Co-shyte…

Ek lag steeeds oor die woord. Regtig, dit is briljant. En ja, het so letter verander want wil dit graag publish.

Anyway, die 30e die dag gaan toets ek vir my dag 8 van terug wees in die sandpit. Dit klink dalk nou vreemd om dit nou te sê, maar ek het geweet soos wat ek weet die son kom weer op dat ek wel die “positive-club” gaan join. Hoe kan ek nie sê nie, want ons toets ons kruppel. Ek dink eerlik as jy my in middel van nag wakker maak draai ek ‘n neusgat boontoe vir ‘n stok. Ek is letterlik elke dag van die 25e af getoets, elke oggend op grens, die 26e by die werk. Net Woensdag toets ek nie want ek slaap in AA oor. En Donderdag….

Ek word iewers deur die nag wakker. Ek kyk na die app en daar is dit, skarlaken rooi – jy is positief. Die een van Dubbels sê ook jy is positief, SMS, al 4 van hulle jy is positief, moet nêrens gaan nie en jy isoleer vir volgende 10 dae in jou huis as jy geen simptome het nie of bel die nommer dadelik as jy hulp nodig het. Kyk is nogal impressive hoe vinnig jy uitgesorteer word hier as jy wel positief is. Jy moet jou location aansit en aanhou die hele tyd in isolasie en kry daelik PDF oor wat jy mag en nie mag doen nie. Daar is vreeslike oulike hulp ens op die app en elke dag tel hulle af hoeveeldae jy nog by die huis moet wees.

Ek is nog baie lyfseer daai tyd, my joints voel of iemand hulle op rekbank gesit het en ek pyn oral. Die naarheid hang nog so bietjie, so as mens aan die begin van see-siek raak, maar niks uit nie. Ek begin mense laat weet met wie ek in kontak was want mens mos maar eintlik op jou ergste so 2-3 dae voor jy simptome begin wys. Wel, dit was nog altyd so, maar met die nuwe “O” weet mens mos nie. Hier swyg almal soos die dood, net die goverment mag weet watter mutasie jy nou het. Die werk in toestand, hoe lank was jy in kontak met die en daai. Ek skryf opstel terug so goed soos ek kan onthou. Altwee saam met wie ek wel middage ete gehad het op verskillende dae is siek- ons het saam ook almal kontak gehad met instrukteur vir Fire en Safety wat ook die positive-club gejoin het Woensdag.

Padda raak so dag na my siek raak en ek sê jy isoleer saam. Hier moet elkeen in huis eie badkamer hê anders gaan jy na hotel/akkomodasie toe van goverment en teen jou koste, alhoewel verlaag is of hospitaal toe. Nie een van ons sien kans nie. Padda nies, proes, sweet, koors, kopseer en voel of haar oge opgeswel is, duidelik Mr O is hier. Myne bly lyfseer, lekker sinus, hoofpyn, ondeliggende naar , kry koud (baieeeee vreemd vir my) en joints… Ons slaap asof ons betaal word.

Padda is daar nes ‘n Rotweiler- sy slaap haar gesond. Letterlik en figuurlik. Ek in toes oor sy nie eet nie, dwing haar om te drink. Ek self, ons bestel liters vrugtesap. Waatlemoen, pynappel, coconut, groen-juice mix (kale, gemmer, seldery, appel,) en eet soveel waatlemoen ons kan inkry. Ek het Voltaren en Panadol gedrink vir my lyfseer. Die res, Vit C, Vit D, Glutathione, Zinc, Magnesium. En van Dischem se Homeopatiese tissue salts vir Sinus en ander vir Verkoues. Net dit. Ek dokter pal gebel en gevra of ek iets anders moet drink, sy sê nee, jy is op wat jy nodig het, maak seker jy drink baie.

Ek begin darem eet, maar vir 3 dae het ek soos in GEEN smaak nie. Ek kan nie beskryf hoe dit is nie, want eerlik, dit is asof daai deel in my lyf vir naweek weg was. Ek begin die soet in die juice proe dag 4. Maar die naar vang my. Ek besluit net daar ek bestel blik Ensure en drink naar pilletjie, gee so 30 minute en slaan daai Ensure weg. Ek voel dadelik of darem weer krag het.

Ek is elke oggend op, was wasgoed, sit in stoel op, vensters oop, deur op stoep oop en arme Padda weet nie watter kant toe nie. Besluit op dag 4 tyd vir lang warm Magnesium bad en moet sê slaap so goed daardie aand, lyf voel of hy bietjie bedaar.

Die werk is aan die gang, die mense val een na die ander en dis effens chaos. Ons neem op om goverment hospitale leeg te kry en agv breek in protokol van wag vir uitslae voor ons opneem, toets hele klomp positief. Dit meen almal wat met daardie mense gewerk het is nou op watchlist. Ons is terug na toets elke 72 uur by die werk, besoekers moet negtiewe toets hê van niks ouer as 24 uur nie. Kafeteria sluit, geen idee waar hulle mag eet nou nie en dit raak so nagmerrie soos wat dit laasjaar Junie was.

Ek sit en dink aan Afrika en hoe sy haar ding doen. En ja, ek sit en dink hoe maklik ons eintlik deur die hele golf is wat die wêreld in chaos het. En almal gaan aan. “Merika sien oor miljoen gevalle per dag, dis chaos, en Afrika, sy gaan aan. Jy voel siek, jy kry jou goedjies, jy bly by die huis, jy doen jou ding en jy gaan aan en paar dae later dan is dit back to normal . Ek was lanklaas so trots om Afrika-kind te wees soos ek nou is. Ek is bly dat ons besef ons moet aangaan en dat hierdie nie die einde van die wêreld is nie, al wal so baie maak of dit is. Ek is bly Afrika het daai vrees uit my uit gekry en my weer geleer om te dink en te besef ons kan en gaan die wen veseker.

Vandag is ek mens, heeltemal. Ek is so opgewonde want vannaand 12 uur is my isolasie oor. Ek voel of ek sommer buite wil slaap so bly is ek. En tog, ek dink ek het die 10 dae nodig gehad,eerlik nodig.

Ek het vanoggend gesit en gedink toe ek iets lees hoe ek my joy verloor het. Dit is ‘n groot skok vir my. Ek het nie besef hoe ek dag vir dag beroof word van dit wat my “ek” gemaak het nie. Stadig, seker, stukkie vir stukkie. Ek het Toortsie se blog gelees oor hoe sy haarself bederf het, goed geniet het en gedoen het net vir haarself en besef hoe min ek dit doen.

Dalk was dit wat ek moes besef in die tyd. Dat ek besef ek moet oor myself en my ego kom oor wat gebeur het. Ek moet weer die mooi en lekker in klein dingetjies sien. Ek wil vroeg more oggend gaan toets. Ek sien so uit om môre stand toe te gaan, te gaan stap en my voete so in die sand in te druk en wikkel. Om seelug in te asem, om son op my vel te voel. Om op my stoel te sit en vir so rukkie te lees. Ja, dalk was dit hoekom ek moes 10 dae by die huis sit en rus om te besef hoeveel ek het om nog oor dankbaar te wees en weer te begin leef.

So vandag sê ek dankie Mr O dat jy my so bietjie plat geslaan het en my weer laat dinge besef het. Dat jy my laat besef het ek is van Afrika. Dat jy laat besef het ek is Sy kind en Hy kyk na my, na ons.

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

16 thoughts on “Co-shyte…”

  1. Jy laat my sommer lekker voel oor ons land want al wat mens heeldag hoor is hoe sleg dit is. Moes gister 5ure sit en luister hoe sleg dit is….was sommer gatvol. Is so bly jy is beter. En wees maar sag op jouself.

    Liked by 2 people

  2. So bly jy voel baie beter. Verstaan ek reg, jy het dit sonder antibiotika gedoen. Ek was hondsiek as gevolg van die drie stelle antibiotika wat my ingejaag is. Loopmaag in ergste graad. Pas jou mooi op en join die klub – jy het nou jou eie teenliggaampies.

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: