Despondent…


Despondent: in low spirits from loss of hope or courage. Dit is wat Google sê meen die word. Weird, ek het nog nooit so opgelet na mense gesigte nie, nooit gedink ek sal dit sien soos in regtig nie. Wel, ek het, en dit was regtig nie lekker nie.


Vrydag begin ‘n wonderlike dag, my Ousus verjaar, dit is ‘n pragtige dag, ek en ou pal van my gaan kuier by die Wimpy en later gaan ons almal net rustig kuier by die huis vir haar verjaarsdag. Ek kry boodskap van pal in Australië en sy wil weet of ek vasgevang is met die lock down. Weet nie waarvan sy praat nie. Die drama begin net daar. Niemand kan deurkom na Emirates se kantore toe nie, ek stress nie heeltemal nie.

Alle nuus sê net die UK en Aus het ons uitgesluit en ek dink waaroor gaan sy so aan.
Padda sê het hulle niks gehoor in UAE nie, ek moet bedaar. As sy nie deurkom na kantore toe nie sal sy ry en gaan vra.

Kontak hier praat met iemand hoog in Emirates en hulle laat weet die laaste vlugte UAE toe is Maandag aand en jy moet die 29e in UAE wees of lock down. Dinge vloei nogal, kan dadelik PCR laat doen, het lift lughawe toe volgende oggend vroeg. Padda ry Emirates kantoor toe en vrou sê wees op lughawe more oggend en probeer op vlug kom, daar is 6 vlugte oor, almal vol, maar mens weet nooit. En daar is extra een Maandag wat sovêr nog net gevries is.
Voel aaklig om so te rush, so demper op dinge te sit. Ek pak, probeer alles inkry sodat ek net 1 tas in-check en en vat op vliegtuig. Ek is reg en saam Oom Robby lughawe toe volgende oggend. Ons gesels diep dinge, dinge wat my binneste pla en hy is geduldig en rustig en dalk net wat ek nodig het.
Die dag begin, Emirates sê Maandag vlugte almal gekanselleer, daar is 4 vlugte oor. Op waglys vir Sondag, Saterdag lyk nie na opsie nie. Stop by alle kaartjie kantore, geen vlugte nie, mense voel rond, party verslae,kwaad, hartseer, bang. Ek besluit ek kan maar gaan wag by die Wimpy, vandag gaan ek nêrens nie. Na lang kuier loop ek weer my draai by al die kaartjie kantore om en stop weer by Emirates. Die mense is verby kwaad.


Ek vra of daar dalk plek in die gully is, kan ek help met tee en koffie en toe die skok. Geen vlugte verlaat SA nie. Die UAE het totale ban op ons gesit 11:06am, insluitende die mense met hulle boarding passes wat wag dat die hek oopmaak om te vlieg!

Geen idee van wanneer die grense oop gaan maak nie, geen niks. Ek vra of ek vir hulle koffie of doughnut kan kry want hulle gaan helse dag hē, die twee girls baie dankbaar maar mag nie drink daar nie.

Despondent….
Ek dink dis die eerste keer toe die skok my werklik tref. Ek stap weg, kyk die mense… Despondent… Mens voel dit eintlik aan jou vaskleef. Dit sypel so tussen jou klere en jou vel in en gaan lê so oor jou hart se kant, swaar, baie swaar.


Tien duisend dinge flits deur my kop- weet ek het niks nodig om my verbeelding op hol te sit nie. Ek dink aan verpligtinge daar, inkomste, werk, dit wat ek wil leer. Die skok raak groter, my hart raak seerder en my oë raak vol trane. Ek stuur Padda boodskap en sê bel asb.
En toe huil ek.

Sy laat my huil en toe ek bedaar begin ons praat en sy bly rustig. Ek begin die goed en blessings in my lewe raaksien. Ek besef regtig hoe gelukkig ek is, blessed. Ek het ‘n huis, familie, vriende, ek is veilig, ek kan eet, ek het soveel wat vir my tel.

Ek kyk rond en sien dit weer: despondent. En ek sê net “dankie Here ek is in my land, by my huis, by my mense. Ek het geen idee hoe die gaan werk nie, maar dankie”.
Ek gaan sit rustig weer in die Wimpy, sien mense wat ek al van vroeg oggend af sien, huil, kwaad, bekommerd, geen rigting, geen idee, almal bel, almal op hulle fone. Ek raak eintlik hartseer so saam met die bly oor tegnologie, dit vat ons so van mekaar af weg en tog connect dit ons so. Daai desperaatheid waarmee jy daai foon vashou as jy met iemand praat wat jou ken, die duidelike amper ontspan as hulle met hulle mense kan praat. Voor ek kan bestel kom dieselfde girl terug wat my bedien het “here you go Mami, a warm Mega coffee”. Ek smile en dink hoe great is dit.
En toe kom my eintlike les. Ek wag vir my boetie om my te kom haal. Koop vir hom ‘n Fanta en soek ‘n Crunchie. Girl sê anderkant van toonbank. Ek kyk en sê “ohhhhh, not a good day for me, no Crunchie, no flight”.
Langs my staan ‘n swart vrou, werk daar, pragtige ronde gesig en sy sê “Lovey, never say that it is a bad thing. There is a reason the Lord does not want you on that plane, just believe. “ Sy wys na ‘n sjokelade toe met muesli en sê “that one is very nice”. Ek lag en koop dit en ‘n ander een ook en gee dit vir haar. Sy sê nee, ek smile “ my dear, there was a reason I was sent to this stand today to get that message from you. Thank you and you enjoy this, thank you for speaking straight to my heart”.
Ek is so bly toe ons wegry van die lughawe af, die despondent gevoel verdwyn met elke kilometer wat ons ry weg van daar af.

