Despondent…


Despondent: in low spirits from loss of hope or courage. Dit is wat Google sê meen die word. Weird, ek het nog nooit so opgelet na mense gesigte nie, nooit gedink ek sal dit sien soos in regtig nie. Wel, ek het, en dit was regtig nie lekker nie.


Vrydag begin ‘n wonderlike dag, my Ousus verjaar, dit is ‘n pragtige dag, ek en ou pal van my gaan kuier by die Wimpy en later gaan ons almal net rustig kuier by die huis vir haar verjaarsdag. Ek kry boodskap van pal in Australië en sy wil weet of ek vasgevang is met die lock down. Weet nie waarvan sy praat nie. Die drama begin net daar. Niemand kan deurkom na Emirates se kantore toe nie, ek stress nie heeltemal nie.

Alle nuus sê net die UK en Aus het ons uitgesluit en ek dink waaroor gaan sy so aan.
Padda sê het hulle niks gehoor in UAE nie, ek moet bedaar. As sy nie deurkom na kantore toe nie sal sy ry en gaan vra.

Kontak hier praat met iemand hoog in Emirates en hulle laat weet die laaste vlugte UAE toe is Maandag aand en jy moet die 29e in UAE wees of lock down. Dinge vloei nogal, kan dadelik PCR laat doen, het lift lughawe toe volgende oggend vroeg. Padda ry Emirates kantoor toe en vrou sê wees op lughawe more oggend en probeer op vlug kom, daar is 6 vlugte oor, almal vol, maar mens weet nooit. En daar is extra een Maandag wat sovêr nog net gevries is.
Voel aaklig om so te rush, so demper op dinge te sit. Ek pak, probeer alles inkry sodat ek net 1 tas in-check en en vat op vliegtuig. Ek is reg en saam Oom Robby lughawe toe volgende oggend. Ons gesels diep dinge, dinge wat my binneste pla en hy is geduldig en rustig en dalk net wat ek nodig het.
Die dag begin, Emirates sê Maandag vlugte almal gekanselleer, daar is 4 vlugte oor. Op waglys vir Sondag, Saterdag lyk nie na opsie nie. Stop by alle kaartjie kantore, geen vlugte nie, mense voel rond, party verslae,kwaad, hartseer, bang. Ek besluit ek kan maar gaan wag by die Wimpy, vandag gaan ek nêrens nie. Na lang kuier loop ek weer my draai by al die kaartjie kantore om en stop weer by Emirates. Die mense is verby kwaad.


Ek vra of daar dalk plek in die gully is, kan ek help met tee en koffie en toe die skok. Geen vlugte verlaat SA nie. Die UAE het totale ban op ons gesit 11:06am, insluitende die mense met hulle boarding passes wat wag dat die hek oopmaak om te vlieg!

Geen idee van wanneer die grense oop gaan maak nie, geen niks. Ek vra of ek vir hulle koffie of doughnut kan kry want hulle gaan helse dag hē, die twee girls baie dankbaar maar mag nie drink daar nie.

Despondent….
Ek dink dis die eerste keer toe die skok my werklik tref. Ek stap weg, kyk die mense… Despondent… Mens voel dit eintlik aan jou vaskleef. Dit sypel so tussen jou klere en jou vel in en gaan lê so oor jou hart se kant, swaar, baie swaar.


Tien duisend dinge flits deur my kop- weet ek het niks nodig om my verbeelding op hol te sit nie. Ek dink aan verpligtinge daar, inkomste, werk, dit wat ek wil leer. Die skok raak groter, my hart raak seerder en my oë raak vol trane. Ek stuur Padda boodskap en sê bel asb.
En toe huil ek.

Sy laat my huil en toe ek bedaar begin ons praat en sy bly rustig. Ek begin die goed en blessings in my lewe raaksien. Ek besef regtig hoe gelukkig ek is, blessed. Ek het ‘n huis, familie, vriende, ek is veilig, ek kan eet, ek het soveel wat vir my tel.

Ek kyk rond en sien dit weer: despondent. En ek sê net “dankie Here ek is in my land, by my huis, by my mense. Ek het geen idee hoe die gaan werk nie, maar dankie”.
Ek gaan sit rustig weer in die Wimpy, sien mense wat ek al van vroeg oggend af sien, huil, kwaad, bekommerd, geen rigting, geen idee, almal bel, almal op hulle fone. Ek raak eintlik hartseer so saam met die bly oor tegnologie, dit vat ons so van mekaar af weg en tog connect dit ons so. Daai desperaatheid waarmee jy daai foon vashou as jy met iemand praat wat jou ken, die duidelike amper ontspan as hulle met hulle mense kan praat. Voor ek kan bestel kom dieselfde girl terug wat my bedien het “here you go Mami, a warm Mega coffee”. Ek smile en dink hoe great is dit.
En toe kom my eintlike les. Ek wag vir my boetie om my te kom haal. Koop vir hom ‘n Fanta en soek ‘n Crunchie. Girl sê anderkant van toonbank. Ek kyk en sê “ohhhhh, not a good day for me, no Crunchie, no flight”.
Langs my staan ‘n swart vrou, werk daar, pragtige ronde gesig en sy sê “Lovey, never say that it is a bad thing. There is a reason the Lord does not want you on that plane, just believe. “ Sy wys na ‘n sjokelade toe met muesli en sê “that one is very nice”. Ek lag en koop dit en ‘n ander een ook en gee dit vir haar. Sy sê nee, ek smile “ my dear, there was a reason I was sent to this stand today to get that message from you. Thank you and you enjoy this, thank you for speaking straight to my heart”.
Ek is so bly toe ons wegry van die lughawe af, die despondent gevoel verdwyn met elke kilometer wat ons ry weg van daar af.

Ons weet steeds niks, rumors is daar hope van. Ek bly tussen “ek is blessed en eintlik regtig bly om hier te wees” en ” dis regtig nie hoe ek dit wil doen nie”. Iewers in my besef ek meer en meer die preek van Sondag en besef ek het ‘n vêr pad om te stap na my gees- deel toe. Maar vir nou, nou sê ek net dankie🌻🙏

They are real…

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feit is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Virgo storm die beheer kamer in “Frannie is weg, sy het ontsnap saam Silver, ek hulle hier gesien verby jaag met so lug Harley- look -alike masjien”. Appeltjie, sit in hierdie GPS goed en sorg dat jy bybly. Aalsie smile “jy het haar getrack ne?” Virgo skud haar kop. “Natuurlik, sy het so probeer my ontglip sy het glad nie agtergekom ek sit ‘n tracker op haar nie. Hulle is maan toe, ek weet mos hy sal met haar wil tango en waar sal sy hart swart kan wees teen Frannie, net een kyk en hy is uitgebowl.

Appeltjie sit gemaklik in die beheer stoel en stuur ons agter die twee aan. “Bly aan die skadukant, moet nie laat hy ons sien nie, ons sal elk geval kan sien as iets gebeur” Virgo wil nog praat toe flits die Harley – look- alike by hulle verby reguit terug na Xenia toe. “Trommetjies wys na hulle “dit meen moeilikheid, volg hulle”. Appeltjie draai dadelik agter hulle aan en sien hoe Frannie baie verbaas omkyk en hulle gewaar en beduie om te volg.

Die landing op Xenia veroorsaak groot chaos onder die dansende wesens. Op die groot skerm kan ons almal sien die drie is gedaan gedans en die heupe wil nie meer nie. Positief, kry solank vir hulle elkeen so lekker gelaaide ” groen vape” reg sodat hulle so bietjie balans in hulle lewe kan kry, hulle gaan daai ontspan nodig hê, Christa, kry daai “healing laser wand” solank reg, jy en Trommeltjie gaan moet oor hulle hou en beweeg sodat daai spiere en ligamente in hulle heupe kan minder pyn. Doen sommer so van weerskante af.

Seegogga, kan jy daai mooi skildery wat jy geverf het op die roof en surround mure sit laat dit vir hulle rustig lyk en ons hulle so bietjie laat bedaar sodra hulle inkom, hulle het nie baie stimulasie nodig nie.

Sonell, jy bly in die stuur by Appeltjie, sodra hulle in is, ek gee nie om watter rigting nie, maar dit is warp speed hier uit. En sorg dat jy bietjie van daai invisibility seine stuur dat hulle ons darem nie dadelik kan track nie.

San, jy en Ekmyself het nodig om vir Silver in daai toesluit luik te kry, ek weet nie hoe nie, maar doen iets. Ons sal hom moet saamvat want lyk my hy het groot mag hier op Xenia.

Sonell, sit aan die klank laat ons kan hoor wat gaan daar aan, Silver praat al ‘n hele paar minute met hulle.

Sy stem klink soos altyd, diep en rustig. Frannie staan so half agter hom. Die drie is gedaan, hulle swaai maar net so heen en weer. Die wesens lyk nie baie vriendelik nie, maar hulle luister.

Silver wys na die drie, die wesens kyk om na hulle. “Julle kan sien hulle is moeg, hulle is nie van hier nie. Ons het nog nie eens gekyk of hulle die merk het nie. Wat doen ons as hulle gemerk is? Hulle kan nie hier bly nie, hulle mag nie aan die voortplanting projek deelneem nie. Daar is net een manier, hulle sal moet wys.” Die wesens klap en skreeu en sing en is blykbaar baie opgewonde oor die voorstel. Virgo kyk vir Aalsie “waddehel praat hy van. Wat se merk?” Allasie trek haar skouers op, “ek weet nie, maar hy is slim, hulle sal nou wag om te sien watter merk hulle moet wys” .Silver praat met Frannie, sy kyk vir hom “Is jy ernstig, dit gaan mos nooit werk nie”. “Frannie, asseblief, ons moet hulle hier uit kry en weg, daar is nie nou tyd vir stry nie, doen dit net”.

Frannie trek haar rug regop en praat in haar helm in “Una, Toortsie en Woordnoot, dit gaan simpel klink, maar al drie van julle gaan nou iets doen in die volgende orde. Trek oop julle pakke laat hulle kan sien of julle naeltjies het , tel hard saam tot by 5, draai om en wys hulle dat julle boude het”. Die drie se koppe ruk op “Wat!!” Frannie skud haar kop, “doen dit net, dit is al manier hieruit. “

Una kyk na die ander twee, “ek is so moeg ek wys nou enige iets” Sy maak haar pak los en kyk vir die ander twee “toe, maak oop, niemand ken ons hier nie” Pakke oop en al drie lig op om hulle naletjies te wys. Die wesens word doodstil, “4, 5” die drie draai gelyk om en wys boude. Dit is doodstil. Die wesens begin stadig terug tree. En hou net aan terug loop, hulle kyk glad nie weg nie, die skok duidelik op hulle gesigte.

“Maak toe julle pakke, en wees reg, as daai koepel lig is julle tot hier by my en moet niks praat nie,” hulle hoor Silver se stem . Die koepel begin oopskuif en gly gemaklik terug en daar staan die drie. Woordnoot is eerste om te beweeg, sy het genoeg gehad van wurms en wesens en dans, sy wil net na die ruimtetuig toe en die ander vroue sien, van Xenia het sy genoeg gehad. Die ander twee volg haar en Sonell het al die luik oop sodat hulle kan inloop.

Frannie lei hulle na die deel waar hulle sal gaan herstel en San stop hom toe hy vir Frannie wil volg. “Nee wat Silver, kom saam ons, daardie drie sal eers bietjie moet was en beter voel en ek is seker Frannie sal hulle wil help, jy kan nie nou daarin nie. Dit was regtig besonders van jou om te help met die reddings poging, baie dankie. Kom ek maak vir ons koffie, en daar is van daardie lekker brood van Frannie. Silver volg San in. Hulle is net in toe Ekmyself vra of San haar gou kan help, San glimlag en verskoon haarself en toe sy uit is sluit die luik agter haar. “Jammer Silver, maar ons moet eers hier wegkom en dan kan jy uit” Silver skud sy kop, sit op die gemaklike stoel en leun agteroor. Hy kan voel aan die tuig dat hulle gewone spoed is nou, hulle is so vêr weg van Xenia, hy hoop net hulle weet waarheen hulle gaan. Solank hulle net in die Empty Quater ingaan nie, hy glimlag, hoe sal hulle nou ooit daar uitkom. Hy sit sy hande agter sy kop sy voete op en leun terug in sy stoel.

Die tuig wat met warp speed weg gevlieg het, is nou op gewone spoed. Sonell en Appeltjie kyk rond, lyk vreend, so half leeg om hulle, maar hulle vlieg rustig voort. Voor hulle lyk soos ‘n skip-wrak, hulle vlieg soontoe om te kyk wat dit is, nie te naby nie, maar dat hulle darem kan sien.

In die lokaal waar die drie dames versorg word is dit in rep en roer, almal praat gelyk, dit is lasers en wands en vape masjientjies en vars klere, almal is verskriklik besig. Die drie begin kort voor lank saam praat en almal lag en gesels.

“Virgo”, dit is Appeltjie en Sonell. “Ja” “umm, kan jy gou na die stuur kajuit toe kom asseblief”. Virgo frons, iets klink nie reg nie.

Virgo kom in en stop in haar spore. Haar oë so groot soos pierings.

Haar keel is baie droog, sy probeer sluk, maar niks is daar nie. Saggies, baie saggies roep sy” Aalsie, San, bring vir Siver, stadig, moet niks praat nie, bring hom net en sluit die luik in die herstel kamer waar die ander vroue is”

Silver kom in en stop in sy spore. Die ander twee kyk op en San wil omdraai, maar Silver hou haar arm vas “staan stil, moet nie beweeg nie”. Sonell en Appeltjie, hoe lank was die lug so skoon, so stil en sonder sterre?” Hulle kyk vir mekaar, “al ‘n lang pad, dis hoekom ons so bly was om die ou skipwrak te sien en ons nader gegaan het”.

Christa kom in saam met Trommetjies en albei stop dood in hulle spore. “Wat op aare is dit?”

Una kom in en lyk heel gerus na haar herstel en kyk op na die venster.

“Julle, ek weet ek het ge-vape, maar sien julle daai ding op ons venster voor? Segogga staan langs haar, “hmmm, vreemde kleur en ek is nie seker of ek daarvan hou nie. Silver maak hulle beide stil.

Positief stap in en is halfpad in die vertek in tot sy opkyk en dood stop in haar spore.

“Oh hell, ek het gedog dis net ‘n movie! Hulle is real!

Ridley Scott confirms new 'Alien' horror film in the works - Esquire Middle  East

In the Jungle,the mighty jungle…

Lees al die avonture hier: https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

Trommeltjie hou die bord bewerig vas, ek gee haar ‘n groot druk. Moenie worry nie Trommeltjie, ons gaan heeltemal okay wees. Ek tel die stene op en gooi…


6!


Die Bloues storm weg en hol in hulle honderde verder. Ons almal staan daar langs die rivier, die kalf ook – langs Trommeltjie en dink beslis dis sy ma. Ek kyk skielik op, ek is seker ek het geweer skote gehoor. Ek kyk om en sien Toortsie het dit ook gehoor, Aalsie wys vir almal om stil te bly. 


Kwa! Kwaaa! Gaan die skote af. Appeltjie wys na die heuwels se kant toe en sê sy dink dit is van daar af. Die volgende oomblik begin die aarde bewe, mens hoor net hoewe en ons almal besef iewers is ‘n stampede en wat dit is weet nie een van ons nie. 


Water toe julle!!

