Drie maande terug vandag…

Julle tel my by die lughawe op, is asof daar nooit jare tussen ons laaste kuier was nie. Ons gaan sit by Blouberg, eet lekker soet klein doughnuts. Ja okay, en sweetie pies, my dood.
Ons stop by Wimpy, daar kuier ons lank en daar is nie ‘n minuut se stilte nie. Ons kuier, lag, eet, en herhaal.

Gaan kuier op Riebeeck, gaan drink iets teen die berg. Lallie loop haar draai want sy bleddie rook steeds. Maar ons het elkeen ons poison en niemand kan iets oor ‘n ander sê nie.

Jy is net een van daai mense wat regtig net “kind” is. Op een of ander manier stuur jy net die regte boodskap, op die regte tyd. Jy is stil-stil daar, luister nog om te hoor.
Jy wil solank al Kaap toe. Jy straal. Jy is soos gom wat my aanmekaar hou toe ek in Tanzania sit, sag en kind. Jy is saam met my bly ek is terug en maak seker ek weet wat jy eintlik wil hê is dat ek moet huistoe kom. Ons praat lank hieroor. Rustig gee jy my perspektief. Jy vertel my jy is regtig moeg. Jy fight al lank, jare lank en ek kan dink jy is. Dis die selfsug in my wat planne maak dat jy net sal aanhou.
Drie maande later Tjomma en jy is weg. Jou hart nou rustig.
Ek gaan jou mis🌻

Sterkte
LikeLike
🌻🌻
LikeLiked by 1 person
🕯💝
LikeLiked by 1 person
Virgo 🌼
LikeLiked by 1 person
Sterkte
LikeLiked by 1 person
Ai my sus.
LikeLiked by 1 person
🌻
LikeLike
🧡 sterkte C
LikeLiked by 1 person
🌻
LikeLiked by 1 person
Ek sal vir Genade vra om salfies te kom smeer….oor daai seer. Ek is te ver
LikeLiked by 1 person
My liewe vriendin, dit is erg. Ek kyk so na die foto’s en geniet julle samesyn. En toe lees ek sy is net weg. En ek is dankbaar dat jy SA toe kon kom, saam met haar kon kuier en in jou hart die rustigheid het dat jy wel die kuier die moeite werd gemaak het. Ek bid vir jou, dink aan jou en vra die heer om die seer sag te maak. Want ek kan net dink hoe erg dit moet wees. Of liewer, ek kan nie regtig dink hoe swaar dit moet wees nie.
LikeLiked by 1 person
🌻🌻💜
LikeLiked by 1 person
Pas jou mooi op, sy weet sy is in jou gedagtes.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa, beteken regtig baie vir my💜💜
LikeLiked by 1 person
Plesier vriendin.
LikeLike
Ai Carien, sterkte met die seer
LikeLike