Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feit is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.
Virgo storm die beheer kamer in “Frannie is weg, sy het ontsnap saam Silver, ek hulle hier gesien verby jaag met so lug Harley- look -alike masjien”. Appeltjie, sit in hierdie GPS goed en sorg dat jy bybly. Aalsie smile “jy het haar getrack ne?” Virgo skud haar kop. “Natuurlik, sy het so probeer my ontglip sy het glad nie agtergekom ek sit ‘n tracker op haar nie. Hulle is maan toe, ek weet mos hy sal met haar wil tango en waar sal sy hart swart kan wees teen Frannie, net een kyk en hy is uitgebowl.
Appeltjie sit gemaklik in die beheer stoel en stuur ons agter die twee aan. “Bly aan die skadukant, moet nie laat hy ons sien nie, ons sal elk geval kan sien as iets gebeur” Virgo wil nog praat toe flits die Harley – look- alike by hulle verby reguit terug na Xenia toe. “Trommetjies wys na hulle “dit meen moeilikheid, volg hulle”. Appeltjie draai dadelik agter hulle aan en sien hoe Frannie baie verbaas omkyk en hulle gewaar en beduie om te volg.
Die landing op Xenia veroorsaak groot chaos onder die dansende wesens. Op die groot skerm kan ons almal sien die drie is gedaan gedans en die heupe wil nie meer nie. Positief, kry solank vir hulle elkeen so lekker gelaaide ” groen vape” reg sodat hulle so bietjie balans in hulle lewe kan kry, hulle gaan daai ontspan nodig hê, Christa, kry daai “healing laser wand” solank reg, jy en Trommeltjie gaan moet oor hulle hou en beweeg sodat daai spiere en ligamente in hulle heupe kan minder pyn. Doen sommer so van weerskante af.
Seegogga, kan jy daai mooi skildery wat jy geverf het op die roof en surround mure sit laat dit vir hulle rustig lyk en ons hulle so bietjie laat bedaar sodra hulle inkom, hulle het nie baie stimulasie nodig nie.
Sonell, jy bly in die stuur by Appeltjie, sodra hulle in is, ek gee nie om watter rigting nie, maar dit is warp speed hier uit. En sorg dat jy bietjie van daai invisibility seine stuur dat hulle ons darem nie dadelik kan track nie.
San, jy en Ekmyself het nodig om vir Silver in daai toesluit luik te kry, ek weet nie hoe nie, maar doen iets. Ons sal hom moet saamvat want lyk my hy het groot mag hier op Xenia.
Sonell, sit aan die klank laat ons kan hoor wat gaan daar aan, Silver praat al ‘n hele paar minute met hulle.
Sy stem klink soos altyd, diep en rustig. Frannie staan so half agter hom. Die drie is gedaan, hulle swaai maar net so heen en weer. Die wesens lyk nie baie vriendelik nie, maar hulle luister.
Silver wys na die drie, die wesens kyk om na hulle. “Julle kan sien hulle is moeg, hulle is nie van hier nie. Ons het nog nie eens gekyk of hulle die merk het nie. Wat doen ons as hulle gemerk is? Hulle kan nie hier bly nie, hulle mag nie aan die voortplanting projek deelneem nie. Daar is net een manier, hulle sal moet wys.” Die wesens klap en skreeu en sing en is blykbaar baie opgewonde oor die voorstel. Virgo kyk vir Aalsie “waddehel praat hy van. Wat se merk?” Allasie trek haar skouers op, “ek weet nie, maar hy is slim, hulle sal nou wag om te sien watter merk hulle moet wys” .Silver praat met Frannie, sy kyk vir hom “Is jy ernstig, dit gaan mos nooit werk nie”. “Frannie, asseblief, ons moet hulle hier uit kry en weg, daar is nie nou tyd vir stry nie, doen dit net”.
Frannie trek haar rug regop en praat in haar helm in “Una, Toortsie en Woordnoot, dit gaan simpel klink, maar al drie van julle gaan nou iets doen in die volgende orde. Trek oop julle pakke laat hulle kan sien of julle naeltjies het , tel hard saam tot by 5, draai om en wys hulle dat julle boude het”. Die drie se koppe ruk op “Wat!!” Frannie skud haar kop, “doen dit net, dit is al manier hieruit. “
Una kyk na die ander twee, “ek is so moeg ek wys nou enige iets” Sy maak haar pak los en kyk vir die ander twee “toe, maak oop, niemand ken ons hier nie” Pakke oop en al drie lig op om hulle naletjies te wys. Die wesens word doodstil, “4, 5” die drie draai gelyk om en wys boude. Dit is doodstil. Die wesens begin stadig terug tree. En hou net aan terug loop, hulle kyk glad nie weg nie, die skok duidelik op hulle gesigte.
“Maak toe julle pakke, en wees reg, as daai koepel lig is julle tot hier by my en moet niks praat nie,” hulle hoor Silver se stem . Die koepel begin oopskuif en gly gemaklik terug en daar staan die drie. Woordnoot is eerste om te beweeg, sy het genoeg gehad van wurms en wesens en dans, sy wil net na die ruimtetuig toe en die ander vroue sien, van Xenia het sy genoeg gehad. Die ander twee volg haar en Sonell het al die luik oop sodat hulle kan inloop.
Frannie lei hulle na die deel waar hulle sal gaan herstel en San stop hom toe hy vir Frannie wil volg. “Nee wat Silver, kom saam ons, daardie drie sal eers bietjie moet was en beter voel en ek is seker Frannie sal hulle wil help, jy kan nie nou daarin nie. Dit was regtig besonders van jou om te help met die reddings poging, baie dankie. Kom ek maak vir ons koffie, en daar is van daardie lekker brood van Frannie. Silver volg San in. Hulle is net in toe Ekmyself vra of San haar gou kan help, San glimlag en verskoon haarself en toe sy uit is sluit die luik agter haar. “Jammer Silver, maar ons moet eers hier wegkom en dan kan jy uit” Silver skud sy kop, sit op die gemaklike stoel en leun agteroor. Hy kan voel aan die tuig dat hulle gewone spoed is nou, hulle is so vêr weg van Xenia, hy hoop net hulle weet waarheen hulle gaan. Solank hulle net in die Empty Quater ingaan nie, hy glimlag, hoe sal hulle nou ooit daar uitkom. Hy sit sy hande agter sy kop sy voete op en leun terug in sy stoel.
Die tuig wat met warp speed weg gevlieg het, is nou op gewone spoed. Sonell en Appeltjie kyk rond, lyk vreend, so half leeg om hulle, maar hulle vlieg rustig voort. Voor hulle lyk soos ‘n skip-wrak, hulle vlieg soontoe om te kyk wat dit is, nie te naby nie, maar dat hulle darem kan sien.
In die lokaal waar die drie dames versorg word is dit in rep en roer, almal praat gelyk, dit is lasers en wands en vape masjientjies en vars klere, almal is verskriklik besig. Die drie begin kort voor lank saam praat en almal lag en gesels.
“Virgo”, dit is Appeltjie en Sonell. “Ja” “umm, kan jy gou na die stuur kajuit toe kom asseblief”. Virgo frons, iets klink nie reg nie.
Virgo kom in en stop in haar spore. Haar oë so groot soos pierings.
Haar keel is baie droog, sy probeer sluk, maar niks is daar nie. Saggies, baie saggies roep sy” Aalsie, San, bring vir Siver, stadig, moet niks praat nie, bring hom net en sluit die luik in die herstel kamer waar die ander vroue is”
Silver kom in en stop in sy spore. Die ander twee kyk op en San wil omdraai, maar Silver hou haar arm vas “staan stil, moet nie beweeg nie”. Sonell en Appeltjie, hoe lank was die lug so skoon, so stil en sonder sterre?” Hulle kyk vir mekaar, “al ‘n lang pad, dis hoekom ons so bly was om die ou skipwrak te sien en ons nader gegaan het”.
Christa kom in saam met Trommetjies en albei stop dood in hulle spore. “Wat op aare is dit?”
Una kom in en lyk heel gerus na haar herstel en kyk op na die venster.
“Julle, ek weet ek het ge-vape, maar sien julle daai ding op ons venster voor? Segogga staan langs haar, “hmmm, vreemde kleur en ek is nie seker of ek daarvan hou nie. Silver maak hulle beide stil.
Positief stap in en is halfpad in die vertek in tot sy opkyk en dood stop in haar spore.
“Oh hell, ek het gedog dis net ‘n movie! Hulle is real!
.jpg)
Erg stresvol, Virgo! Gaan ons OOIT lewwdig io die aarde land???? Uitstekend!
LikeLiked by 1 person
Neeee!
LikeLiked by 1 person
O my swak hart, van die kole in die vuur.
LikeLiked by 1 person
Lekker spanninglyn Virgo, dis nou naelbyt tyd. Waddehel is die gedrog??? Meer nog, waar is ons?
LikeLiked by 1 person
Van Aliens movie en smaak my ons is in die empty quarter…
LikeLike
Ek wil net weet: Waar staan Silver nou? Vir ons? Of teen ons?
LikeLiked by 1 person
Wel hy is saam ons in die skip, daai gogga lyk nie of hy wil praat nie. Ek dink hy is aan ons kant, hy skuld Frannie nog ‘n tango oppi maan
LikeLiked by 1 person
Dís ten minste goeie nuus.
LikeLiked by 1 person
Virgo! Net toe ek begin ontspan kom jy met ‘n splinternuwe, vreesaanjaende wending😬
LikeLiked by 1 person
😄😄, jy moet vir ons hieruit kry🛸🛸
LikeLike
Ha! Ha!😄😄
LikeLiked by 1 person
Fantasties!
LikeLiked by 2 people
Virgotjie, hierdie lyk alte veel na ń reuse spinnekop? Jy en Toortsie gaan dit mos nie oorleef nie??
LikeLiked by 1 person
Neeeeeeeeeee, dis Alien daai. Was dit spinnekop was ek nie by nie, ek sou hol om by Toortsie te bly😄😉
LikeLike
Julle het ons gered, julle dierbare vrouens, daarvoor is ek baie dankbaar!! En ja, ek wil ook weet aan wie se kant Silver is.
LikeLiked by 1 person
Ons kant, altyd. Hoe staan hy nou teen Frannie, tsk, tsk
LikeLike
My naeltjie en boude, kan jy nou meer. Maar ek wys dit enige tyd weer as dit ons uit die moeilikheid kan kry. En hou.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂😂😂😂😂
LikeLike
Wow, Virgo C, baie goed gedoen! 👏
LikeLiked by 1 person
🌻🌻🌻
LikeLike