Seegogga gil net “daar is krokodille en Toortsie kan nie swem nie” Ek skree net weer, “water toe” en begin hardloop. Ons almal hardloop, die kalf agterna. By die rand stop ons en kyk af en daar lê seker ‘n stuk of 10 seekoeie in die water. In my kop dink ek net “ons het julle hulp nodig vandag asseblief” Een van die groot seekoei bulle draai om na ons toe, stap uit en ek hoor sy stem in my kop “kom, ons kan help”. Ek skud my kop en dink ek het tog nie afgeval van daai bees af nie, nou hoor ek al stemme. Dit moet stres wees.


Die bul draai weer om en sê half benoud, “julle moet nou kom, die diere kom nader en die mense wat hulle jaag skiet nie mis nie” Ek kyk om na die vroue, almal kyk met groot oë na die seekoei.”Hardloop, elkeen kry ‘n groot seekoei en klim op, hulle sal ons oorvat en weg van die chaos” Sonel skud haar kop “hoe bedoel jy klim op, daai goed maak meer mense dood per jaar as enige ander dier” Ek gryp haar aan die arm en Frannie aan die ander terwyl ek afhol teen die wal en hulle gil. Al die goue vroue is agterna.


By die vlak water stop ek, groet al die seekoeie in my kop  en sê dankie vir hulle hulp, hulle maak hulle mooi geluide en lê reg dat die vroue kan opklim. Sonel is op ‘n koei, woeps gly hulle weg in die water in, Una lag net, vergeet van haar glips, sy klim op en kan nie ophou om die koei te streel nie “sy lyk soos Gloria” is al wat ek heeltyd hoor. Toortsie staan gevries “Toortsie, klim, daar is nie tyd nie, wat ook al gejaag word is nou hier en dan is ons pannekoek plat getrap of geskiet laat ons soos ‘n tee-sif lyk”. Toortsie staan, Woordnoot en Positief gryp vir haar, een aan elke arm en trek vir haar wal af terwyl sy daai twee bene stokstyf skop want sy wil nie water toe nie. 
Seegogga is in haar element en doen sowaar so klein dans passie op haar seekoei. San sit kruis bene op haar seekoei se rug en ek wonder waarna sy so staar. En toe besef ek dat ek seker is sy skryf ‘n gedig in haar gedagtes. 


Aalsie is verstom en kyk vir Trommeltjie en die kalf en sê net “ek dink ek en Virgo kan met hulle praat” .   Trommeltjie frons “hoe meen jy met hulle praat? Met die diere? “Aalsie skud haar kop, ja, ek kon duidelik hoor wat hy vir Virgo gesê het. Dit is ongelooflik. Kom, julle twee moet op daai groot koei daar klim nou, die trop is amper hier” Aalsie glimlag toe sy op haar seekoei klim en die koei haar vertel van die verskriklike klomp wild- diewe wat hulle so teister en definitief die rede is dat die klomp diere so storm. Al die vroue is net op en gly deur die water toe die trop buffels deurbreek en die aarde harder bewe. 
Ek kyk om en is heeltemal stom dat Christa en Appeltjie sowaar elkeen ‘n kamera het en fotos neem dat dit gons. Christa draai om en neem ook fotos van die vroue elk op hulle seekoeie. Die eerste klomp jong buffels het die waterrand bereik en hardloop in. Dit klink verskiklik hoe hulle die water binne hol. San kyk om en wys vir ons iets. Almal kyk in die rigting en sowaar daar kom die klomp diewe op hulle Quad bikes agter die trop aan, die skote klap omtrent. 
So groot man met ‘n wilde rooi baard jaag langs die rivier af saam met ons en 2 ander volg hom. Hulle het groot gewere en  stop so ent voor ons en lê aan om seker te maak ons sal nooit hiervan kan vertel nie. 

San beduie en skree, lê plat, hulle skiet dalk iemand raak. Ons almal slaan plat neer op ons seekoeie, ek kyk om en sien sowaar beide Christa en Appeltjie probeer fotos neem om die diewe te herken later.


Ek hoor Aalsie se gedagtes toe sy hulle seekoei vra om net so kort duik te vang dat beide die twee sal plat lê en net so woeps, duik die twee. Christa en Appeltjie gee elk so gilletjie en lê plat en hou. Frannie wys haar na iets voor ons en ons kyk soos een man om. Daar is ‘n verskriklike groot krokodil wat in ons rigting swem. 


Ek kyk vir Aalsie, sien sy stoot haar ken uit “bly jy nou net daar waar jy is, jy kan mos nou sien hier is moeilikheid, as jy iets wil vang, wag vir een op daai quad bike met die rooi baard, maar jy raak nie aan een van hierdie vroue nie, verstaan ons mekaar?” Ek kan voel hoe dink die krokodil. “Het jy vir my mooi gehoor of moet ek dit herhaal? Die krokodil laat die water spat soos hy sy kop ruk en momel “nou goed, ek weet ek mag geen bevel van ‘n diere-prater verontagsaam nie, maar ek sal jou onthou as die spel oor is en hy verdwyn onder die water in. 


Die vroue is stom, almal kyk na Aalsie, Trommeltjie wys na my toe en sê sy ook. Daar is ‘n vreemde stilte onder ons en skielik hoor ons die gil van die rooi baard- man toe die krokodil hom gryp. Die seekoeie volg die water en gaan om ‘n draai dat nie een van ons kan sien wat gebeur nie. 
En net toe ons dink dit raak nou so bietjie ongemaklik stil oor die vreemde gepraat hoor ek vir Woordnoot, San en Antoinette uit volle bors sing “in the jungle the mighty jungle..” Die vroue skaterlag vir die drie en ons almal begin saam sing aan “the lion sleeps tonight”. ..


Ons almal weet sodra ons aan die anderkant van daardie wal kom is dit Appeltjie se beurt om die stene te rol.

My beurt…

Dis nou jóú Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf.  Ons is geanker in die werklikheid maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer.  “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt.  Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.

Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).

Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352

Ek wil glad nie Saterdag terug gaan oase toe om Sondag te begin werk nie. Daar is dit nou. Ek het dit gesê. Ek is oor verpleeg. Regtig, eerlik en opreg. En dis nie die pasiente nie, eerlik. Hulle is die plesier daarvan steeds, tot die wat hier is. En glo my, hier word die teorie van evolusie honder persent bewys, of jy glo of nie.

Dis al die politiek, al die drama en skynheiligheid en valsheid. En management. Die feit dat jy goed is met iets meen nie jy wil dit doen of jy geniet om dit te doen nie. Want ek doen nie, eerlik.

Die verlof was seker die weirdste wat ek nog ooit gehad het. Het omtrent eerste helfte getrek, gesorteer, na iemand anders se huis gekyk, dinge gedoen en toe skielik besef ek is eintlik op verlof, vir die eerste keer in 2 jaar. Dit was net weird. Glad nie soos verlof gevoel nie. Die feit dat SA sou oopmaak vir ons was great en toe begin al die gemors met die nuwe strain van die slimgriep. En daar moet jy skielik in ‘n groen land wees vir 14 dae nadat jy uit SA uit is en dan nog 10 dae hier issoleer. So…ek kon sowaar amper 6 dae uit my hele verlof geneem het om SA toe te gaan. Ek kon nie, want as daar ‘n lockdown was, was ek met my vinger in my oor. So dit word toe lokale verlof.

Ek is so bly om weer in Dubbels te wees en te bly, vir my is dit letterlik 3 aande per week, res is ek in oases en doen Air BNB daar, ek kry nie weer ‘n plek nie. Worst case scenario vir my maak ek einde Februarie daar klaar en kom terug Dubai toe tot ek kan huistoe.

Daar is baie hartseer oor my neef dood is. Hy was regtig my ou Darling, net een van daai mense wat so in my hart gekruip het. En net so…toe is dit oor. Hy rus sag, onder ‘n Maroela boom op die plaas in die bosveld, net daar waar hy wou wees. Skielik hoor ek van so baie mense, die devestation, die skok, en in n mate die isolasie paniek, soms oor hulle nie mag gaan nie, maar meestal oor hulle dalk mag gaan. En ek besef al hoe meer hoe ons isoleer. En dit word so stelselmatig gedoen, dag vir dag. Ek wil nie oor slimgriep praat nie, ek is oor dit, maar die effek…Ek sien by die werk is daar nou 51 van ons personeel uit so 240 personeel positief tussen Donderdag en gister. Tjoef, net so. 51!!! Want al wat logika is, is by die venster uit. Mense is gedaan gewerk, hulle doen te veel ooryd oor tekort is aan personeel, hulle gestelle is af, hulle eet gemors en hulle slaap nie. Hulle het nog geen breuk gehad van al die pes begin het nie. Ek is so oor die “our hero’s!” twak. Stop die belddie super hero gemors. Kry mense, gee ons ook tyd af, soos in maande. Besef ons is ook mense en het nie soos die res van die wêreld tyd gehad by ons huise nie. En my kinders het geen sê nie. Die beddens in ons hospitaal het verdubbel, hulle werk meestal 6 dae 12 uur skofte uit 7 dae en al wat hulle kry is hel, van alle kante af. En die eienaars glimlag baie, baie breed want die gelde rol in. Genoeg, ek raak net naar vir hulle.

Ons is strand toe in die oggende, heerlik. Die water is so om en by 29 grade so net na 5 en heerlik om net in te hang en te voel. Padda het gaan paddle, ek was lui, ek wou net in die water hang en dryf en net staar. Ons kyk Netflieks, ons lees en hou ons besig, heerlik. Die dae is ongelooflik warm, seker so 10 grade laer as in die oase, maar dit is die humiditeit wat mens so moeg maak. At least gaan ek weer begin swem sodra ek terug is by die oase.

En toe die grootste verassing van alles. My boetie kom kuier vir 2 dae, wel, eintlik het hy besigheid gedoen, maar vir 2 aande kom slaap hy hier by my in Dubai. Dit was wonderlik om hom te sien, en te hoor en hom te kan bederf. Seker ‘n vraat, maar wens was langer.

So ja, in neutedop is dit my maand wat amper verby is.

Wat ek weet is ek dink ek het weer half mens geword. Ek voel nie ek is reg om iemand met die kop te stamp as hulle met my praat nie. My stemtoon klink weer normaal. En skielik besef ek dat ek weer krag het. En so min lus soos ek het om terug te gaan, het ek onthou dit is my brug. Dit is wat my oorgang moontlik gaan maak en ek is ok.

En vandag, vandag stuur my pal uit Skotland vir my die en ek smile. Want ek kan onthou wie ek was, wie ek weer word….

Christa, ek dink is jou beurt. Hier, vat die stok by my…

ABBA -partytjie op Rebus raak groen..

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

Virgo kyk na die spul vroue wat skielik verskriklik baie eet, dit is een bak tjips op ‘n ander. Sy frons en loop na die kombuis toe. Sy skud haar kop, maar weet klaar wat aan die gebeur is. Toe sy in die kombuis instap is haar vermoede bevestig. Daardie Guacamole dip…. Iemand het die verkeerde dip na die partytjie toe gebring!

Ousus, hier is nou moeilikheid. Una lag en dans en sy sing steeds uit volle bors, Frannie sing saam, nie een het ‘n mikrofoon nie, maar aan die twee is daar geen keer nie. Aalsie en Toortsie soek net nog dip en tjips. Positief frons en kyk na Toortsie. “Maar tjippies is mos nie banting nie”. En Toortsie lag net en gee so groot draai met ‘n Voulez-vouz en eet verder. Trommeltjie en Scrapy probeer ‘n rap version van Eagle en Mamma Mia doen en skaterlag elke keer as hulle ‘n nuwe versie gesing het. Seegogga dans op haar eie, besig met ‘n massiewe painting teen die wit agtergrond op die verhoog. Die hele ABBA brigade staan en verkyk hulle aan haar en bring net verf nader en eet self heerlik aan die dip.

Ek gryp Positief aan die arm, wink vir Sonel en verduidelik dat ons ‘n groot probleem het. Soos een mens kyk ons al 3 om en sien waar Appeltjie en Pierce heerlik lag en die tjippies en dip word sommer so ingelaai. “Julle, hier is nou drama”. Danie staan nader , skud sy kop want hy sien Una en Frannie sing steeds.

Woordnoot kom nader, groot frons op haar voorkop. “Julle, mis ek iets, want die vroue is nou nie meer hulle self nie?” Ons 3 kyk vir mekaar. Woordnoot, hierdie dip is..ummm.. wel… dis…

Sug.

Woordnoot, hulle het die verkeerde goed in die dip gegooi. Dit is vir my verkope…

Woordnoot frons en is nog nie heeltemal by nie. “Hoe bedoel jy? Jy is mos nou ‘n bossie dokter, hoe bedoel jy is vir jou verkope? En dit is toe sy dit sê, dat die besef haar tref. “Neeeeeeeeeeeee”. Os al 3 knik ons koppe.

Die vroue eet “Medicinal Guacamole” (for a lack of a better word).

“Hoe het dit gebeur” Ek kyk na Woordnoot en skud my kop. Ek is nie seker nie, jy weet my karavaan is altyd op en almal weet ek toor met bossies en plante. Ek het groot klomp gemaak, is besig met eksperiment om te sien of ek juis die effek kan wegvat en meer van medisinale kragte kan gebruik, op ander manier as al die ander kwekery, maar iemand moes dit gevat het in stede van die hoop Basil wat ek ook so gemaak het spesiaal vir die dip vannand. Daai Basil is ge super charge en dis seker die oor ek so daaroor gespog het dat wie ookal gedink het dat dit die klomp Basil is. Dis mos nou alles in ‘n paste.

Positief en Sonel kan self nie ophou lag nie, ek frons en selfs Woordnoot begin lag. Ek kyk om ,dit is ‘n wonderlike partytie en die vroue geniet hulle gate uit. Die hele ABBA crew is gaande oor die geverf en Pierce is heel ontspanne en praat asof hy lang verlore familie van Apeeltjie is.

Die volgende oomblik spring hy op en kyk stip – daai regte Bond, James Bond look af na die verhoog toe. Hy klim oor sy stoel en met mening loop- hardloop hy verhoog toe. Ons 4 staan hom en kyk, Appeltjie waai en eet verder. Hy stop voor die verhoog, trek sy swark pak reg en spring op soos ‘n wafferse bergbok. Hy kyk stip na iets en beweeg dramaties, soos ‘n Flamenco danser stadig nader… “Oooooo, neeeeee, julle ons moet keer, nee asseblief nie”, die ander 3 kyk om toe Virgo praat en die skaterlag wat onstaan is iets anders. Pierce gryp die silver paal vas en draai homself om daardie paal asof sy lewe daarvan afhang. Vannand pole dance James Bond…

En dit is nie lank daarna nie toe die hele ABBA kroos en Goue Vroue self nader hardloop om te kom deel in die dansery…


Positief, ek dink jy moet verder vertel.

Die kasteel en die les..

Una het dit begin, en toe het Woordnoot met haar kers-verjaardagpartytjie vir ons elkeen ‘n pakkie in die hand gegee en ons saamgenooi na ‘n Learjet wat saggies op Rebusfontein kom land het en ons voor hierdie lieflike kasteel kom neersit het. In ons pakkies was daar vir elkeen ‘n sleutel …

Volg die verhaal HIER waar jy elkeen se skrywes sal vind:

Inlinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871

Virgo staan en kyk al die vroue aan wat so opgewonde oor hulle sleutels is. Iewers diep binne voel sy so effens naar, daai gevoel wat mens kry as jy bang is maar nie wil sê nie. Sy tel die sleutel op, dit is oud , regtig oud. Dit is yskoud. 

Ek voel so in my sakke en voel die flitsie, my foon, aansteker wat ek om een of ander rede ook by my het. Ek skud my kop en begin stap. Die vroue het een na die ander in hulle kamers verdwyn. Skrik my yskoud toe ek die bleek , maer mannetjie hier voor my sien. Hy het geen uitdrukking op sy gesig nie, lig sy wenkbrou en draai sy kop om te beduie ek moet af met die trappe. Nice…. En ek gaan kelder toe.

Die deur is net na die trappe aan die linkekant. Ek sit die sleutel in en draai. Die deur swaai oop en ek stap in. Dit is pik donker, ek voel my hart begin harder klop, my asemhaling is vinniger en net so DWHAAA… slaan die deur toe. Ek het my flitsie uit en aan voor jy kan sê mes.

Dit wat ek kan sien is oud, maar pragtig. Daai prentjie wat jy in jou kop het as jy na ‘n regte ou swart en wit foto kyk en jy verbeel jou wat die kleure was.

“Ek is bly jy het lig gebring”. Virgo gil ‘n vloekwoord uit wat nie geskryf mag word nie, nie heeltemal seker of haar blaas vol is of nie. “Is jy heeltemal simpel? Wie de hel is hier?” Die stem lag saggies, vreemd, dit voel of die klank van oral kom, soos in die fliek met die nuwe surround-sound. “Ek is Swart”.

 Virgo frons “Wat meen jy met ek is Swart? Wat is jou naam? “

 “My naam is Swart, ek is ‘n kleur, sover ek weet een van jou gunsteling kleure ook as ek  dit nie mis het nie”. Iewers in my begin ek dink, okay, en daar is nog 7 ure en seker twee en vyftig minute oor en dit is nog baieeeeeee lank voor daai deur oop gaan. My geluk om in dieselfde kamer te wees as iemand wat of ‘n break down het of heeltemal te veel rillers gekyk het.

Swart lag weer, saggies. “Ek kan eintlik jou gedagtes voel, jou hart klop so vining en jy probeer uitwerk hoe lank jy nog hier moet wees. Jy het geen idee hoekom jy hier is nie” Virgo skud haar kop. “Eerlik, ek het nie, ek wou nie saam nie, ek het te veel goed gehad om te doen, maar ek mis die Goue Vroue, hulle hou my voete plat op die grond. Ek het gevoel ek is sover weg van myself af en my siel voel swart” Sy bly skielik stil..

“Dit is hoekom ek hier is, oor ek binne swart voel”. Sy hoor die diep “Hmmmm”.

My kop werk in turbo rat. “Dis oor ek al daai weird goed lees wanneer ek tyd het ne, nie die mainstream goed nie want ons weet almal hulle belieg mense heeldag. Hulle laat net toe wat hulle wil he ons moet dink” Dit is stile n dit is swart. En dis al.

“Ok, is dit oor ek so voel oor my werk, of liewer dat ek dit nou as werk sien en so siels ongelukkig is daaroor?”

Stilte.

Swart.

Ek voel die paniek so in my opstoot. Die waarheid wat net wil uitkom, die swart wat moet gaan. Skud my kop. “Ek dink nie jy besef dat om ‘n Virgo te ignorer is seker een van die ergerer dinge wat jy kan doen, dit maak ons half uithak.”

Stile. Nog swart.

Ek skyn my flitsie rond in die vertek. Dis verbasend skoon, geen stof, geen spinnerakke nie (dankie Vader daarvoor). Ek stap nader aan die kas met die fotos op, kyk hulle een vir een deur. Die laaste een val ek amper om. Dit is ek!

Waddehel? Dis ek , lank terug, al wat jy sien is tande soos ek lag, dis op die kibbutz, mens sien omtrent nie my bed nie want al wat volunteer is , sit daar vir die gewone middag kuier. My oë blink, ek is vry en gelukkig, geen frons.

Ek kyk om, ek soek hom, maar dit is soos om met jou skaduwee te prober baklei. “Wat gaan aan?” Stilte.

Ek voel die knop in my keel word groter en ek sluk. Haal net diep asem, stadig, asem in asof jy blomme ruik, asem uit of jy blare weg blaas. Herhaal.

“Mis jy haar?”

Die dam bars. Die trane loop, ek snik, my lyf ruk. Ek huil, dis donker, ek is alleen en ek is so ongelooflik moeg. Ek huil harder. Ek weet nie hoe lank dit aanhou nie, maar later begin dit effens bedaar. Vreemd, voel soos iets op my vel, soos dit voel as mens in digte mis loop, net nie nat nie en warmer.

“Dis vir my wat jy voel” Ek frons, snik nog so nou en dan. “Hoe is dit moontlik, jy is net ‘n kleur”. Daar is so sagte geluid, amper soos wanneer iemand tong klik. “Ek is soveel meer. Ek is jou gemak, jou ‘comfort zone”.Kyk hoe lank het jy my in jou rond gedra, selfs nou, veral nou. Jouself so beskryf, dit is nie net ‘n kleur nie. Jy dra my, op jou, om jou , binne in jou. Hoekom het jy al jou kleur so weg gedruk?”

Ek sit op die vloer, verbaas daar is eintlik ‘n mat, ek het nie eers besef nie. Ek kyk voor my uit. “Is jy hier oor ek doodgaan ? Is jy Mort of die Reaper?“Ek voel daardie warm gevoel oor my vel, digter. “Nee, eendag wel, maar nie nou nie. Ek is hier omdat die geheim in die kasteel is jy kry na iets wat jy binne jouself soek, avontuur, sport, pret, vrae wat beantwoord moet word. Dit is hoekom elke vrou haar eie sleutel het, wanneer julle tyd hier verby is, verander die slotte en sleutels en wie ookal ons ontdek, hulle binne- dinge word gegee of opgelos.”

Ek knik my kop. “Maak toe jou oë” sê Swart. Ek doen. “Watter ander kleur begin jy sien?” Die kleure lyk soos olie wat op water dryf voor my oë, vloei stadig en deurmekaar. “Geel”. Ek hoor sy glimlag. Vreemde geluid.

“Hoekom dink jy sien jy geel? Dis nie ‘n kleur waarvan jy hou nie”. Ek skud my kop, want ek doen nie, maar deesdae is dit om een of ander rede wat heeltyd by my opkom , karre, kosse, blomme, materiaal, kerse, selfs kristalle.

“Jy het in ‘n Alternatiewe kliniek gewerk. Wat stel geel voor?” Ek frons. “Dit is jou Solar Plexus”. Swart glimlag weer. “En dit beteken…”

Ek trek my asem in, skud my kop stadig, dit kan nie wees nie. “Dit is hoekom ek dit heeltyd sien”sê-vrae ek. “

“Ja”. Dit is jou hart wat jou vertel jy verloor jou selfvertroue, jou selfbeeld is laag en jy voel onseker… you are losing your sense of purpose. Maar jy weet hierdie dinge. Hoekom dink jy trek die naam Goue Vroue jou nader? Goud is geel. Geel is ‘n wonderlike kleur, dit is die kleur wat jou terug roep na jouself toe. Ek glimlag elke dag as jy ‘n Sonneblom op jou boodskappe sit. Ek dink nie eens jy besef dit nie, onthou, alles is energie. Dit is net asof jy nie die bietjie swart wil laat gaan nie”

Ek kyk lank af, sien niks, maar kyk af. “Ek dink almal hou bietjie swart binne in hulle. En vir my is hulle so mooi, want dit is in my opinie, die wonderlikste voorbeeld van die lewe. Van ons as mense, ons is “socoal creatures”, hulle ook, hulle draai na mekaar toe sodra dit donker word in hulle lewe, lyk altyd of hulle mekaar ondersteun. Hulle almal kyk son toe, het dit nodig om te leef, hulle lyk altyd vriendlik en hulle het die donker en die lig in hulle, soos ons almal. “

Swart vou hom digter om my “dan moet jy  jou ander sonneblomme nou begin soek. Want as jy dit nie doen nie, gaan jy altyd in die donker bly. Ek gee nie om nie, ek het baie siele hier. Maar jy het ‘n sleutel gekry en dit meen ek moet jou  ‘n kans gee, dit is die reels. Jy weet self dit is nie so erg hier nie, dit raak gemaklik, baie gemaklik. Mense verstaan as jy kla of af voel of nie lekker is nie. Hulle verstaan soveel van die dinge. So jy hoef nie te verander nie. Dink aan ons as die sonneblom land nadat die blomme dood is, ons hang net so bymekaar, kop onderstebo en niemand dink ooit iets snaaks van ons nie. Jy kan net aanhou soos altyd, vergeet van al die ander kleure. Bly by ons wat jou al so goed ken.”

Ek sit nog vir ‘n ruk daar, ek sien die dooie sonneblommee in my gedagtes en staan op, flitsie in my hand, ek sê niks, begin rondkyk, skyn hier en daar en oral die liggie. En dan sien ek dit, alhoewel dit donker is, lyk die deel ligter, dit moet ‘n venster wees. Ek tik met my vinger so teen die ligter kleur en besef, dit is werklik glas, dit is ‘n venster.

Ek kap so met die agterkant van die flitsie, niks gebeur regtig nie. Ek onthou van die aansteker, kyk met flits rond en soek iets wat ek kan brand. Niks. Ek hou die aansteker so teen die venster, met die vlam wat teen hom brand, voel my vinger raak bietjie warm, maar nou moet ek uithou. Ek sien die verf begin so snaaks loperig lank lyk, daar kom meer lig in. Ek hou aan.

Swart raak stiller en stiller, ek voel die swart wat aan my klou minder raak, ligter. Ek haal my foon uit, blyer as ooit dat ek ‘n BackBerry het wat so hard is. En ek slaan, die 3e keer wat ek doen bars die glas en skielik stroom die lig in. Ek kap verder en verder oop en kyk uit. My hart juig, ek kyk uit en weet, ek is ok….

Die Kern. Forgive me …

Die Goue Vroue pak ‘n splinternuwe uitdaging aan. Dis nou, so tussendeur hulle avonture op Rebusfontein en dan is daar boonop die maandkalender waar elkeen foto’s met ‘n storie skryf. Maar hierdie, HIERDIE IS DIE ONTKNOPING VAN ELKEEN SE DIEPSTE HARTSGEHEIME.

Diep in die hart van hierdie geel bladsye vesonke lê die geheim opgesluit.

Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie.  Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!

Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.

Die boek het my kom haal. Lees die Goue Vroue se geheime op
https://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e

Virgo kyk na die boek wat op die eerste trappie op die karavaan se ingang lê. Sy voel half haar keel wil toetrek. Sy het regtig stil in Rebus ingekom, die bike deur die dorp gestoot sodat niemand moet weet sy is hier nie. Dit is nou een skrywe waaraan sy regtig nie wil deelneem nie. Sekere goete bespreek jy met jou perd of kat of hond- nie met voëls nie, want netnou kan hulle praat. Of jy praat met jou blomme, hulle is bly hulle hoor jou en jy weet hulle praat nie uit nie. Skielik word ek bewus van mense by my. Appeltjie en Frannie staan agter my. “Ek het nogal gewonder hoekom jy so stil die dorp ingekom het” se Frannie. Sy beduie so na die boek met haar oë.

Ek kyk na hulle altwee, skud my kop” ek het regtig nou klaar daai kook befryf oorleef en nou dit, need this like a neelde in my eye”. Ek maak die deur oop,”kom in julle, laat ons koffie drink”.

Skaars is die ketel aan of ek hoor Christa, San en Aalsie se groet al van buite af. Hulle is net binne toe Kameel , Bondeltjies en Sonell (kamera in die hand) ook inkom. Woordnoot en Una is agter en skud net kop ‘nee kom, tafel toe, dit is te vol hier binne” en uit is die twee. Hulle sit sommer die Urn aan so net voor hulle inskuif by die lang banke. Toortsie kom aan, Kaaskoek in die hand en so kleiner een vir my en Christa wat geen melk in het nie . Kom, niks op aarde kan nie opgelos word as daar kaaskoek is nie. Dis asof Positief se wagwoord “kaaskoek” was en net so tjoef, is sy ingeskuif op die lang bank. Scrappy en Seegogga kom aangestap en vang spoed toe hulle die kaaskoek en koffie sien.

Die bekers koffie word aangestuur, Christa het haar rooibos tee, Virgo ook. Sy kyk op , Una sit langs haar en gee haar ‘n druk. Ek kyk na al die wonderlike vroue aan die tafel, sê so saggies in my kop dankie dat ek deel kan wees van hulle. ” Julle weet almal ek bak Jaffels vir die pienk span aan die anderkant van die tafel”. San frons, Christa ook, nie heeltemal seker wat ek meen nie. Woordnoot kyk na hule, “sy is gay”. Beide skud hulle koppe en probeer bybly met my vreemde praat.

Wel ek is geskei so paar jaar terug. Eintlik het op laat ouderdom uit die kas geval ” Woordnoot kyk weer na die twee “uitgevind sy is gay”. Hulle knik koppe. “Eintlik weet ek nie heeltemal hoe en wat nie om eerlik te wees. Ek kan nie soos ander sê ek het jare terug al geweet nie, was maar self geskok. Soveel soos ek kan praat, is ek eintlik skaam. Dit was vir my ma ‘n verskriklike skok, ek het haar vertel net na my pa se dood, om eerlik te wees net na sy verassings diens. Ons was baie oop en eerlik met mekaar gewees nog altyd. Was een ding wat ek net nie oor kon praat met hulle nie, nee twee. Ek was kwaad net as ek gedink het om hulle te vertel want ek het al 453 argumente in my kop gehad van wie wat gaan sê, hoe ek dramaties gaan uitstrom en na ‘n ver land gaan (blykbaar was Dubai nie ver genoeg in my droom nie) om jare daarna terug te kom soos in een of ander vreesliks sad movie. Dan is almal lief vir mekaar en alles is allright”

Daardie spesifieke dag, op haar bed in die sitkamer het ons gesels en sy het my so gekyk en gesê sy voel iets pla my. Ek het gesê ja, maar ek kan nie nou met jou daaroor praat nie. Sy het geglimlag en gesê “Meidjie, jy kon my nog altyd alles sê. Hoe kan jy nou bang wees. Jy is mos nie gay nie”. Dit was soos koue water in my gesig. Ek het opgekyk en sy het geweet. Sy het haar hand (altys so sag haar hande) oor haar oë gehou en net gesê “maar hoe?” en weer haar hand oor haar oë gesit.

Ek het soos ‘n hond gevoel.

” Moeks, ek weet nie hoe nie. Ek het nooit gedink of geweeet nie. Maar ek het haar ontmoet en ons bly al ‘n jaar saam. En ek voel net dit is iemand wat my respekteer en behandel soos Paps vir ma doen. Ek wil nie dit wat julle gehad het vlek nie, dit is net dit wat ek gesien en beleef het, ek voel dit is hoe ek behandel word deur haar en ek is lief vir haar. Ek is regtig jammer.” Sy het stil geword en net gesê. “kom ons praat more verder hieroor”. Sy het vroeg gaan slaap die aand, ek het gepak, ek het terug Dubai toe gevlieg die volgende dag. Ons het nie weer daaroor gepraat nie.

Ek was baie kwaad toe ek terug is. S het mooi gepraat en verduidelik. “Jy is 37 toe jy dit uitvind, dit is jou lewe lank al daar, jy weet dit. Jy kan nie net 1 gesprek met jou ma hê en verwag sy moet dit verwerk nie. Sy ken my nie. Sy het sopas na 47 jaar saam haar partner verloor. Gee haar tyd en ‘n kans, sommer ‘n paar kanse. Moet nie dit wat julle nog altyd gehad het net opgee nie.” Ek het verdedig en alles, maar S was rustig. Baie wys vir haar jonger ouderdom en glad nie so emosioneel soos ek nie.

En sy was reg. Maar wag, ek loop dit vooruit. Ek praat ‘n paar maande later met my nig en sy vertel my dat my ma haar gesê het. En hulle weet al lankal en net vir my ma gesê dit verander mos niks. Hulle het lank gepraat en ek gesê ons kom oor so paar maande huistoe want ons wil mekaar se familie ontmoet.

Augustus gaan ons SA toe. Ontmoet mekaar se ouers. Haar ma en pa is geskei, net haar pa en stiefma kom, my ma is daar, my boetie en skoonsus en van haar broers en haar tweeling suster. Dit is eintlik ‘n heerlike kuier. Haar pa so kwaai soos my ma, blykbaar nie een wat ooit met enige van die vorige meisies gepraat het nie. Ons gesels heerlik en kuier omtrent. Toe haar pa hulle ry gee hy my groot druk en ek sien al die boeties en sussies is stom. En my ma, my ma roep ons in een dag en wys vir S om op die bed langs haar te sit. Ek weet sommer hier kom dit nou. My ma het haar hand gevat, trane in haar oë en verskoning gevra dat sy haar veroordeel het sonder om haar te ken; en dankie gesê dat S so mooi na my kyk. Dammit, sy was so amazing sterk mens my ma, kwaai, maar sterk.

Dinge gaan goed, maar ook moeilik. Dubai is ‘n vreemde plek, soms sluk hy jou in ,soms spoeg hy jou uit en hou jou uit. S word uitgespoeg, verloor haar werk, soek weer, begin weer en herhaalde proses. Sy werk soos ‘n hond, leer en groei en bly positief. Sy is regtig ‘n ongelooflike goeie mens. Sy is een van 6 kinders, gewoond om alles te deel, nooit stilte nie, altyd een van boeties of sussies daar. Daar bly letterlik op ‘n stadium 4 ander mense by ons in die huis, maats, familie, tot die ander suster en haar man en 2 kinders in 2 slaapkamer woonstel. Ek begin in my dop trek. Ek wil stilte hê, ek wil nie heeldag mense om my hê nie. Dit is moeilik, want dit is familie. Dit hou net nooit op nie.

My familie toe ek grootword was my perd. My broer is 6 jaar ouer en hy het sy dinge gehad. Ons was ver op ‘n plaas, ek het stilte geniet en was self so toe en gaan verpleeg het. Wanneer ek terugkom, is ek op die plaas- doen my ding, sien mense wanneer ek hulle wil sien. Sê mos, het altyd een of ander movie wat in my kop speel.

So goed soos die begin was begin dinge minder goed gaan. Ek werk myself stukkend, dan hoef ek nie by die huis te wees en te deel nie (ja okay, ek is selfsugtig). Naweke is ek moeg en ek begin weer my emotional eet. Hoe meer dae hoe meer killo’s. En hoe groter ek word hoe minder aangenaam raak ek. Ek wil nie uitgaan nie, ek is groot en warm en wat dra mens as dit so warm is soos “fried hell” in elk geval. Ek wil regtig nie elke naweek by ‘n ander suster gaan kuier nie en wil net alleen tyd hê. Probleem is as mens so voel besef jy nie dat die ander persoon net nie daar wil wees nie, enige plek maar daar waar jy is.

Met tye gaan dit beter, ons is sowaar alleen vir ‘n maand of 3 ander palle trek in wat werk verloor het en geen huis het nie. Hoe sê mens nee. Ek raak meer stil, ek begin oplyn leef en maak met die vreemsdste mense vriende op die vreemdste groepe. Ek dink feit dat ek so eerlik is kry my uit baie benoude en gevaarlike situasies uit. Soveel so dat hulle half na my kyk. Ek besef net in daardie tyd in my lewe hoe min meeste mense regtig weet wat oplyn aangaan en hoe ongelooflike scary plek dit is. Dinge maak vir my sin oor hoekom ouers geen beheer het nie, kinders word met die tegnologie groot wat ons moet leer en ons dink ons kan hulle blok en sensor- ha! Ek bid en sê net dankie ek het nie kinders nie en bid net dat mense sal ophou fotos van hulle kinders opsit wat so misbtuik word sonder dat hulle dit besef. Ek raak stiller. Sy werk meer en is ongelooflik fisies aktief, rugby, gym, sport mal. Ek , umm nee, soos ek sê, geen mens van daai gewig wil beweeg nie.

In 2008 besluit ons om te trou. Ek vra my boetie of hy my sal “invat”, ons doen net seremonie, ons is in hof getroud die dag voor dit. En daardie dag in die hof, toe weet ek al, die is ‘n fout. Toe my boetie my invat, stop hy en vra my”is jy seker hieroor”. Ek lag en sê natuurlik is ek. Hoe sê ek nou nee, ek is nie, ek wil eintlik weghol maar ek is te dik om te hardloop, ek het geen rigting nie, ons is naby die wildtuin en ek is maklike prooi en ek raak deurmekaar oor watter kant van die pad om te ry as ek stress.

Dinge gaan nie goed nie, ons leef soort van in ons eie wêrelde. Niks lelik of baklei nie, net nie saam nie, maar tog saam in een huis. In 2012 besluit ek genoeg hiervan en gaan vir ‘n gastric sleeve. Ek is so dik soos donderweer teen daardie tyd. Ek is ok, begin gewig verloor – die emotional eater in my kop steeds daar. In 2013 gaan ek States toe en gaan kuier vir een van my beste palle. Dit gaan goed, ek lyk amper weer soos ‘n mens en ek en S gesels elke dag. Sy het net begin met projek en gesê sy kan nie saamkom nie. Ek kom terug, ek oefen en ek hou aan verloor. Saam, maar nie saam nie.

In Julie na ‘n ete saam vriende bars die bom in mate. Ons praat en besluit ons gaan seperate daardie aand.

Dis regtig weird hoe dit voel daai oomblik wanneer jy dit hoor. Dit was al lankal oor, ons het dit albei geweet, maar die eintlike woorde… Ek is geskok (dramatiese musiek vir sad scene begin in my kop). Waar gaan ek heen nou? Waar gaan ek bly. Wie is ek nou? Ons praat tot in die oggend ure. Ons besluit ons bly in die woontel, elk het ‘n kamer, hoe anders dan. En so begin ons seperation. Ek is nie kwaad nie, geskok ja, maar nie kwaad nie. Ek dink ek moet dit red, maar hoe. Dinge raak weird, sy is regitg ‘n pragtige mens en daar is al jare ‘n klomp vroue agter haar aan, so die nuus verprei gou aan ons kant van die jaffel tafel. Mens mag mos nie daaroor praat hier waar ons is nie. Ek doen iets waarop ek minder trots is. Dit loop uit op ‘n helse geveg waar ek haar so seer maak met woorde soos ek voel. Dit is ‘n baie lelike kant van my, ek maak haar so seer en stukkend met my woorde. Ek trek uit.

Ek bly ‘n lang tyd stil. Una kyk vir my. “Jy het my nog nooit hiervan gesê nie”. Ek skud my kop. “Nee ek het nie. Soos ek sê not my best moment.” Ek kyk na die boek, die bladsy vorm en ek weet dit staan nou geskryf, die gat word kleiner.

“Ek het in my eie woonstel ingetrek, ek is ‘n maand later ge-retrench by die nuwe werk wat ek gehad het. Ek was omtrent in ‘n toestand. My neef soek wooplek, hy vat my woonstel oor en ‘n pal vra sal ek haar plek oppas vir ‘n maand sy gaan op verlof. En so begin my nomade bly vir ‘n paar maande. En hoe wonderlik was dit nie. Alles wat ek het pas in my kar, ‘n klein rooi Sirion met die naam Dorry. Wel ek en Dorry het omtrent lekker getravel en gebly. Sodra een vriendin terugkom na verlof gaan ander een weg vir maand.

En skielik besef ek dit gaan met my goed. Ek en S gesels en ek besef in my hart is steeds ‘n plek wat net haar plek is en hare sal bly. Mens kan nie 11 jaar wegggooi nie. Ons albei se lewens het aangegaan.

Ek dink wat ek eintlik wil sê hieroor is ek was op ‘n stadium kwaad vir haar. Ek het seker probleem met abandonment, nog nooit uitgevind hoekom nie. Wel, hipnose gesê oor ek geweet het my ma wou nie kinders hê nie, wens so ek kon net vir haar sê is ok en hoe braaf ek dink sy was om in te gee en te hê. Dalk oor my oupa altyd gedreig her hulle sal my moet los en trek oor ek so stout was, who knows. Maar dinge het regtig vir my beter geraak met S toe ek kon sê ek is jammer. Jammer en het jou seegemaak en gebreek. Dat soms al is jy lief vir iemand is julle net nie compatible nie- en dit is okay.

Ons is steeds vriende, baie goeie vriende. Sy het ‘n wonderlike meisie wat by haar is, dink hulle is al so 6 of 7 jaar saam. Iemand wat by haar pas en hulle bou mekaar op en is regtig so goeie fit. Ek het ook aan beweeg en weer weg beweeg. Maar is steeds vriende, wonderlike vriende. Ek dink eintlik ek is blessed, ek het regtig net die voorreg gehad om ongelooflike wonderlike mense in my lewe te hê. En ek dink ek het besef ek is dalk beter op my eie. Minder komplikasies, makliker om te cope.”

Una gee my hand ‘n druk. Ek smile.”nou toe, stuur aan daai kaaskoek Toortsie”. Die vroue begin gesels en vrae vra, ons lag en gesels en praat oor dinge wat party se monde laat oophang. Die maan sit al hoog en ek kyk op, sien die mooi strerre. Ek sien daai een helder een skyn, weet dit is my ma en pa se ster en smile net en knipoog vir hulle en sê “dankie Boksie en Boksie”…

Goue vroue, goue oomblikke, kos en wind..

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein.

Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.

Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.

Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.

As jy ooit lus het om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Virgo kyk benoud rond, sy kruip nou al dae lank weg in haar karavaan. Wadehel (soos iemand gesê het) maak ek nou wat te doen het met Augustus. Beide ek en Christa is Augustus baba’s, sy is ‘n Leeu, ek …’n Virgo. Vra ek jou nou, wat kook ek nou daarvan.

Virgo hol uit, spring op haar bike en zirts gou na Appeltjie toe, klop omtrent die deur af. Appetjie ruk die deur oop, lyk of sy reg is vir noodgeval. “wat gaan aan? Is alles reg Virgo?” Virgo skud net kop, “nee, alles is deurmekaar. Jy weet hoe kook ek, dink net Christa sal van die weird goed eet wat ek maak. Weet sy doen nie gluten en melk ens nie. Ek meen, hier is van bant tot wie weet wat. In die Biker’s Cafe op Gariep het ek net braaiplek en maak ek hoenderpies, my ma se groentesop met vars gebakte brood, sulke skaapwaggter snye, die borde is aan die tafels vas gespyker. Nou moet ek iets doen met Isebella Grootnaam. Ek doen nie daai art kos goed nie. Jy gee my kos of ek eet brood, jy speel nie met kos op my bord nie en klaar”.

Appeltjie lag uit haar maag uit. “Dink nie ek het jou al so op gesien nie. Wag ek maak plan. Virgo sit by die tafel en frons diep. Volgende oomblik swaai Appeltjie se deur oop, voor in die koor is Una, sy lag al van sy uit haar huis is, kort op haar hakke is Toortsie, Aalsie en Woordnoot lag net . “Kom sussa, vergeet jy van hoof en klein en al daai geregte, maak jy net solank daai slaai wat jy maak, ons doen die res.” Ek kyk na my ousus, met die prop Woordnoot glas wyn in my hand en sê sluk daai Nefies” en ek sluk.

Frannie en Christa kom in met die mooiste tafeldoek,eetgerei en sê ons dek solank daai lang tafel by jou huis. Seegogga is agterna en ek kan net dink hoe mooi alles nou geverf gaan word. San kyk by die venster uit en fluit. Almal stop. Dit meen net een ding. Isabella Grootwoord is oppad. Trommetjies gooi my glas weer vol en sê net “sluk” en ek sluk. Toe Isabella haar voet in Appeltjie se huis sit stap Scrapy nader en glimlag. Sy probeer op rustige manier haar aandag aftrek, maar die vrou wil niks weet nie. Isabella het ‘n groot frons op haar kop. Sy het in haar lewe nog nooit iets so “rustic” gesien nie. Sy skud haar kop links en regs toe sy die groot stukke blare in Virgo se slaai sien. “What is this?” Almal staan stil, Virgo is klaar rooi in die gesig oor die Nefies. En net daar trek sy vir haar op. “Now listen” , sê sy, mes inni hand, “I do not do food art. You are very welcome to join in and eat with us, I don’t need comments and I do not want to be lectured. You either eat what is on the table or you go hungry. Is that clear?” Isabella ruk vir haar op soos ‘n healgeweer wat geskiet word. Sy kyk rond, almal is half stom oor Virgo se uitlating. Isabella trek haar lip dun en knik skaars haar kop “fine. So can I help with anyting?” Almal asem so stadig uit. Positief giggel kliphard. Sonell neem nog al die tyd die video en kan nie glo wat aan die gebeur is nie. Scrappy beduie vir Isabella om haar en San en Aalsie te help met die ander slaai – ver weg van die mes.

Bondeltjies rangskik die sonneblomme in so groot afgesnyde drom, sy wikkel en skud hulle deurmekaar want sy weet Virgo doen nie reguit blomme ,hare of portrette nie. Kameel stop met die waantjie en sê is tyd om die kos tafels toe te vat vroue. Kameel leun oor en steel so paar van die olywe. Daar is die grootste bord met sulke vet wit druiwe en sy steel sommer so paar van hulle ook, sy weet Seegogga sal die druiwe geniet.

Dit is ‘n bondel geselsende vroue wat by die karavaan se tafel opdaag. Frannie glimlag toe sy die blydskap op Virgo se gesig sien- geen tafeldoek nie. Net ‘n lang tafel waar hulle gaan kuier tot die nag hulle huistoe dra.

Die Goue vroue het deurgekom, daar is die heerlikste banting Cottge pie met blomkool en kaas instede van aartappel, ook ‘n kleiner een vir Christa wat vegan kaas op het – Toortsie het sowaar onthou en soos altyd lewens gered met haar kookery. Daar is ‘n heerlike broccoli en bacon slaai, Quinoa met mint, spinasie, stukke feta en pomegranates in en dan sommer so “alles bymekaar slaai: slaaiblare, cocktail tamaties, fyn rou rooi uie, olywe, roasted pampoen, sonneblom sade, shaved almonds, groot dry roasted Haloumi en aarbeie. Daar is groot bakke humous met pine seeds in en sammak, glutenfree brood, sulke skaapwagter stukke en koue vleis, wortels, komkommer en wortels.

Lank na die ete en lekker gesels kry Virgo groot glimlag op haar gesig en sê “wel goue vroue, vandag gaan ons al ons limits beproef. Vir Augustus se kalender foto het ek nou al mooi gedink. Daar is nie juis iets in Augustus nie- net wind. So ek het gedink dan moet ons maar die element gebruik. Daar staan die bikes, en vir hierdie foto mag jy net 1 stuk klere aanhê vir jou foto. Die keuse is joune… Jy kan jaag soos die wind of sit, maar iewers op een of ander manier, word ons almla daar geclick”

Die donker in ons..Rebus

Danie skrik hom yskoud bine toe hy besef dat die uitlyne van ‘n voël nie die pelikaan tjoep van Trommetljies is nie, maar dat Francis hom stip dophou in die donkerte terwyl hy so paar tree van hom af patroleer. “Genade Francis, hoe is jy wakker in die ure van die donkerte?”. Francis knip sy oë. “Gewoonte Danie, ek doen dit al so lank, ek weet nie eers meer dis eintlik abnormaal nie” Danie knik sy kop. “Gee jy om vir geselskap?”Francis knik sy kop en wys plek langs hom. Danie gaan sit en kyk saam met hom vooruit. Dit is eintlik so ‘n veilige plek die, niks kan jou van agter verras nie, jy het ‘n uitsig oor die hele dorp feitlik en die dam. Danie dink diep, iets vreesliks moes met sy lewe gebeur het dat hy so leef, so uit karakter uit van enige voël wat Danie ooit ontmoet het.

“Jy wonder oor hoekom ek so leef?” vra Francis. Danie knik sy kop. “oorlewing” is al sagte antwoord wat Danie hoor. “Ek is in ‘n baie groot groep Bromvoëls gebore, my pa was die stamhoof en ‘n ongelooflike jagter, beskermer , voorsienner, soldaat. Daar was nie ‘n voël in die groep wat sou waag om hom teen te gaan nie. Ander groepe het hom kom sien vir raad, daar was niks wat jy hom nie kom vra nie. Die vroue was mal oor hom, hy was mal oor my ma. Maar my ma was baie sag geaard, stil, op haar plek en het die mooiste hart gehad,het geen lewende iets ooit skade gedoen nie en gedink geweld is onnodig. Snaakse paartjie, maar dit het gewerk. Wel, totdat ek uitgebroei is. My broers is soos my pa, tot my susters ook in mate. My ma was baie eensaam, maar as stamhoof se vrou het sy gehelp waar sy kan en was sy beny deur al die ander vroue. Hulle het vreesik ager haar rug gepraat oor sy so sag was, dat sy nie by my pa pas nie, hom afbring as stamhoof en hy ‘n sterk vrou nodig het wat se vlerke en bek vir niks verkeerd staan nie. En toe kom ek. Van klein tyd af het my pa besef ek is anders, vir my ma het hy gesê ek het ‘n defek en moet gelos word om te vrek, die natuur is streng oor sulke dinge. My ma was in soveel pyn oor my pa se woorde dat hy teen sy beterwete gesê het hy sal meer tyd spandeer om my reg te kry.

Ek was stadig met sekere dinge, met ander geen probleem. Ek het vroeg leer vlieg, baie vroëer as ander, my bene was sterk, ek kon hardloop met die beste, ek was groot vir my ouderdom, maar ek het jag gehaat. Ek kon dit nie doen nie. En vir my pa…Hy en my broers en ooms het my dag na dag uitgevat om te oefen en ek het so gesukkel, die leering het fisies begin raak en ek het geweier om terug te baklei. Uit repsek kon ek net nie. Moet nie dink ek kon nie jag nie, met my spoed en oog-bek koordinasie is ek briljant, maar in my hart kon ek dit nie doen nie. ” Hy bly lank stil.

“Die feeetjie wat hier bly..” Danie sit meer regop en begin dink, hoe op aarde kan hy haar ooit beskerm teen die grote voël as hy besluit hy wil haar eet. “Ek het ‘n suster bygekry, klein, tengerig en baie stadig. My pa was buite homself. Dinge tussen hom en my ma het begin verander. Hy het sy ore begin oopmaak vir al die stories, daar moet ‘n defek wees, kyk na my en my suster, daar is defnitief fout met my ma se gene. Dit kan onmoontlik nie van hom af wees nie. Sy is swak, sy is tinnegrig, sy is nie ‘n ware Bromvoël nie, dalk is daar iewers in haar bloedlyne ander voëls, dit het aan en aan gegaan. My pa het nie naby my nuwe suster gekom nie, sy was versot oor my en ek oor haar. So weerloos en klein , maar so goeie wit hart. My ma was baie beskermend teenoor haar. Tussen die twee van ons het ons Magriet nooit alleen gelos nie. Ons het geweet dit is ‘n kwessie van tyd en iemand gaan probeer om haar seer te maak, of erger, dood te maak, sy het so groot defek en die groep gaan nie hulle tyd mors met haar nie.

Wel my pa hulle het ‘n jag party gestig en ek is saam gesleep.Ek het so hard probeer en my ma gesmeek om aan iets te dink, maar ons het beide geweet dit sal nooit werk nie.Ek moes saam. Ons het op die feetjie dorpie afgekom. Hulle het niks vermoed nie, nie gedink dat daar enige gevaar was nie. My pa het na my toe geloop, langs my kom staan en in die teenoorgetelde rigting gekyk en met so wrede laggie gesê” Besluit jy of jy vandag feetjies eet of jy gaan biae jammer wees”. Ek was so geskok, het hom in die oog gekyk “Pa,geen voël eet feetjies nie, ons beskerm hulle. Waaroor is dit vir jou so belangrik om my wreed te maak?” Hy het omgedraai en sy kop geknik. Francis het gekyk en gesien hoe twee van sy ouer broers en sy neef vir Magriet vashou, haar so nou en dan op die kop pik, sy het so gehuil” Francis het omgdraai om na haar te hardloop toe sy pa weer sy kop knik. Die ander het haar in daai doodsgreep gehou, haar kop grond toe gedruk en my oom het nader gestaan, hy het gewoonlik al die teregstellings gedoen. Hy het ‘n snawel gehad wat altyd geblink het, so skerp soos ‘n swaard en dik en sterk, daardie snawel kon feiltik enige iets deurboor. Francis het gevoel sy bene word lam, hy het haar gehoor huil.Sy pa het terug gedraai na hom toe, “kom ons kyk wat is vir jou belangriker, feetjies of jou mank suster?” Sy oom Vic het sy snawel op Magriet se kop gesit en so getik-tik, Magriet was teen die tyd byna histeries. “Ek sal doen net wat jy wil hê, maar asseblief moet haar nie seermaak nie”. Sy pa het sy kop geknik. Hy het na die feetjies gekyk en gesê”wis die hele dorp uit”. Francis het gesluk, hy het terug gekyk na Magriet besef sy oom tik al hoe harder en die dorp ingeloop. Die gekreeu en skok en huil wou Francis mal maak, al wat hy voor hom gesien het was Magriet, sy hart het gehuil maar hy het geen genade getoon nie. Hy het Fye gesien wegkruip onder ‘n sampioen, sy het nog ‘n kleiner feetjie agter haar beskerm dit was die eerste wat hy weer raak gesien het, alles voor dit was swart. Hy het doelbewus by haar verby geloop en klaar gemaak. Op sy pad terug het hy baie saggies gese, “vlieg laag, baie laag en na daardie bome toe, as die ander inkom is daar geen kans nie. Gaan nou” en stadig verby gestap. Sy bek het gedrup van die bloed. Die ander voëls het hom toegejuig en was so bly. Sy pa het van sy broers ingestuur om seker te maak. Hulle het terug gekom en was bleek “daar leef niks pa”. Sy pa het sy kop geknik en self gaan kyk. Hy was so trots, die verwoesting en dood het gehang in die lug en sy pa het geweet, hy het sy wapen gekry.

Dit het lank so aangehou Danie, ek sou enige iets vir haar doen. My ma het gehuil, ek het saans probeer troos en verduidelik, sy het geweet hoekom, maar was stukkend. Al wat ek wou doen was sing, maar my woorde het opgedroog na daardie dag. Ek was dodelik, niks het kans gestaan teen my nie. En toe op ‘n dag vaar van die voëls na so jag sessie in ‘n klomp maroelas in, nie dat hulle dronk was nie, net genoeg om geen rede te sien nie. My oom Vic het Magriet deurboor daardie dag. Hy het selftevrede terug gestap, sy bek rooi van die bloefd en dit teen ‘n klip afgevee. Ek het so nare kol op my maag gekry toe ek van die rivier af terug kom, dit was te stil. Ek het haar gekry en geweet. Die woede en haat in my het heeltemal oorgeneem. Ek was genadeloos. Vic, drie van my broers, my neef en twee ooms is daardie dag dood. Toe ek oor my pa staan en hom kyk het ek geweet dit is oor. Ek is klaar met jag en niemand het niks gedoen nie. Ek het huistoe gevlieg en my ma vertel, sy was ontroosbaar. Sy is ‘n maand na Magriet dood aan ‘n gebroke hart en ek het die groep verlaat.

Ek was lank alleen in die bos, my reputasie het my vooruit gegaan. Daardie vreeslike droëe jaar was ek uitgemergel en dors en het geweet dood is naby. Ek was so bly. Dit is toe dat Rocky en Blits my gekry het. Rocky het my water gebring en Blits het dae lank na my gekyk en gehelp. Blits het my so aan Magriet laat dink, so sag en glimlag en onskuldig, so wit hart. Rocky was soos my ma vroëer. Ek kon nie verstaan dat hulle so goed was vir my nie. Een skemer aand het hy net gesê “ons almal het slegte dinge in ons verlede Francis, en niks kan dit verander nie. Die belangrikste is wat gaan jy doen met die tweede kans wat jou gegun is” . Dit was kragtige woorde Danie, soveel so dat my lewe omgedraai het en ek eerlik net daar is om na hulle te kyk. Blits is in sy eie wereld en ek is so bly om om so gelukkig te sien, Rocky is opreg en goed en het ‘n hart so groot soos ‘n dam. Hy sien net die beste raak in diere, in mense en glo dat mens net gaaf moet wees.En ek, ek kyk na hulle en sal tot die dag dat ek doodgaan. Die ding dat ek so wakker is, dit is maar jare se dinge in my, dit raak beter met die twee saam”.

Danie sit doodstil, hy het geen woorde nie. Wat se mens vir so iemand? Hy staan op en stap tot teen Francis en sit net so stil.

Dit is baie later toe Francis na Danie kyk. “Dankie ou maat. Ek dink ek sal die twee graag hier wil laat bly Danie, hulle het rus en vrede nodig. Ek weet nie of ek kan bly nie , Fye sal nooit in haar lewe kan vergeet wat sy gesien het daardie dag nie. Sy sal nooit hier kan bly saam met my saam nie. Maar as dit moontlik is, kan ek darem nou en dan kom inloer en net die twee sien?” Danie skud sy kop. “Jy is altyd welkom hier ou vriend. Fye, kom ons laat haar besluit, miskien later na die eerste skok verwerk is, mens weet nooit”

Hulle sit nog lank in die donker voor Daie voel sy oë trek skrefies. Francis glimlag. “Jy kan maar slaap vriend, ek laat jou weet as ek iets hoor”. Danie voel die vertoue en knik sy kop. Hy lê plat op die vloer langs Francis wat steeds pen regop staan en die wêreld bekyk. Hy kyk op na die hemel toe, na die sterre en soek sy helder een. Hy voel ‘n glimlag op sy bek en se saggies binne in sy kop “Dankie Magriet. Lekker slaap ma en jy”

Rebus se weird crowd…

Francis stap braaf en bree bors die straat binne in Rebus. Die diere is almal by die dam, dit is groot pret met Seppie saam en almal het vreeslik pret. Hy probeer sy “ontspanne look “ opsit, maar weet dit is nie regtig moontlik nie. Arme Rocky het al baie hard probeer om hom te help, maar hy weet hy kry dit nie heeltemal reg nie. Jy is nie “die Assasin” in die voëlwereld en dan het jy ‘n kinder vriendlike gesig nie. Maar hy doen goed. Hy trek sy asem diep in en trek hom nog so 2 cm hoër op. Langs hom hardloop Rocky so vining soos hy kan. Hy kyk om en sug diep.

‘Francis, wag, Blits is nou eers op die paadjie”. Die twee stop en kyk om. Blits probeer so vining as moontlik bykom, maar beide die twee weet hy gaan dit nie maak nie. “Ek sal hom gaan haal” sê Rocky terwyl hy omdraai en hardloop so vining soos sy klein beentjies hom kan dra. Blits kyk op toe Rocky voor hom stop. “Blits, spring op, ons moet vining maak, ons het nie tyd nou vir blommetjies ruik nie. Spring, Francis is rusteloos vandag”. Blits se glimlag word grooter, blaar in die hand rek hy hom uit solank hy kan en is uiteindelik op Rocky se rug. Rocky hardloop sy kort bentjies amper stomp om vir Francis in te haal. Francis staar vêr voor hom uit. “Is julle seker julle is reg vir hierdie ding” Albei skud hulle koppe.

Die vreemde 3 maters , ‘n volgroeide Bromvoel, ‘n Ietermagog en ‘n Luidier, stap die hoofstraat in Rebus in. Francis kyk stip voor hom, op volle aandag en reg vir enige teken van gevaar. Rocky kyk net voor hom na die grond en probeer nie dink aan hoe sy beentjies brand nie. Blits sit met sy glimlag, kyk links en regs en blaartjie in sy mond en dink net oor hoe pragtig die dorpie is.

Hulle hoor die vreeslike diere geskater al van veraf, dit is rustig, die huisies is pragtig, die straat lyk soos ‘n sprokie verhaal. Hulle drie staan lank stil by die meent en kyk na die diere en hoe hulle te kere gaan in die water. Die mense gesels, party in die water, almal besig en die vrede…die geluk, mens voel dit soos sonstrale op jou val. Francis voel teen sy beter wete hoe hy begin ontspan. Dan trek hy hom regop en probeer dit van hom afskud. “Bly wakker en bly parraat, daar is hoeka een in weermags klere. “ Hy wys na Danie toe met sy lang snawel en die ander twee se ogies rek groot. Dalk was dit nie so goeie idee nie, maar hulle loop al dae lank en almal het so gehoop op net een rustige aand se slaap.

Skielik lig Danie sy kop, so dieselfde tyd dat Karolus opkyk en so klein binne-blaf gee. Dawie hardloop nader en kyk ook, hy is nog klein, maar hy weet sommer daardie was nie so gewone blaf praat nie. Santie en Blommetjie kyk na Danie en volg die rigting waarna hy kyk. Albei vergeet ‘n oomblik vir Seppie wat met ‘n spoed nader hardloop en sommer beide omstamp in die proses. Faye lag heerlik, maar besef iets is aan die gang. Haar laggie breek stomp af toe sy omkyk. Dis hy! Dis die insek assassin! Sy val vlieg na Danie toe en bewe soos ‘n riet. “Danie…dis..dis”. Danie knik sy kop liggies “ek weet. So die stories is waar, hulle het sowaar die vreemdste bende gestig”. Hy pof hom nog groter uit en stap na die groepie toe.

Francis beweeg voor die ander twee in en staan breed genoeg om hulle weg te steek. Dit is Frannie wat besef iets is nie reg nie en sy kyk om na waar Danie loop. Sy sien die groot voël staan en hy lyk weerlik nie vriedelik nie. Sy tik vir Virgo saggies op haar skouer en trek haar wenkbrou terug sodat sy kan kyk. Virgo kyk om en sien Francis staan. Sy glimlag breed “Frannie, dit is ‘n Ouma Koeks voel!”

“’n Wat?” Virgo lag en roep vir Una, “Ousus, kyk daar op die wal, dis ‘n Ouma Koeks voel”. Una kyk om en lag saam. Die ander goue vroue frons, nog ooit so iets gehoor nie. Una vertel hulle hoe die voël die naam gekry het in die wildtuin oor dit altyd lyk of daai vlerke soos twee hande agter sy rug is as hy loop soos Ouma Koeks (Virgo se ouma) geloop het.

Woordnoot lag en kyk mooi, sy haal die verkyker af en kyk weer. “Daar is iets agter daai Ouma Koeks voël” se sy. Toortsie staan op haar tome om te kyk of sy nog iets kan sien, Trommetjies roep vir Karolus, en sê bedaar, laat ons eers hoor wat aangaan.

Dis is Liefkat wat sag praat en verduidelik dat daardie die groot Insek assassin is in die land, self Faye se mense het al deurgeloop en almal weet as jy hom sien, is daar moeiikheid en iets gaan dood. Die twee leeutjies staan nader aan Liefkat, probeer dit so ongeerg moontlik doen. Appeltjie trek haar asem in en dadelik vlieg Faye na haar toe, die lyfie bewe soos ‘n riet. Die hele atmosfeer verander en mens kan skielik die bang aanvoel van alle diere. Die paddas is stil, jy hoor geen bye nie, voëltjies self is stil, dis ‘n nare gevoel.

Danie stop voor Francis “hier is geen moeilikheid hier nie, jy kan water drink want jy lyk dors en dan gaan jy. Niemand hier het nodig om seer te kry nie. “ Francis trek hom langer en kyk af na Danie “ek is nie hier vir moeilikheid nie. Ek is hier oor my twee vriende regtig water nodig het, ons sal drink en gaan. Ek is jammer vir die bederf van julle dag, dit was nie my intensie nie”. Danie skud sy kop stadig “wie is jou vriende?” Stadig loop Rocky agter Francis uit, Blits hou vas en glimlag steeds sy mooiste glimlag.Danie is heeltemal onkant gevang en sy bek flop sommer oop. Rocky staan regop en steek sy pootjie uit “Middag meneer, ek is Rocky, hier agter op my rug is Blits , en die is Francis”.
“Francis, maar dit is mos…” Hy sien hoe vinnig Blits sy kop skud om te wys moet dit nie sê nie. Hy glimlag,”ja dit is Francis en hy is soos ons ouer broer en kyk na ons. Ons wil regtig nie pla nie, maar ons is baie moeg en dors van baie myle loop. Hy het net by ons gebly en saam geloop en so mooi na ons gekyk. Is dit moontlik dat ons net so rukkie by die water kan rus asseblief”

Danie skud sy kop, die gevaar gevoel in hom het bedaar en hy knik sy kop. “Seker, kom ek stap saam af” en hy draai om en begin water toe loop. Die katte sit en bekyk alles, doodstil en reg vir aksie, Seppie sien vir Danie terug stap en hardloop uit die water uit reguit na hulle toe. Francis sien dit en is dadelik reg, vee die twee maats so met een beweging agter hom in”Seppie!” is al wat Danie se en Seppie stop dadelik.

“Wie is dit?” vra hy en kom stadig nader geloop. “Dit is Francis, en daardie agter hom is Rocky en Blits en hulle is moeg en dors en wil nie nou speel nie. Maar jy kan saam loop water toe dat hulle sien jy leer nog wat jy is” Francis kyk na Danie met so geligte wenkbrou en Danie sug “hy dink hy is ‘n koei”,, Francis skud sy kop en maak net so “hmmm” geluid.

Francis weet dat elke dier hier sy reputasie ken en dat hy seker iets te doen het met iemand van hulle se maats of familie. Hoe verduidelik ‘n mens aan hulle dat dit sy werk was, dat hy vandat hy die dag geloop het nog geen dier skade gedoen het nie. Dat hy bessies vreet, slegs vleis van iets wat dood is, hy kan net nie meer ander seermaak nie. Die twee agter hom kom by hom verby, Blits steeds op Rocky se rug en Rocky hardloop die water in tot sy onderlyfie nat is.

Die vroue skree van blydskap toe hulle die ander sien en almal wil net nader. Blits gee sy beste vertoning ooit en sy mooiste glimlag. Hy lê op Rocky se rug wat net drink asof hy nog nooit water gesien het nie. Francis stap nader en staan tussen hulle en die vroue en neem sy oë nie van die ander af nie. Hy kyk en sien vir Faye raak en knip sy oë sag. Hy is seker hy ken haar, en dit kan net een ding beteken. Hy kyk weg en probeer sy gevoellens afsny. Hy voel sy oë brand en kyk vinnig weg, maar nie voor sy dit gesien het nie. Sy frons, dalk is die gepraat in die bos waar gewees oor hom, hy is daarin gedwing deur sy pa en die hele groep en het weg gehardloop. Die bos het gegons oor die verdwyning.

Rocky lig sy koppie, “Blits, lê stil, jy laat my voel asof jy ‘n dans op my doen, die mense sal verkeerde idees kry”. Die katte lag almal en Dawie ook. Santie enBlommetjie kan nie help om hulle te vergaap aan die twee nie. Flooki stap nader aan hulle, rustig, stadig. Francis sien hom en hou hom fyn dop.

“Ek is hier in vrede, ons doen nie geweld nie, ons kan, maar ons verkies nie. Sal dit help as ek voor hulle staan dat jy kan water drink, jy lyk self maar effens dors” Francis kyk hom aan, hy voel geen veer wat regop staan nie, hy voel gemaklik, hy weet as hy moet pen hy die kat middeldeur met sy bek. “Hy knik sy kop “dankie vriend” en hy staan en draai sodat hy steeds ‘n volle gesigsveld het van almal. Die water is soos lewe wat in hom invloei. Hy was so dors en hy is so honger, maar hy sal nie eet totdat die twee kleintjies ge- eet het nie. Hulle moet eers eet en rus, daai klein beentjies van Rocky moet so brand.

Hy stap nader na Rocky toe. “Blits, klim op dat Rocky bietjie dieper die water kan ingaan, as jy nat word gaan jy baie meer weeg”. Blits begin sy arms uitstrek en stadig sy pad kry na Francis se rug. Almal verstom hulle aansy bewegings. Virgo skud haar kop “ek het lankal opgestaan en hom sommer self geskuif, daai voël het regitg baie geduld”. Frannie lag , Woordnoot stem saam.

Dit vat ‘n ruk todat almal se dors geles is en hulle beter lyk. Danie kyk na hulle en se “kom dat ek julle gaan voorstel aan die mense hier op Rebus”

My journey met kuns..

Ons gespot in ‘n groep oor iets wat ek “quote” van ‘n Afrikaanse song wat baie gewild is bly by my al die hele dag. Kyk, is dit suggestief, natuurlik want dit is wat verkoop vandag . Het dit ‘n ongelooflike lekker en wakker “beat” – natuurlik het dit. Ek kan heeltemal verstaan dat mense dit sing en dat baie nie verstaan of regtig luister na die woorde nie. Ek meen, hoeveel van ons kom nou jare agter na ons sekere liedjies sing en mens nou die lirieke kan kry op youtube en plekke dat ons sing al jare die verkeerde woorde. Ek dink oor hoe moeilik dit moet wees om dit seker vir jou kind te verduidelik, dit sonder om hom/haar sleg te laat voel want hulle het dalk geen benul waarvan ons as volwassense praat nie. Hoe mooi dit deur van die ma’s hier hanteer is. En dit weer kry my aan die dink oor kuns, alle vorms van kuns.

Dit laat my vra vandag: Waar trek jy die streep met kuns? Wie maak daai besluit? Wanneer besluit jy? Wie is ek of jy om kuns in te perk? Omdat dit teen iets is wat ons glo, wat ons voel- wie sê wat jy voel of dink is reg? Wie het daai mag?

Juis dit maak kuns so ‘n “probleem” dink ek vir die meeste van ons. Waar trek jy die streep en besluit dit is aanvaarbaar of nie, dit maak nie saak watter vorm van kuns jy van praat nie. Op watter stadium sê jy vir ‘n kind met briljante teken- talent dit is eintlik nie vanpas om nou naak portrette te teken op 9 nie, later kan jy, maar nou is jy nog te jonk. Wat het Picasso se ma vir hom gesê?

Ek onthou as ‘n kind het my ma amper stuipe gekry toe sy hoor ek luister na Rod Steward, Suzie Quatro, Boston ens en sing uit vollebors saam , en ek het die danse gedoen en heupe geswaai dat dit naarheid was. Arme ou Katie, ons huishulp moes dae lank konserte van my deursit sodat ek kan optree met my haarborsel en my tennis raket. Het ek ook gedink aan wat ek sing, hel nee, ek was te besig om ‘n ‘superstar” te word. Was hulle musiek suggestief, natuurlik.

Onthou ek is ‘n ’66 kind. Toe daai musiek in die 70’s speel was dit so erg gewees. Ons het laat aand op Vrydag op Springbok radio gesit en wag om musiek “te tape” en dit was so moeilik om te probeer om net die musiek in te kry en nie die omroeper wat alewig begin praat het voor die liedjie ophou nie. En dan is daar so lank na dit geluister , geoefen en saam gesing. Wie van ons het al regtig gesit en luister na wat gesing is? Het ons regtig verstaan wat ons gesing het? Dinge was so verban en verbied deur die kerk en regering en daar is al soveel simboliek aan onskuldige dinge gegee mens het nie geweet watter kant toe nie, want iewers is jy nou betrokke met die duiwel en is daar fout en mens kan sien hoe is jy groot gemaak is en die hekke van die hel staan vir jou oop en wag, Afrikaanse kinders doen nie dit nie. Toe daai hele idee van plate agteruit speel – ek het in my hele 54 jaar nog nooit iemand geken wat ‘n plaat agteruitspeel nie, so ek weet steeds nie wat dit sê nie.

Ek is al van klein tyd af gesien as ‘n baie besige en wilde kind- seker die dat ek nooit kinders wou hê nie. Ek is in elk geval heeltemal te selfsugtig om ‘n ouer te wees soos ek verstaan een moet “wees”

My ma hulle het groot geword in die Elvis era en vir my ouma hulle was dit so goed soos die duiwel homself. Hy is letterlik aanbid deur mense, genoem “The King”. Het dit enige iets te doen gehad met sy musiek? Met die liedjies? Met sy talent? Was dit sleg oor waarheen sy lewe gegaan het of hoe hy geleef het? Wat het dit met sy briljante en unieke vorm van kuns – sy stem te doen gehad? En ons praat nie van ‘n era soos nou dat jy klink soos skaap wat keel af gesny word as jy “live sing nie”, maar jou CD klink soos ‘n droom. Die man kon regtig sing, voor mense en in ‘n studio. En tog, oor hoe hy sy lewe geleef het, wat hy gedoen het, het hom vir my ouma hulle se generasie letterlik die duiwel gemaak. En sy stem… dit was bysake. Want as jy luister gaan jy net so uitdraai, jy gaan net so leef. Waar het ons aan hierdie snert gekom?

Dit is nie maklike vrae nie want ons voel dit meng in met ons waardes en hoe ons na ons kinders kyk en hulle groot maak. Dit bring soveel ander vrae na vore wat maklik is om te vra, baie moeilik om te antwoord en nog moeiliker as jy self kinders het. Hierdie “kuns- keuse “loop oor in soveel ander dinge wat jou- self ‘n unieke en individuele mens maak.

As jy dan nou die “regte keuse maak oor kuns, geloof, norms, waardes , opvoeding en jy raak verlief op ‘n anders kleurige mens met dieselfde waardes, norms, geloof, opvoeding, is dit nog “reg”? As jy al die “regte keuses maak” en jy vind uit jy is gay en die seun/meisie met wie jy betrokke is is ook een met al die “regte keuses en besluite”, maak dit jou nog “reg”?

Ek het al baie gewonder oor hoekom ouers altyd sal vra wanneer ‘n kind, volgens hulle, ‘n radikale besluit maak, “wat het ons dan fout gedoen? Ons het jou so mooi en reg groot gemaak? Hoekom nou? Was ons nie genoeg daar vir jou nie? Hoekom dit?” Waar en hoe het ons op die idee gekom dat dit enige iets te doen het met hoe jy groot gemaak is? Dat dit enige iets te doen het met jou as ‘n ouer? Dat jy nou skielik nie respekteer word nie.

Jy is ‘n individu- jy gaan nog baie sulke dinge in jou lewe doen en ondervind. Hoe is jou besluite as jong volwassene dan jou ouers se skuld? Op watter stadium word jou keuses dan jou besluit? Dan kan jy mos maar jou lewe deur gaan en sê “nee is eintlik my ma se skuld want sy het my nooit dit geleer nie en nou het ek hierdie moeilikheid”. Is jou werk as ouer dan nie om ‘n individu wat aan jou GELEEN is die beste kans te gee om sy/haar eie person te wees nie. Dis mos nie om ‘n blueprint van jou lewe te wees nie. Die feit dat jy weet as hulle sekere besluite maak hulle moeilikheid gaan hê is wysheid- en wysheid is “ek het self geleer deur hierdie fout te maak”. Ek sê nie gooi die hekke oop en laat hulle self uitvind nie, jy praat en leer en help en doen jou deel om daardie waardes in jou kind se binneste te kry, jy is altyd daar, maar die feit dat hulle ‘n ander keuse maak eendag is nie jou skuld nie. Ons moet begin besef dat mense het hulle eie journey en hulle eie “soul contracts” wat hulle moet vervul en jy kan hulle net al die “tools” tot jou beskikking gee om mee te cope. Want jy self as mens het net die tools wat tot jou beskikking is en jy doen daarmee die beste wat jy kan.

Maar ek is seker van die onderwerp van kuns af. Dit is vir my ‘n baie moeilike ding om te besluit, want maak nie saak hoe hard ek probeer nie, op een of ander manier perk ek dit ook in. Iewers in my voel ek sekere goed is nie reg nie, dit is nie kuns nie- dis dan wanneer ek sit en besef dat vryheid van spraak, kuns en meeste van alles individualiteit seker baie moeilike dinge is om te aanvaar. Dalk is die belangrikste ding om op te hou dink aan reg of verkeerd, dalk is dit net anders. Want die grootste genade is dat jy nie iemand se saak met jou Verlosser kan regmaak nie. Dit is en bly ons elkeen se gesprek met Hom. Of wie ookal jy in glo.

Makliker dalk is my ouma se raad: oor mooi en lekker, kan niemand stry nie.

If I could turn back time…

Mina is al vroeg op en gou Spinneys se kant toe om te kyk of sy nie vir haar en Albert so lekker dingetjie kan kry om te eet nie. Dit is so lekker om daar te wees. Hulle het sommer baie goete van Suid Afrika en partykeer as mens so vir’n rukkie sit kan jy daai mense hoor as hulle uitklim en hulle praat so lekker. Sy kan altyd so lag, die kinders is omtrent altyd kaalvoet. Party dae maak dit haar net hartseer en sy wens so dat sy en Albert net kan terug gaan. Daardie dae vlieg sy verder en hou haar net besig want sy wil nie hê Albert moet weet hoe erg die verlange soms raak vir haar nie. Al die voëls wat sy so mis. Die klomp Mossies wat so skuins onder hulle gebly het, ‘n parmantige vaal ou vroutjie met ‘n stem soos ‘n sweep. Haar man Karel was vir haar dood bang. Albert kon dit nooit verstaan nie, hoe daai tingerigge ou lyfie al wat ander Mossie is so kan hiet en gebiet nie.

Die klomp meeue wat so ent van die strand af gebly het, verkriklike klomp “party animals” soos haar ma sou se. En raserig, van vroeg oogend tot saans. Maar dierbaar en wil net kos en vrede he. Eintlik salig as mens daaraan dink, niks anders was vir hulle belangriker nie.

Die Kwiksterte was altyd so presies en opgetof, geen veer uit sy plek uit nie. Vandat hulle na Bishops Court se kant getrek het, het hulle sommer baie verander. Dit was asof die klomp voëls van Seepunt en Milnerton se kant vir hulle iets was om oor skaam te wees. Mina onthou nog hoe hartseer die ander klomp voëls in die kontrei was. Die Mossies opgeruk, die Bottergatte sommer misluk, van die duiwe het besluit hulle trek saam en dis mos hoe dit werk. Mense dink altyd hulle kan hulle verlede wegvlieg, maar dit haal vir jou in, een of ander tyd. Die meeue het net gelag en gese “dis hulle keuse, laat hulle gaan. Op die einde het dit niks met ons ander voëls te doen nie. Elkeen het sy eie pad wat hy moet uitvlieg”. Mina het gedink dit was ‘n baie slim en ware stelling. Albert was baie ontsteld. Sy goeie vriend Pieter se vrou het gesê of hulle trek of hy trek en Pieter moes saam. Sy het hom en Albert eendag in die middestad gesien kuier en het amper voëlgriep opgedoen van woede. Hy en Pieter het mekaar nooit weer gesien nie. Albert het na Mina gekyk een aand en net gesê “Mina, as jy ooit so maak soos daai Lorna voel, dan se ek jou nou, dan bly ek en jy kan trek waarheen jy wil. So lief soos ek jou het, geen voël het die reg om so met sy maat te maak nie”. En hy het nooit weer daarna oor dit gepraat nie. Hy het eintlik nooit weer so goeie vriend gehad nie, wel, buiten nou vir Frik en Mustafa. Sy was nogal verbaas oor hoe goed hulle oor die weg kom. Wys jou net, as mens net jou brein kan afskakel oor al die goete wat so in dit ingedruk word, dan is daar soveel dinge mootnlik in die lewe.

Sy sien die blink rooi 4×4 Pajero stop en toe die deure oopgaan en die kaalvoete is eerste uit begin sy sommer so diep uit haar magie lag. Hulle kan net Suid Afrikaners wees. Die twee seuns is besig, regtig besig, die arme ma het haar hande vol met hulle en daar is ook ‘n nuwe baba. Sy roep die seuns nader en trek haar mond so klein en in suiwer Afrikaans lees sy hulle die lefiete voor”en as ek een keer moet sê sit dit terug of staan stil of bly stil, is dit die laaste keer dat julle hierdie hele vakaknsie saam met my kom. Verstaan ons mekaar?” Die twee se koppe knik en hulle sien ma het nie lus vir drama nie. Stil stil loop hulle agter haar en die baba wat sy dra aan, so stamp-stamp aan mekaar. Mina kyk hulle aan tot hulle binne die automatiese deure verdwyn.

Seker 20 minute later kom hulle uit en elkeen met ‘n groot rooi boksie eetgoed, sy kan die aartappels ruik. Dit ruik heerlik. En so terwyl hulle so stamp-stamp loop, val die een pakkie uit die een se hand en jy sien net aartappel skyfies trek. Die ander een wil net begin toe kyk die ma om en hulle is doodstil. “ek het getrip ma, en toe val dit, ek belowe”. Sy het net haar wenkbroue gelig “dan kan jy en jou boetie syne deel”. Hulle is in die Pajero, baba is vasgemaak en daar gaan hulle. Mina is soos ‘n pyl uit ‘n boog en tel 4 van daardie sagte, lang skyfies op. Sy sit eers neer, eet so twee van hulle en tel dan weer die 4, nee 5 op en besluit om nes toe te vlieg. Albert gaan so bly wees, hy is gek na die skyfies.

Toe sy so naby die groot boom kom sien sy Albert, Frik en Mustafa sit. Hulle praat nie en sy voel hoe haar hartjie sommer soos ‘n perd in haar bors klop. Iets is verkeerd. Sy knik haar koppie en vlieg in die nes in. Sit die skyfies neer en kom uit.

Hulle stamp -stamp so aanmekaar en sy kan sien nie een van hulle wil regtig iets sê nie. “Nou toe, julle stamp mekaar nog van die tak af as julle so aangaan. Wat is dit?”

Mustafa kyk af, Frik kyk heeltemal ander kant, Albert skuif nader. “Mina, ek het slegte nuus om jou te vertel” Mina voel hoe haar krop sommer styf trek en sy weet. “Waar is Cyril en Madge?” Albert kyk af, die ander twee ook. Sy voel hoe ‘n groot trane in haar oë begin. “Nee…” Albert skuif nog nader, sy vlerk so half oor haar “Ek is jammer, maar hulle het dit nie gemaak nie. Die valke het hulle grky, ‘n paar van die kraaie is ook daarmee heen, maar hulle albei is weg”. ‘n Groot snik val sommer so uit haar bors en bek. Mustafa vee sy snawel af teen die takke, lyk soos ‘n swaard wat hy skerp maak. Frik voel sommer bewoë. Hy kan glad nie hanteer dat vrouens huil nie, hy weet nooit wat om te doen nie. Laat hom net dink aan sy ma as sy pa so sleg was met haar en haar so rond gestamp het. Hy het so hard probeer en toe hy wel groot genoeg was om impak te maak het sy pa hom nes uitgeskop. Hy kan onthou daai val grond toe, hy het sy paar dae as voël so by sy oë gesien verby flits en toe hoor hy net sy ma wat skreeu “jou vlerke, maak oop jou vlerke en kyk waarheen jy wil gaan”. Hy het dit gedoen, hy het sy kop gelig en sowaar gevoel hoe sy lyf in die wind begin rigting verander en sweef. As hy nie so hartseer en kwaad was nie dink hy dat hy seker nounog sou skreeu van blydskap. Maar hy het saggies geland. Die tuin waarin hy was het groot bome en bosse gehad en hy het vinning onder ‘n bos ingespring. Sy lyf het gebewe en hy was so bang.

Die volgende oomblik het die kleine katjie sy kop in die bos gedruk en na hom gekyk. Frik het geweet, dis ek of jy. Hy het vorentoe gespring en met al sy krag die katjie op sy snoet gepik. Sy het haar koppie geskud en dadelik weg gehardloop. Hy het daar gesit en gewag vir sy ma en geweet sy kan hom nooit kom haal nie. Hy was gelukkig , dit was somer anders het hy sekerlik gevries daardie aand. Hy het vir hom mooi tussen die groen blare so sagte lê plek gemaak so ent van die grond af en besef hy moet rus, want more, sodra die son opkom, moet hy wat Frik is leer vlieg. En hy het.

Mina skud haar kop om die trane weg te kry. “Is daar iets van hulle oor?” Al drie skud hulle koppe. Sy kyk terug na die leë nes langs hulle. Gelukkig is die twee kuiekens al groot en het die nes verlaat. Sy spring na die nes toe en trek haar krop vol van hulle reuk. Hoe wreed het mense tog geword. Valke was nog altyd hulle natuurlike “vyand”, maar om ‘n sport daarvan te maak. Om dit wat kleiner is as jy so te behandel net omdat jy kan.

Die kraai bende bo, nie alle kraaie is so nie. Kyk vir Mustafa. Ja , hy is wel ‘n ander soort kraai, maar steeds ‘n roofvoël, soos Frik ook maar. Maar dit is asof niemand mekaar meer die kans gee om net te wees nie. Sy weet hoe kwaad van die duiwe was wat eers hier naby hulle gebly het toe hulle begin vriende raak. Hulle het gedink sy gee hulle op om te bly leef. Dat sy nou aan die “vyand” se kant is. Sy skud haar kop, hoekom moet voëls vyande wees. De lug is tog so groot, meer as genoeg plek vir almal. Sy het soveel keer probeer verduidelik, hoekom kan hulle nie almal net in vrede leef nie. Maar daar was ‘n paar wat se kuikens gevang is deur die kraaie, twee paartjies het eiers verloor oor die Myna’s. Dit het so erg geraak dat Mina hulle besluit het om hierdie nes te kom bou, ver van die ander af. Voëls kan vriende wees met wie hulle wil. Sy het steeds gaan kuier in die groot boom, haar vriendinne gesien en was altyd bewus van hoe hulle na haar kyk. Die klomp duiwe van Engeland wou niks weet nie, behalwe Cyril een Madge en die Christine en Paul. Sy wonder of hulle weet.

“Dankie dat julle my gese het, ek weet was seker moeilik vir julle. Maar dankie”. Ek het aartappelskyfies as julle wil hê. ” Frik wil nog sê ja toe gee Mustafa hom net so kyk. “Nee dit is reg Dingetjie, eet julle maar, ons het nog so paar draaie om te vlieg. ” Albert kap sy vlerk teen Mustafa en teen Frik en die twee vertrek. ” Mina, ek is regtig jammer. ” Sy spring nader aan hom “Albert, dankie, maar daar is niks wat ons kon doen nie. Hulle is gewaarsku en ek weet dit is so sinneloos. Niemand van ons wil so leef nie. So bang dat jy nie meer normale goed kan doen nie. Maar dit is nou hoe dit is. Ons moet na mekaar kyk en glo dit gaan nog uitwerk. Ons moet dit wat ons begeer in ons gedagtes sien , nie hierdie sinnelose geweld nie”. Hy druk styf teen haar en wonder weer wat hy in sy lewe reg gedoen het om haar te verdien. 💜

Mina and Albert, another day…

Mina en ALbert

Mina kyk vir Albert, haar groot oë nog hartseer oor die kinders, maar vol liefde en vertroue vir hom. “ Albert, dink jy regtig ons is meer veilig hier op die Oase as wat ons in die stad was?” . Hy kyk na haar, skuif so bietjie nader aan haar “Ja Mina, hier het mense meer respek vir voëls en wil nie net alles wat vlieg uitwis nie. Probleem hier is net al die valke en kraaie, ek het gehoor daar is ‘n groot bende op die berg. O jy moet versigtig wees en hou jou oë oop as jy uit is deur die dag”. Sy knip haar kop en begin saggies te koer.

Hulle is nou al ‘n paar maande hier op die oase en dinge is so anders as in die stat. Dis is rustiger vir een, nie al die tyd aan die gang nie. Mense hier is maar vreemd, voëls ook. Daar was kraaie en seemeeus gewees in die stat, hulle was naby genoeg aan die see. Maar hier is dit ‘n ander storie. Dinge is sommer baie anders hier, meer “local”. Hulle het hier gebly vir so tydjie toe hulle van die huis af getrek het jare terug, maar dinge het so verander. Of dalk het ons net oud geword, dink Mina.

Sy skuif nader aan Albert, die windjie is koeler nou.

Hulle twee sit nog so styf teen mekaar toe Frederik met ‘n spoed langs hulle land. “Genade Frik, jy kan mos nie net sommer so son der waarskuwing land nie”. Hy lag en gooi sy kop agteroor toe hy die groot pupille sien van Albert. “Jy moet wakker wees Albert, dit is nie die stad die nie, hier is dit nog plaas en jy moet op jou hoede wees”. Hy knik sy kop vir Mina. Kyk, hy is nou wel ‘n Indian Myna, en Mina ‘n duif, maar sy is wraggies ‘n mooi vrou.

Frik

Vol en ronde lyf, stewig, kan sommer sien sy weet hoe om nes te hou en kinders groot te maak. Sagte warm lyf wat eiers sommer lag lag kan uitbroei en kuikens veilig hou. Hy het eenkeer gesien hoe sy opgestaan het teen so groot Rock dove wat een van die klein Bottergatte boelie. So klein soos wat sy is as ‘n Lagduif , het sy haar omtrent uitgepof en blindelings tussen in getree. Brent was stom toe die kleine duif teen hom opstaan en was al wat klein Ali (local Bottergat) nodig gehad het om weg te kom.

Bulbul2)

Hy het hom opgetrek en nader aan haar gestap. Frik self het geland en nader gestap. Gelukkig was sy vriend Mustafa ook by en die het ook geland en net gekyk. Hy het nie veel belangstelling gehad nie, is eers toe hy hoor Brent vra “en waarom sal jy dink jy kan teen my opstaan as ek besluit het ek wil daai klein Bottergat ‘n les leer?” . Mina het haar staan gestaan. Sy het haar regop getrek en gedink vandag word ek verskeur deur drie verskillende voëls, ek hoop net Albert sal terug gaan huistoe en vergeet van wraak. Sy het hom in die oe gekyk en gese met ‘n bewende, maar brawe stemmetjie “want jy is ‘n boelie en dit dui op swak karakter en dat jy eintlik ‘n lafaard is. Jy wou hom nie eet nie, jy wou hom net verneder en dit pas jou nie”. Hy was stom.

Rock_dove

Mustafa het nader geloop toe Brent begin lyk of hy met Mina wil sukkel en Brent het dadelik gestop. Mustafa ( ‘n Huiskraai) het gelag “ lyk my so klein duif het jou heeltemal reg opgesom né Brent. Dink jy moet jou vlieg kry, en onthou, ek ken haar, so moet nie laat ek hoor iets het met haar gebeur nie, dan is dit ek en jy”. Brent het ‘n paar tree terug getree “Gmf” is al wat sy gehoor het toe hy weg vlieg. Frik het nader gekom “Is jy okay dingetjie?”.

download

Mina het haar koppie geskud “Dingetjie?” Hy het net gelag en na Mustafa gekyk. “En dan is sy nog parmantig ook”.

Mustafa het nader gestap en Mina het gedink dit is die einde nou. “Ek is Mustafa, dit is Frederik, eintlik Frik. Jy moet oppas mevrou, die voëls hier is nie soos in die stad nie en nie almal sal so iets laat gaan nie. Dit was ‘n baie brawe ding wat jy gedoen het. Was seker klein Ali gewees.” Mina het haar kop geknik en gese” sy naam was Ali. Ek is jammer, maar ek kan nie verdra dat voëls mekaar so boelie nie. Ons het genoeg dinge om oor te bekommer en dan baklei hulle nog met mekaar. “ En so het die vreemdste vriendskap begin, ‘n klein duif, ‘n Indian Myna en ‘n huiskraai. Gewoonlik mekaar se vyande, maar hier, hier waar dinge so onderstebo is in die jaar, hier begin die unieke vriendskap. Dalk juis omdat dinge so deurmekaar is en voëls begin besef hulle moet saam staan en na mekaar begin kyk.

“Nou Frik, wat gaan aan dat jy so laat nog rond vlieg, jy is mos nog so goeie 10 minute se vlieg van jou huis af. “ Frik knik sy kop. “Ja, jy is reg, maar ek wou net kom laat weet dat julle dalk die piekniek moet bedink. Jy weet dit is die nasionale dag hier in die land en in die dorp hak mense se koppe uit die tyd. Julle sal sien wat doen hulle met hulle karre, dit is stiekers en verf en vlae en alles. En mense raas en skiet krekkers en almal gaan berg toe. Buiten daai kraai bende daar, bring hulle ook hulle valke saam want dit is ‘n groot sport om te sien hoe die valke en kraai mekaar aanvat of erger nog, ander voëls vang. So asseblief moet nie gaan nie. Ek het nou eers die boodskap gekry en weet julle wou more oggend al vroeg gaan. Dink eerder aan volgende naweek, dan is al die malligheid oor”.

