“Adventure…”

Zanzibar/ Tanzania avontuur….

Probeer dink wat om te sê…

As daar dalk minder op die spel was, of mens het iewers net ‘n idee gehad wat gaan gebeur, of jy kon voorbly om te probeer beplan en hou by reëls wat daagliks verander, sou ek dalk nou, as ‘n avontuur gesien het.

En net so, oornag verander letterlik duisende mense se lewens. Ons hou vas aan elke brokkie nuus, hoop, boodskap. Mens se emosies is op en af en op en af, met blykbaar geen rustigheid in die nabye toekoms nie.

Die sandpit is aangewys as een van die veiligste lande om in te wees in die wêreld, veral nou met die nuwe gogga. Ons (SA), is omtrent dieselfde vlak as die hel in die oë van die wêreld, want iewers het een of ander slim persoon besluit ons is mos verantwoordelik vir die nuwe gogga. Net daai een sin, sonder om te dink, sonder om regtig te research, net so word daai die sin wat van ons totaal die swartskaap in die wêreld maak.

As ek dalk sterker in my gees was nou, sou ek die trip dalk ook as ‘n avontuur gesien het. Nogal ‘n bad tyd in jou lewe om te besef jou hart is geestelik nie reg met die Here nie en dit so te moet ervaar. Dalk is dit my les in die groter prent.

Daar is 2 goed wat Virgo’s gek maak : being ignored, being in limbo.

Die mix tussen “ek is blessed want ek is veilig, het blyplek, alles wat ek nodig het” vs ek wil net weet watter kant toe. Dis al, ek gee eerlik nie meer om watter kant toe nie, ek sal my 15 time out vat, ongelooflik erg huil en dan my groot girl panty aantrek en go with what is there.

Maar die tussen-in… En ek weet ek doen wat ek al jare doen. Ek het plan A-D klaar uitgewerk. Elke ding ge -cover. En sowaar, daar is weer ‘n nuwe reël en ons begin voor met die volgende planne. Op en af, op en af, soos die see se deinings as mens see-siek voel. Op en af….

Ek weet nie hoe om te laat los nie. Iewers in my doen ek steeds “Here, ek het gedink, as Jy nou sus en so, ek het al daai angles ge-cover, so as Jy net seker maak hulle hou by die plan dan wen ons almal”. En dan wonder ek hoekom ek nie rus kry nie. Elke keer as daar iets nuuts is ( en dis omtrent daagliks) is dit dieselfde storie emosioneel. En ek kan nie opgee met dit nie. Ek weet nie meer hoe nie. Hoekom kan ek nie net uit my eie kop uit nie. Nie net sê en glo en voel “Here, Jy weet wat jy doen en ek vertrou Jou”.

Ek voel ek het totaal verleer hoe om te bid. Ek meen bid uit jou hart uit, nie net woorde wat jy herhaal nie. Ek het my verluister na gebede die vakansie, uit mense se harte uit. Klink seker sleg om te sê ek het jaloers gevoel oor ek nie so kan bid nie, of so voel en glo nie. Maar ek het begin praat, saggies, maar wel.

Dalk is dit wel ‘n avontuur, of ‘n reis. Tanzania, skryf? Nie nou nie. Emosioneel is ek op ‘n rollercoaster, dit hoef vir niemand sin te maak nie, geestelik is ek op ‘n reis- ek erken, ek is bang…

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

17 thoughts on ““Adventure…””

  1. So uit jou hart geskryf. Ek dink ons is almal onseker oor baie dinge en die afgelope twee jaar het ons laat besef ons is nêrens in beheer van die groter prentjie nie. Ek het al geleer, ek beplan niks nie… net so van dag tot dag.
    Sterkte met jou innerlike stryd. Dis soms goed om stil te staan en jouself uit te dop voor jouself… hoop dit maak sin.

    Liked by 2 people

  2. Oooi Carien, weet ek nie van planne voorstel vir ons God nie. Eks ook n Virgo. En om te “let go and let God” is een van die moeilikste dinge en tog werk dit. Jy weet, jou woorde kon myne wees. Ek weet net, my vertroue is rotsvas, al moet ek dikwels jammer vra oor ek voorskriftelik was

    Liked by 2 people

  3. Awww, dankie vir die skryf, VirgoC! Vir my help skryf altyd – ek hoop dit het bietjie vir jou ook gehelp. Die “dun plekke”, “drumpeltye”, is altyd amper ondraaglik, maar – jy weet waar jou Heil vandaan kom en jy draai jou gesig soontoe, net soos jou geliefde sonneblom.

    Liked by 2 people

  4. let go and let God… watter mooi woorde- en hoe moeilik om te doen! . Ek weet hoe sulke onsekerheid my gedagtes ksn oorheers, maar dis ook sulke tye wat mens nader aan God kom Sterkte.

    Liked by 2 people

  5. Ek hoor jou verwardheid omdat jy eintlik nie weet watter kant toe nie bloot omdat hulle wat die reëls maak net maak wat hulle wil en nie ‘n duit omgee dat hulle almal om hulle verwar nie. Die Here hoor dit ook. ❤️

    Liked by 1 person

  6. Wat ‘n baie spesiale boodskap, liewe Virgo. Ek verstaan daardie gevoel van wanhoop, maar ons het dit anders gedoen. Eers gevlieg toe niks in ons pad staan nie, die Here die deur net oop en oop en oper maak. Toe wou ek dit amper nie glo nie, het ek steeds aansoek gedoen om in my eie huis te isoleer. Net om terugvoer van die Departement te kry. Die grense is oop, isoleer in jou eie huis. Dit was wonderlik. Hoe dit moet wees om in ‘n vreemde land te staan en wag om terug te gaan omdat mens moet werk en inkomste moet kry, weet ek nie. Waarom grense toegemaak word oor die huidige gogga weet ek ook nie. Maar, ek bid vir jou. En weet net, die Here hrro klein, ongemaklike gesprekke net so goed soos groottes met groot woorde. Jesus maan juis: Wees soos ‘n kind om na My toe te kom, en kinders bid nie in groot woorde nie.

    Liked by 1 person

  7. Ai Virgo…..ek hang saam met jou. En daai woorde is in jou hart,jy hoef dit nie altyd hardop te sê…hulle noem dit binnebid..Sterkte,dis ampertjies verby.

    Like

Comments are closed.

%d bloggers like this: