Die kasteel en die les..

Una het dit begin, en toe het Woordnoot met haar kers-verjaardagpartytjie vir ons elkeen ‘n pakkie in die hand gegee en ons saamgenooi na ‘n Learjet wat saggies op Rebusfontein kom land het en ons voor hierdie lieflike kasteel kom neersit het. In ons pakkies was daar vir elkeen ‘n sleutel …

Volg die verhaal HIER waar jy elkeen se skrywes sal vind:

Inlinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871

Virgo staan en kyk al die vroue aan wat so opgewonde oor hulle sleutels is. Iewers diep binne voel sy so effens naar, daai gevoel wat mens kry as jy bang is maar nie wil sê nie. Sy tel die sleutel op, dit is oud , regtig oud. Dit is yskoud. 

Ek voel so in my sakke en voel die flitsie, my foon, aansteker wat ek om een of ander rede ook by my het. Ek skud my kop en begin stap. Die vroue het een na die ander in hulle kamers verdwyn. Skrik my yskoud toe ek die bleek , maer mannetjie hier voor my sien. Hy het geen uitdrukking op sy gesig nie, lig sy wenkbrou en draai sy kop om te beduie ek moet af met die trappe. Nice…. En ek gaan kelder toe.

Die deur is net na die trappe aan die linkekant. Ek sit die sleutel in en draai. Die deur swaai oop en ek stap in. Dit is pik donker, ek voel my hart begin harder klop, my asemhaling is vinniger en net so DWHAAA… slaan die deur toe. Ek het my flitsie uit en aan voor jy kan sê mes.

Dit wat ek kan sien is oud, maar pragtig. Daai prentjie wat jy in jou kop het as jy na ‘n regte ou swart en wit foto kyk en jy verbeel jou wat die kleure was.

“Ek is bly jy het lig gebring”. Virgo gil ‘n vloekwoord uit wat nie geskryf mag word nie, nie heeltemal seker of haar blaas vol is of nie. “Is jy heeltemal simpel? Wie de hel is hier?” Die stem lag saggies, vreemd, dit voel of die klank van oral kom, soos in die fliek met die nuwe surround-sound. “Ek is Swart”.

 Virgo frons “Wat meen jy met ek is Swart? Wat is jou naam? “

 “My naam is Swart, ek is ‘n kleur, sover ek weet een van jou gunsteling kleure ook as ek  dit nie mis het nie”. Iewers in my begin ek dink, okay, en daar is nog 7 ure en seker twee en vyftig minute oor en dit is nog baieeeeeee lank voor daai deur oop gaan. My geluk om in dieselfde kamer te wees as iemand wat of ‘n break down het of heeltemal te veel rillers gekyk het.

Swart lag weer, saggies. “Ek kan eintlik jou gedagtes voel, jou hart klop so vining en jy probeer uitwerk hoe lank jy nog hier moet wees. Jy het geen idee hoekom jy hier is nie” Virgo skud haar kop. “Eerlik, ek het nie, ek wou nie saam nie, ek het te veel goed gehad om te doen, maar ek mis die Goue Vroue, hulle hou my voete plat op die grond. Ek het gevoel ek is sover weg van myself af en my siel voel swart” Sy bly skielik stil..

“Dit is hoekom ek hier is, oor ek binne swart voel”. Sy hoor die diep “Hmmmm”.

My kop werk in turbo rat. “Dis oor ek al daai weird goed lees wanneer ek tyd het ne, nie die mainstream goed nie want ons weet almal hulle belieg mense heeldag. Hulle laat net toe wat hulle wil he ons moet dink” Dit is stile n dit is swart. En dis al.

“Ok, is dit oor ek so voel oor my werk, of liewer dat ek dit nou as werk sien en so siels ongelukkig is daaroor?”

Stilte.

Swart.

Ek voel die paniek so in my opstoot. Die waarheid wat net wil uitkom, die swart wat moet gaan. Skud my kop. “Ek dink nie jy besef dat om ‘n Virgo te ignorer is seker een van die ergerer dinge wat jy kan doen, dit maak ons half uithak.”

Stile. Nog swart.

Ek skyn my flitsie rond in die vertek. Dis verbasend skoon, geen stof, geen spinnerakke nie (dankie Vader daarvoor). Ek stap nader aan die kas met die fotos op, kyk hulle een vir een deur. Die laaste een val ek amper om. Dit is ek!

Waddehel? Dis ek , lank terug, al wat jy sien is tande soos ek lag, dis op die kibbutz, mens sien omtrent nie my bed nie want al wat volunteer is , sit daar vir die gewone middag kuier. My oë blink, ek is vry en gelukkig, geen frons.

Ek kyk om, ek soek hom, maar dit is soos om met jou skaduwee te prober baklei. “Wat gaan aan?” Stilte.

Ek voel die knop in my keel word groter en ek sluk. Haal net diep asem, stadig, asem in asof jy blomme ruik, asem uit of jy blare weg blaas. Herhaal.

“Mis jy haar?”

Die dam bars. Die trane loop, ek snik, my lyf ruk. Ek huil, dis donker, ek is alleen en ek is so ongelooflik moeg. Ek huil harder. Ek weet nie hoe lank dit aanhou nie, maar later begin dit effens bedaar. Vreemd, voel soos iets op my vel, soos dit voel as mens in digte mis loop, net nie nat nie en warmer.

“Dis vir my wat jy voel” Ek frons, snik nog so nou en dan. “Hoe is dit moontlik, jy is net ‘n kleur”. Daar is so sagte geluid, amper soos wanneer iemand tong klik. “Ek is soveel meer. Ek is jou gemak, jou ‘comfort zone”.Kyk hoe lank het jy my in jou rond gedra, selfs nou, veral nou. Jouself so beskryf, dit is nie net ‘n kleur nie. Jy dra my, op jou, om jou , binne in jou. Hoekom het jy al jou kleur so weg gedruk?”

Ek sit op die vloer, verbaas daar is eintlik ‘n mat, ek het nie eers besef nie. Ek kyk voor my uit. “Is jy hier oor ek doodgaan ? Is jy Mort of die Reaper?“Ek voel daardie warm gevoel oor my vel, digter. “Nee, eendag wel, maar nie nou nie. Ek is hier omdat die geheim in die kasteel is jy kry na iets wat jy binne jouself soek, avontuur, sport, pret, vrae wat beantwoord moet word. Dit is hoekom elke vrou haar eie sleutel het, wanneer julle tyd hier verby is, verander die slotte en sleutels en wie ookal ons ontdek, hulle binne- dinge word gegee of opgelos.”

Ek knik my kop. “Maak toe jou oë” sê Swart. Ek doen. “Watter ander kleur begin jy sien?” Die kleure lyk soos olie wat op water dryf voor my oë, vloei stadig en deurmekaar. “Geel”. Ek hoor sy glimlag. Vreemde geluid.

“Hoekom dink jy sien jy geel? Dis nie ‘n kleur waarvan jy hou nie”. Ek skud my kop, want ek doen nie, maar deesdae is dit om een of ander rede wat heeltyd by my opkom , karre, kosse, blomme, materiaal, kerse, selfs kristalle.

“Jy het in ‘n Alternatiewe kliniek gewerk. Wat stel geel voor?” Ek frons. “Dit is jou Solar Plexus”. Swart glimlag weer. “En dit beteken…”

Ek trek my asem in, skud my kop stadig, dit kan nie wees nie. “Dit is hoekom ek dit heeltyd sien”sê-vrae ek. “

“Ja”. Dit is jou hart wat jou vertel jy verloor jou selfvertroue, jou selfbeeld is laag en jy voel onseker… you are losing your sense of purpose. Maar jy weet hierdie dinge. Hoekom dink jy trek die naam Goue Vroue jou nader? Goud is geel. Geel is ‘n wonderlike kleur, dit is die kleur wat jou terug roep na jouself toe. Ek glimlag elke dag as jy ‘n Sonneblom op jou boodskappe sit. Ek dink nie eens jy besef dit nie, onthou, alles is energie. Dit is net asof jy nie die bietjie swart wil laat gaan nie”

Ek kyk lank af, sien niks, maar kyk af. “Ek dink almal hou bietjie swart binne in hulle. En vir my is hulle so mooi, want dit is in my opinie, die wonderlikste voorbeeld van die lewe. Van ons as mense, ons is “socoal creatures”, hulle ook, hulle draai na mekaar toe sodra dit donker word in hulle lewe, lyk altyd of hulle mekaar ondersteun. Hulle almal kyk son toe, het dit nodig om te leef, hulle lyk altyd vriendlik en hulle het die donker en die lig in hulle, soos ons almal. “

Swart vou hom digter om my “dan moet jy  jou ander sonneblomme nou begin soek. Want as jy dit nie doen nie, gaan jy altyd in die donker bly. Ek gee nie om nie, ek het baie siele hier. Maar jy het ‘n sleutel gekry en dit meen ek moet jou  ‘n kans gee, dit is die reels. Jy weet self dit is nie so erg hier nie, dit raak gemaklik, baie gemaklik. Mense verstaan as jy kla of af voel of nie lekker is nie. Hulle verstaan soveel van die dinge. So jy hoef nie te verander nie. Dink aan ons as die sonneblom land nadat die blomme dood is, ons hang net so bymekaar, kop onderstebo en niemand dink ooit iets snaaks van ons nie. Jy kan net aanhou soos altyd, vergeet van al die ander kleure. Bly by ons wat jou al so goed ken.”

Ek sit nog vir ‘n ruk daar, ek sien die dooie sonneblommee in my gedagtes en staan op, flitsie in my hand, ek sê niks, begin rondkyk, skyn hier en daar en oral die liggie. En dan sien ek dit, alhoewel dit donker is, lyk die deel ligter, dit moet ‘n venster wees. Ek tik met my vinger so teen die ligter kleur en besef, dit is werklik glas, dit is ‘n venster.

Ek kap so met die agterkant van die flitsie, niks gebeur regtig nie. Ek onthou van die aansteker, kyk met flits rond en soek iets wat ek kan brand. Niks. Ek hou die aansteker so teen die venster, met die vlam wat teen hom brand, voel my vinger raak bietjie warm, maar nou moet ek uithou. Ek sien die verf begin so snaaks loperig lank lyk, daar kom meer lig in. Ek hou aan.

Swart raak stiller en stiller, ek voel die swart wat aan my klou minder raak, ligter. Ek haal my foon uit, blyer as ooit dat ek ‘n BackBerry het wat so hard is. En ek slaan, die 3e keer wat ek doen bars die glas en skielik stroom die lig in. Ek kap verder en verder oop en kyk uit. My hart juig, ek kyk uit en weet, ek is ok….

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

20 thoughts on “Die kasteel en die les..”

  1. Dit is regtig ‘n wonderlike skrywe met soveel lewenswaarheid vir ons almal. Hoe bly is ek jy het dit reggekry om die swart venster stukkend te slaan en die lig te laat instroom! Mag jy een vd dae weer in die sonneblomland huppel.

    Liked by 1 person

  2. Virgo!!!! Wow..jy het n uitstekende stuk skrywe hier geskryf… wowowow….sonneblomgeel drukkies vir jou🌻🌻🌻🌻🌻🌻🌻🌻🌻🌻🌻

    Liked by 1 person

  3. Virgo! Ek os so verskriklik bly dat jy geskryf het. Dit issoverskriklik mooi. Diep. Pragtig.
    Weet jy, in my donker tyd het ek ‘n onderhoud op die radio gehoor. Op daardie stadium kon ek net nie fokus nie. Die kleur wat my daai tyd aangetrek het was donkerpers. Die persoon sê toe dat as jou kleur donkerpers is jy geel nodig het om weer te fokus. (Nes jy hier geskryf het) Ek het nie eintlik geel in my huis nie, maar het moeite begin doen om die spatsels geel traak re sien. Dalk ‘n geel omslag om ‘n boek. Ens. Dit het gewerk!

    Liked by 1 person

    1. Ek het nooit die mag van kleure besef nie, dit is eintlik ongelooflik hoe ons daarop ingestel is, dis my volgende leer daai. Ek is so bly het gewerk,🤗🤗🌻🌻🌻

      Liked by 1 person

      1. Ekweet dat ek op sekere kleure reageer. Soos blou en veral rooi. Maar omdat ek ook nie lief is vir geel nie, besef ek nie dat jy dit ook nodig het nie. Tog is ek mal oor geel sonskyn.

        Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: