My beurt…

Dis nou jóú Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf.  Ons is geanker in die werklikheid maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer.  “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt.  Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.

Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).

Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352

Ek wil glad nie Saterdag terug gaan oase toe om Sondag te begin werk nie. Daar is dit nou. Ek het dit gesê. Ek is oor verpleeg. Regtig, eerlik en opreg. En dis nie die pasiente nie, eerlik. Hulle is die plesier daarvan steeds, tot die wat hier is. En glo my, hier word die teorie van evolusie honder persent bewys, of jy glo of nie.

Dis al die politiek, al die drama en skynheiligheid en valsheid. En management. Die feit dat jy goed is met iets meen nie jy wil dit doen of jy geniet om dit te doen nie. Want ek doen nie, eerlik.

Die verlof was seker die weirdste wat ek nog ooit gehad het. Het omtrent eerste helfte getrek, gesorteer, na iemand anders se huis gekyk, dinge gedoen en toe skielik besef ek is eintlik op verlof, vir die eerste keer in 2 jaar. Dit was net weird. Glad nie soos verlof gevoel nie. Die feit dat SA sou oopmaak vir ons was great en toe begin al die gemors met die nuwe strain van die slimgriep. En daar moet jy skielik in ‘n groen land wees vir 14 dae nadat jy uit SA uit is en dan nog 10 dae hier issoleer. So…ek kon sowaar amper 6 dae uit my hele verlof geneem het om SA toe te gaan. Ek kon nie, want as daar ‘n lockdown was, was ek met my vinger in my oor. So dit word toe lokale verlof.

Ek is so bly om weer in Dubbels te wees en te bly, vir my is dit letterlik 3 aande per week, res is ek in oases en doen Air BNB daar, ek kry nie weer ‘n plek nie. Worst case scenario vir my maak ek einde Februarie daar klaar en kom terug Dubai toe tot ek kan huistoe.

Daar is baie hartseer oor my neef dood is. Hy was regtig my ou Darling, net een van daai mense wat so in my hart gekruip het. En net so…toe is dit oor. Hy rus sag, onder ‘n Maroela boom op die plaas in die bosveld, net daar waar hy wou wees. Skielik hoor ek van so baie mense, die devestation, die skok, en in n mate die isolasie paniek, soms oor hulle nie mag gaan nie, maar meestal oor hulle dalk mag gaan. En ek besef al hoe meer hoe ons isoleer. En dit word so stelselmatig gedoen, dag vir dag. Ek wil nie oor slimgriep praat nie, ek is oor dit, maar die effek…Ek sien by die werk is daar nou 51 van ons personeel uit so 240 personeel positief tussen Donderdag en gister. Tjoef, net so. 51!!! Want al wat logika is, is by die venster uit. Mense is gedaan gewerk, hulle doen te veel ooryd oor tekort is aan personeel, hulle gestelle is af, hulle eet gemors en hulle slaap nie. Hulle het nog geen breuk gehad van al die pes begin het nie. Ek is so oor die “our hero’s!” twak. Stop die belddie super hero gemors. Kry mense, gee ons ook tyd af, soos in maande. Besef ons is ook mense en het nie soos die res van die wêreld tyd gehad by ons huise nie. En my kinders het geen sê nie. Die beddens in ons hospitaal het verdubbel, hulle werk meestal 6 dae 12 uur skofte uit 7 dae en al wat hulle kry is hel, van alle kante af. En die eienaars glimlag baie, baie breed want die gelde rol in. Genoeg, ek raak net naar vir hulle.

Ons is strand toe in die oggende, heerlik. Die water is so om en by 29 grade so net na 5 en heerlik om net in te hang en te voel. Padda het gaan paddle, ek was lui, ek wou net in die water hang en dryf en net staar. Ons kyk Netflieks, ons lees en hou ons besig, heerlik. Die dae is ongelooflik warm, seker so 10 grade laer as in die oase, maar dit is die humiditeit wat mens so moeg maak. At least gaan ek weer begin swem sodra ek terug is by die oase.

En toe die grootste verassing van alles. My boetie kom kuier vir 2 dae, wel, eintlik het hy besigheid gedoen, maar vir 2 aande kom slaap hy hier by my in Dubai. Dit was wonderlik om hom te sien, en te hoor en hom te kan bederf. Seker ‘n vraat, maar wens was langer.

So ja, in neutedop is dit my maand wat amper verby is.

Wat ek weet is ek dink ek het weer half mens geword. Ek voel nie ek is reg om iemand met die kop te stamp as hulle met my praat nie. My stemtoon klink weer normaal. En skielik besef ek dat ek weer krag het. En so min lus soos ek het om terug te gaan, het ek onthou dit is my brug. Dit is wat my oorgang moontlik gaan maak en ek is ok.

En vandag, vandag stuur my pal uit Skotland vir my die en ek smile. Want ek kan onthou wie ek was, wie ek weer word….

Christa, ek dink is jou beurt. Hier, vat die stok by my…

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

30 thoughts on “My beurt…”

  1. Ai Cirgo, jy skryf so mooi. En mag jy gou-gou na daai houthuisie ontsnap. En mag jy gou weer SA sien.
    Julle doen wonderlike werk, maar ek kan dink dat dit soms uitmergelend kan wees, veral met hierdie blxxx siekte wat net nie wil end kry nie. Sterkte vir jou. Jy moet mooi loop.

    Liked by 1 person

  2. Ai Carien, dis baie rof. Ek dink ons almal sien die nagevolge van hierdie tyd. My dogter by Hoërskool vertel van al die reaksies as gevolg van die ding. Ek is bly jy kon jou batterye herlaai en sien weer kans vir die volgende skof. Daar voor in die pad wink Suid Afrika.

    Liked by 1 person

  3. Ek glo jou pasiënte is sooo dankbaar jy is nog daar om hulle te help want ek weet jy sal reguit en eerlik met hulle wees. So bly jy kon n vakansietjie kry om net te herlaai, want eerlikwaar, dis nie ‘n werk wat ons almal sal kan doen nie

    Liked by 1 person

  4. Liewe Virgo, sjoe, dit is erg daar by jou. En toe vang ek so lekker op. Jy en padda kuier weer lekker saam, jy is nie meer moeg nie en voel uitgerus. En o my genade, onthou ek die moeg van die humiteit van somer daar in jou land. Sienuit dat jy terugkom.

    Liked by 1 person

    1. Ek weet nie Christa, daar is soveel mer aan die gang. Dink ons gaan om dit leer werk, een manier of op ‘n ander. Ek het besluit ek soek net iets moois elke dag, iets wat my bly maak. Ek gaan wraggies nie toelaat dat dit verder my joy steel nie, dit het genoeg gevat nou🌻🌻

      Liked by 1 person

  5. Nou het ek lekker opgevang, bly jy voel klein bietjie beter, dankbaar jou boeta het kom kuier en sien uit dat jy eendag in lewende lywe hierdie kant gaan uitkom

    Liked by 1 person

Comments are closed.