Ons weet steeds niks, rumors is daar hope van. Ek bly tussen “ek is blessed en eintlik regtig bly om hier te wees” en ” dis regtig nie hoe ek dit wil doen nie”. Iewers in my besef ek meer en meer die preek van Sondag en besef ek het ‘n vêr pad om te stap na my gees- deel toe. Maar vir nou, nou sê ek net dankie🌻🙏

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

21 thoughts on “Despondent…”

  1. Ai hoe mooi beskryf jy hierdie ongemaklike situasie. Maar wat my aanvanklik die meeste tref, tot die ander my hart geraak het: ‘Geen idee van wanneer die grense oop gaan maak nie, geen niks. Ek vra of ek vir hulle koffie of doughnut kan kry want hulle gaan helse dag hē, die twee girls baie dankbaar maar mag nie drink daar nie.’

    Liked by 1 person

  2. Liewe Virgo, ek verstaan daardie gevoel van verslaentheid. En die lekker, as ek dit so mag beskrtf, van wees in ‘n land waar daar wel ‘n huis is, ‘n plek waar ons kon bly tot ons uiteindelik huis toe kom. En ek voel so jammer vir jou, daar kon ons werk, jou werk is juis nie hier nie. Maar laat weet my as jy dalk stukkies wil werk, my sus kan dalk help reel.

    Liked by 1 person

      1. Carien … ek kry die mense so jammer wat net so vasgevang is op lughawesns. Ek self sal NOOIT weer met Emirates vlieg nie, ook nie met een enkele ander lugredery wat dit nou aan mense doen nie. Dit is onmenslik, die nuwe variant is in ‘n paar ingeënte mense ontdek. En ek het die gevoel dit is mRNA wat die probleem is. Soos daai vrou op die lughawe vir jou laat verstaan het, moes jy nie toe op die vlug gewees het nie.

        Liked by 1 person

        1. Ek self Christa. Ek moet erken ek is regtig impressed met SA se vinnige optrede en hoe hulle dit hanteer het. Eerlik, ek het nie besef ons het werklik die vermoeë om so goed te kan sequence nie, dit is impressive. Ek begin half dink dat dit’n baie veiliger plek om te wees hier. Oor lugrederye, hier is dit totaal die UK wat die paniek begin het sonder om na feite te kyk oor hulle geen beheer het nou met omtrent 44,000 gevalle per dag en dit is die begin van hulle winter seisoen. Ek kry Emirates en ander lande se crew so jammer wat nou onlangs terug geroep is werk toe en nou dit, hulle moet so op wees met die. Oor mRNA, who knows, die virus “leef” sy doel uit om te survive, of hy moet verander of mutate of wat ookal, hy doen wat hy moet om te oorleef.

          Liked by 1 person

  3. Dis erg. My kleinnefie en sy vrou moes ook tasse in die hand op die lughawe hoor dat hulle nie meer Mauritius toe kan vlieg vir hulle wittebrood nie. wonderlik dat jy nog aan die personeel kan dink in hierdie tye. En wonderlik due les wat jy van die swart vrou langs jou gekry het.

    Liked by 2 people

  4. Ek besef net dat daardie vrou reg was.. al lyk als nou so gatkoponderstebo….daar is altyd n rede hoekom dinge gebeur soos dit moet. Gelukkig is jy tussen jou geliefdes.

    Liked by 1 person

  5. Ek het trane in my oë. So jammer vir jou. So dankbaar dat daar ten minste vir jou uitkoms is. En ek het trane omdat jy dit so pragtig beskryf het. Wow. En die trane vloei oor die vroue wat sê daar is ‘n doel met waar ons is en waarheen ons gaan. Dankie dat jy ons oë oopmaak. ❤

    Liked by 1 person

    1. 🌻🌻, ai San, dink nog baie van ons huil. Ek het regtig so jammer vir hulle gevoel, kan onthou hoe dit gevoel het om vir besoekers te sê nee, was regtig aaklig. Ons almal bid dat hulle dit mooi oordink. Mis jou en bly jy ingeloer🤗🤗🌻🌻

      Like

Comments are closed.

%d bloggers like this: