil, ek begin oplyn leef en maak met die vreemsdste mense vriende op die vreemdste groepe. Ek dink feit dat ek so eerlik is kry my uit baie benoude en gevaarlike situasies uit. Soveel so dat hulle half na my kyk. Ek besef net in daardie tyd in my lewe hoe min meeste mense regtig weet wat oplyn aangaan en hoe ongelooflike scary plek dit is. Dinge maak vir my sin oor hoekom ouers geen beheer het nie, kinders word met die tegnologie groot wat ons moet leer en ons dink ons kan hulle blok en sensor- ha! Ek bid en sê net dankie ek het nie kinders nie en bid net dat mense sal ophou fotos van hulle kinders opsit wat so misbtuik word sonder dat hulle dit besef. Ek raak stiller. Sy werk meer en is ongelooflik fisies aktief, rugby, gym, sport mal. Ek , umm nee, soos ek sê, geen mens van daai gewig wil beweeg nie.

In 2008 besluit ons om te trou. Ek vra my boetie of hy my sal “invat”, ons doen net seremonie, ons is in hof getroud die dag voor dit. En daardie dag in die hof, toe weet ek al, die is ‘n fout. Toe my boetie my invat, stop hy en vra my”is jy seker hieroor”. Ek lag en sê natuurlik is ek. Hoe sê ek nou nee, ek is nie, ek wil eintlik weghol maar ek is te dik om te hardloop, ek het geen rigting nie, ons is naby die wildtuin en ek is maklike prooi en ek raak deurmekaar oor watter kant van die pad om te ry as ek stress.

Dinge gaan nie goed nie, ons leef soort van in ons eie wêrelde. Niks lelik of baklei nie, net nie saam nie, maar tog saam in een huis. In 2012 besluit ek genoeg hiervan en gaan vir ‘n gastric sleeve. Ek is so dik soos donderweer teen daardie tyd. Ek is ok, begin gewig verloor – die emotional eater in my kop steeds daar. In 2013 gaan ek States toe en gaan kuier vir een van my beste palle. Dit gaan goed, ek lyk amper weer soos ‘n mens en ek en S gesels elke dag. Sy het net begin met projek en gesê sy kan nie saamkom nie. Ek kom terug, ek oefen en ek hou aan verloor. Saam, maar nie saam nie.

In Julie na ‘n ete saam vriende bars die bom in mate. Ons praat en besluit ons gaan seperate daardie aand.

Dis regtig weird hoe dit voel daai oomblik wanneer jy dit hoor. Dit was al lankal oor, ons het dit albei geweet, maar die eintlike woorde… Ek is geskok (dramatiese musiek vir sad scene begin in my kop). Waar gaan ek heen nou? Waar gaan ek bly. Wie is ek nou? Ons praat tot in die oggend ure. Ons besluit ons bly in die woontel, elk het ‘n kamer, hoe anders dan. En so begin ons seperation. Ek is nie kwaad nie, geskok ja, maar nie kwaad nie. Ek dink ek moet dit red, maar hoe. Dinge raak weird, sy is regitg ‘n pragtige mens en daar is al jare ‘n klomp vroue agter haar aan, so die nuus verprei gou aan ons kant van die jaffel tafel. Mens mag mos nie daaroor praat hier waar ons is nie. Ek doen iets waarop ek minder trots is. Dit loop uit op ‘n helse geveg waar ek haar so seer maak met woorde soos ek voel. Dit is ‘n baie lelike kant van my, ek maak haar so seer en stukkend met my woorde. Ek trek uit.

Ek bly ‘n lang tyd stil. Una kyk vir my. “Jy het my nog nooit hiervan gesê nie”. Ek skud my kop. “Nee ek het nie. Soos ek sê not my best moment.” Ek kyk na die boek, die bladsy vorm en ek weet dit staan nou geskryf, die gat word kleiner.

“Ek het in my eie woonstel ingetrek, ek is ‘n maand later ge-retrench by die nuwe werk wat ek gehad het. Ek was omtrent in ‘n toestand. My neef soek wooplek, hy vat my woonstel oor en ‘n pal vra sal ek haar plek oppas vir ‘n maand sy gaan op verlof. En so begin my nomade bly vir ‘n paar maande. En hoe wonderlik was dit nie. Alles wat ek het pas in my kar, ‘n klein rooi Sirion met die naam Dorry. Wel ek en Dorry het omtrent lekker getravel en gebly. Sodra een vriendin terugkom na verlof gaan ander een weg vir maand.

En skielik besef ek dit gaan met my goed. Ek en S gesels en ek besef in my hart is steeds ‘n plek wat net haar plek is en hare sal bly. Mens kan nie 11 jaar wegggooi nie. Ons albei se lewens het aangegaan.

Ek dink wat ek eintlik wil sê hieroor is ek was op ‘n stadium kwaad vir haar. Ek het seker probleem met abandonment, nog nooit uitgevind hoekom nie. Wel, hipnose gesê oor ek geweet het my ma wou nie kinders hê nie, wens so ek kon net vir haar sê is ok en hoe braaf ek dink sy was om in te gee en te hê. Dalk oor my oupa altyd gedreig her hulle sal my moet los en trek oor ek so stout was, who knows. Maar dinge het regtig vir my beter geraak met S toe ek kon sê ek is jammer. Jammer en het jou seegemaak en gebreek. Dat soms al is jy lief vir iemand is julle net nie compatible nie- en dit is okay.

Ons is steeds vriende, baie goeie vriende. Sy het ‘n wonderlike meisie wat by haar is, dink hulle is al so 6 of 7 jaar saam. Iemand wat by haar pas en hulle bou mekaar op en is regtig so goeie fit. Ek het ook aan beweeg en weer weg beweeg. Maar is steeds vriende, wonderlike vriende. Ek dink eintlik ek is blessed, ek het regtig net die voorreg gehad om ongelooflike wonderlike mense in my lewe te hê. En ek dink ek het besef ek is dalk beter op my eie. Minder komplikasies, makliker om te cope.”

Una gee my hand ‘n druk. Ek smile.”nou toe, stuur aan daai kaaskoek Toortsie”. Die vroue begin gesels en vrae vra, ons lag en gesels en praat oor dinge wat party se monde laat oophang. Die maan sit al hoog en ek kyk op, sien die mooi strerre. Ek sien daai een helder een skyn, weet dit is my ma en pa se ster en smile net en knipoog vir hulle en sê “dankie Boksie en Boksie”…

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

20 thoughts on “Die Kern. Forgive me …”

  1. Sus, hier sit ek nou en grens. So baie wat ek nie geweet het nie. So baie wat ek nou beter verstaan. Hierdie het ongelooflik baie guts gevat. Ek is so vreeslik lief vir jou.

    Liked by 1 person

  2. Ek weet hierdie het baie guts gevat Carien, ek waardeer dit dat jy ons goed genoeg ag om jou boek by heel te skryf. Ons is bevoorreg, dankie. Dit was ń rowwe pad, ek kan hoor ń pad van self ontdekking en vrede maak met wie jy is. Jy is kosbaar.

    Liked by 1 person

Comments are closed.