Crows

Feeding falcon

Harris Hawk (Parabuteo unicinctus)  on falconer's glove

So sit hulle nog so half uur en kuier toe Frik sê hy moet gaan anders is hy eers donker in sy nes. Hulle groet en Frik vlieg. Mina is bly Frik het kom sê, sy was so bang oor more, sy het gehoor toe die klomp Jan Fredericks so praat oor al die gemors op die berg en sy het nie lus vir daai hoogtes nie. So paar minute later land Cyril en Madge langs hulle in hulle nes en praat oor die berg trip more. Albert vertel wat Frik kom sê het, maar Cyril lag en se dit is sommer strooi. Hulle vlieg more oggend so net na half ses en sal sommer vroeg op die berg wees. Albert en Mina moet dan nou maar soos twee oues leef en uitmis op al die plesier. Mina glimlag en se “wees net versigtig”…

Eendag was daar…

Eendag was daar ‘n ongelooflike besige dogtertjie, ek meen besig. Sy was amper alleen-kind, haar boetie was 6 jaar ouer en hulle was nie dieselfde mense nie. Hy was ‘n model kind, pragtig, gehoorsaam, netjies, stil.

Sy…wel sy was net anders van kleins af. Dink nie die woord is kwaad nie, net altyd gevoel dinge is uitdagings en sy sal alles doen sodat haar pa net sien sy is nie anders nie. Dink haar wil was so sterk soos haar ma s’n, seker die dat hulle nie baie mal was oor mekaar daai tyd nie.

Wel die dogtertjie wou ‘n suster gehad het, veral toe sy groter word met wie sy kon praat. Iemand met wie sy goed kon deel, geheime, planne. Dalk tot maats wees. Maar daar was geen sussie nie, daar was ‘n broer wat toe al baie groter was en sy eie lewe gehad het met sy eie wense en dinge. Hulle was nie kwaad nie, hulle het net nie gedeel of gebond nie. En sy het ‘n perd gehad.

Fast forward….

Eendag, net so skielik, is die dogtertjie se wens vervul en daar is die suster wat sy altyd wou hê. ‘n Suster met ‘n hart van goud, geduldig, gelukkig en so goeie mens. Sy kry nie net ‘n suster nie, sy kry sommer ‘n all-in-one met haar, vriendin, suster, vertroueling, voorbeeld, mentor en ook ‘n towerin..

 

Dankie Ousus,🌻

IMG_1149.JPG

 

Wat as….

Wat as ek in die spieëltjie kon kyk en skielik weg gevat word na ‘n plek op ‘n ander dimensie en ek kon tyd terug kry….

Skielik sit ek op die bankie, die sonnetjie is net warm genoeg om gemaklik te wees, die see is rustig, mens ruik hom van ver. Die berg is daar, in al haar glorie, sy het nie vandag haar voorskoot aan nie, want sy weet daar is iemand op die “Tyd” bankie…

Ek kyk na my ma en kan net nie glo dis sy nie, haar hande is sag, haar glimlag wys in haar oë. Ek voel die trane loop en toe sy sê “Meidjie” huil ek sommer kliphard.

Haar stem, ek het dit so gemis, daar is so baie wat ek wil sê. ” Ek weet nie of jy my gehoor het in die hospitaal nie, daai laaste 3 dae. Sy glimlag, haar bruin oë sag, sy “pat” my hand en knik haar kop. “Ek het elke woord gehoor” .

Ons sit vir nog ‘n lang ruk en gesels, ons praat oor my pa, hy en Lady is heeldag in die veld en hy lees nog net so baie, oor Bertus en Una en die kleinkinders, oor Ouma Meisie, Ben- Boon, hoe hulle liefde en groete stuur, tot die troeteldiere. Oor so baie van die familie en vriende. Ons gesels tot ek bewus word van ‘n klok wat lui. Sy pat weer my hand en sê ” dis tyd vir my om te gaan, iemand anders het ‘n tyd-wens gekry”.

Ek wil haar nie laat gaan nie, maar kan dink dat daar so baie is wat so graag die blessing wil hê.

Ek druk haar styf, trek my longe vol van haar reuk, vat soveel aan haar soos ek kan en wil weet of dit ooit weer kan gebeur. Sy skud haar kop en sê nee. Ek druk stywer. ” Meidjie, ek is altyd by jou, altyd. Elke keer as jy in jou kop met my praat hoor ek jou. Kyk vir tekens, dis daar, maar net as jy kyk. ”

Ek maak my oë oop en my arms is leeg. Het ek gedroom?

Ek staan op en toe ek omdraai, lê daar ‘n wit veer….

1 Januarie 2020…

3b409120-f17e-4766-9c32-addfd874181e

Sjoe, groot datum, nuwe jaar, nuwe dekade, so baie dinge. Sulke ongelooflike mooi goed gelees en gekry vandag. Besef hoeveel ongelooflike mense in my lewe is, hoe blessed ek regtig is.

Daar is so baie dinge wat maal binne my en soveel verskillende gevoellens. Van “whatever” tot amper totale paniek. Die paniek laat my skuldig voel en dink het ek dan geen geloof nie, of is ek net menslik.

Khalil Gibran sê

Image result for khalil gibran quote re stress

Ek weet is wat ek wil doen. Ek weet dis daai paniek gevoel. Hoe leer jy jare se gedrag af? Dag vir dag neem ek aan. Dis seker nie iets wat net so gaan weggaan nie.  So elk dag net klein bietjie minder worry, so bietjie meer dinge waardeer en elk dag blessings tel. Verder weet ek nie.

Ek weet net dit is ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe dekade. Ek maak geen voornemens nie, ek wil net weet elke aand as ek gaan slaap ek het iets gedoen :

00a57fd0-7494-4633-829e-5128049da29d

Let go and let God…

Wel, dit is nou maande later, yip en ek skrik om dit te lees. Maande…..

Ek het heeltemal van die bus afgeval, kan nie eens die bus onthou nie. Dink nie tot Una my so ruk terug vra of ek ok is dat ek dit eens besef het nie. Ek is ok, het myself heeltemal verloor in werk en oortyd en gemors en moods en dinge. Wel, dit is nou oor.

Dalk die Universe se manier om te praat en my te vertel “dis nou genoeg want jy vergeet wie jy is en wie jy het”. So ek het geluister.

My broek bewe, my lewer bewe, en tog iewers in my is ek ok. Weet ek dit moet uitwerk en dinge sal goed wees.

9378e4fc7e3c755bca483d720f124fa6.jpg

Wat ek wel weet is dit, ek is terug op die blog en dit voel sommer heerlik. Ek het julle gemis, ek doen steeds. Die keer vergeet ek nie dat daar altyd balans moet wees nie.ad4e8936-e4be-4300-99d6-2306ac941e68

Rebusrus Konsert, my vyf..en ‘n bietjie

Die amfiteater sit stampvol mense en diere en dinge en dit is ‘n heerlike aand. Die maan is uit, die sterre blink en almal is gesellig. Nie ‘n gogga in sig nie.

 

Ek stap na DJ-Vliegie toe en sê: “hier is my vyf- en ‘n bietjie…” Vliegie lag en sê “is moeilik om te kies of hoe?” Ek knik my kop, want dit is ‘n groot storie om sommer net vyf te moet kies. Ek het mooi gedink aan die en besef, ek het seker ‘n paar lysies van vyf, maar dis ‘n ander dag se storie. ..

Ek is klein en maak nie saak na watter partytjie/troue/kuier toe ons klomp Steenkamps toe gaan nie, die liedjie speel altyd en almal sing saam. En al wat ek wil doen is saam my pa dans, want kyk, hy kan. En as hy eers sy arms so lig en sy tong punt so byt en smile dan kan die wêreld maar kom, my pa is aan my kant en ek sien kans vir die duiwel op ‘n swart perd. My ma weet dit en as die liedjie begin, soos met die Zorba, is s altyd kamma moeg en sê “Meidjie, gaan dans saam pappa, ek wil net so minuut of wat sit”. Ek hoor so die laaste deel van die sin want ek hol soos ‘n polisie perd om by my pa te kom en dar gaan ons…

 

Ek begin op 1 Januarie 1985 studeer vir verpleging by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria en besef op dag 1 …. ohhh kk, hier kom moeilikheid. Ek maak daardie selfde dag met lang Riana Nel maatjies en so is ons vandag nog. Ons is deur dinge saam, gelag, gehuil, ge-alles. Ons is letterlik van dag 1 in die moeilikheid tot die laaste dag daar. Eerste opskryf in die weermag  (DD1) kry sommer 3 dinge op:

  1. Hare pas nie by die uniform nie- die gesprek volg ” KO, wat se goo is in jou hare?” Ek skrik en vat so langs die kante en sê “dis nie goo nie Kommendant, dis gel en dit was baie duur” .Needless to say, was nie haar gunsteling persoon nie
  2. Musiek is te hard in die verpleeg woonblok – “Kommendant, ek is jammer, maar Amanda du Preez luister na Gert Potgieter so hard nie en dan moet ek my musiek van Pink Floed or Rodriques nog harder sit net om te kan hoor”
  3. Nie opgedaag vir klas nie- ja, oor daai een… Ek was in die klas, Riana het geskip. Sy en Helen het in die kas weg gekruip met Bybelstudie en koffie en beskuit eet en toe gee iemand hulle wg en oor ons altyd saam was, is ek sommer ook opgeskryf. Ons is van een kantoor na die ander gestuur en niemand kon glo dat iemand in die weermag dit gewaag het nie. Ons kon glad nie verstaan wat die fuss was nie.

Maar dit is ook daai tyd dat ons saam ‘n movie gaan sien Pretty in Pink wat my altyd,altyd aan Riana sal laat dink..

 

Ek studeer steeds en ons het omtrent grand geraak met die 80’s. Kyk ons is elke aand-en ek meen elke aand uit na ‘n klub toe. Ons is tussen 5 en 9 palle in my Beetle, lelike groen en sy naam is Voël, ek trek in die ry aan meeste van die aande want ons moet voor 8 in wees vir Ladies night of ons moet betaal en ons het nie geld nie. Riana moet sorg dat sy vir almal verversings kry om te drink. Dit is ‘n tyd wat so baie dinge in ons lewens gebeur en dit vat my ‘n paar jaar voor die woorde van die song regtig insink. Dit maak my net voel of ek nog nooit ‘n dag ouer geword het nie en dat die lewe eitnlik wonderlik is…

Soos hulle sê: fast forward so hele paar jaar.

Ek is in Dubai, dinge in my lewe het weird uitgedraai en dit vat my lank om met alles te cope in my kop. Ek het my ma en pa verloor, ek is deur die kwaad, die hartseer, die alles van dit. Ek het “uit die kas geval”, ek is getroud en geskei, en ek leer myself ken. Ek kom vir die eerste keer in 5 jaar huistoe en ek en my boetie click op ‘n manier soos nog nooit voorheen nie. Ons was nooit kwaad nie, maar dis asof ons mekaar daar raak kuier. Ek besef hoe ongelooflik blessed ek is en ek besef vir die eerste keer in jare, wel van my ma se ongeluk, dat ek eintlik wil terug gaan huistoe. Dit is ‘n wonderlike vakansie en vir die eerste keer vandat ek in Dubai is, huil ek die hele vlug terug Dubai toe. Maar die song, dit leer my so baie van die lewe en hoe dinge gaan..

En laastens..ja, dis ‘n Kaapse storie die. Ek en Padda is in die Kaap, ons ry Napier toe en sy het vir my ‘n CD gekoop en speel dit vir my. Die pad, die reuk, die natuur,alles is net perfek. Dit is die mooiste mooi, die klein winkels. Alles is net perfek.

Ek sit en kyk vir haar terwyl sy bestuur en ek besef weer hoe blessed ek is. Sy is my huis, my rustigheid. Ek kyk na haar en kan net smile. Dit sê en laat my daai liefde en mooi voel wat so vreeslike knop in jou keel raak dat jy nie kan sluk nie, dat jy weet as jy nou iets sê dan huil jy sommer. En dit sal my altyd, maar altyd laat weet hoe dankbaar ek is om dit alles te kon sien en beleef..

En net so pasella een… Dit laat my altyd dink aan al die dinge wat ons as vrouens laat gaan omdat ons dink ons moet ander dinge eers doen en ons lewens opgee in ‘n mate

As jy gaan deelneem, hak jou blog aan die skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

Towerinstraat nr. 9

IMG-20170512-WA0550

Halloooooooooooooo van ons Airstream karavaan af. Ja, ek bly uiteindelik in my karavaan wat ek nog altyd in wou wees en ek het nie eens nodig gehad om hom te sleep nie, dit het net sommer so gebeur.

In die wonderlike dorp, het ons geen so ding soos muskiete nie, so alles kan oopstaan, daar is ook nie goggas nie, wel die wat daar is bly by sekere plekke en gaan nie weg daar nie. As ek hier in Rebus is, is ek ‘n totale plant-eter met alles wat ek in die tuin groei. Ek moet nie sê ek nie, ek is deel van ‘n ons. Padda bly saam my hier en sy is my partner en hou my grounded. Wanneer ek in die Kaap gaan draai met ‘n storie, is sy die een wat geduldig wag en dan 12 minute later vra” so jy wil nie tee hê nie” en dan onthou ek dit was eintlik waaroor ek gepraat het. Sy is ongelooflik tegnies, baie stil en download net ‘n sekere hoeveelheid woorde per dag, die ander dink ek sit sy by my reserwes want ek praat non-stop. Wel ek kan, daar is tye wat ek sommer net my mond hou en dan soos my pa net luister en niks sê nie. Maar nie op Rebus nie, glad nie, hier is dit net awesome.

Die weer hier is wonderlik. Sien, die wat hou van hitte, dit is lekker warm by hulle, die wat hou van koue, selle ding daar. Nogal snaaks uit ons karvaan uit want ek is mal oor daai dae lang sagte rëen, lekker onweer, die wat mens se neus laat loop en en dat jy so in jou hande wil asemhaal, en Padda is mal oor hitte. Maak vir ‘n pragtige prentjie hier voor ons karavaan soos die weer gedeel word.

Jy sal sien hier is nogal baie motorfietse hier by ons. Ek het hier ook my lisensie en ry sommer ‘n paar mooie ysterfietse. Tannie Frannie se skelmpie kuier ook hier, sy naam is Silver en jy sal haar gereeld agter op sy bike sien. Hy is sommer net gorgeous en kan nie anders nie, want so is sy. Almal hier is net awesome en mens kan net jouself wees of iemand anders of wie en wat jy wil.

 

In die ander wêreld bly ek en Padda in die woestyn in Dubai en werk daar. Ongelukkig weet ons vir die volgende paar maande nie wat die woord koud of koel beteken nie, want hulle het tot die sifdraad tussen ons en die hel afgehaal, net ingeval daar hitte was wat dalk nie kon deurkom nie. Dis nie ‘n slegte plek om te wees nie, regtig nie, mens pas mos maar aan, maar na al die jare hier, bly die hitte baie, baie erg.

Ek verpleeg en werk nou in ‘n Alternatiewe mediese kliniek en is mal daaroor. Ek leer nog die hele Sangoma 101, die goed se naam kan ek omtrent nie sê nie, maar sien elke dag ongelooflike goed.  En ek het belsuit in Rebus, leef ons almal weer nader aan onsself en mekaar en het ons almal onthou wat eintlik so natuurlik na ons toe kom.

Welkom hier in die dorp en dit is sommer awesome om julle almal hier te hê.

Om die ander bloggers se bydraes oor hulle huisies op Rebusfontein te lees, gaan loer in by hierdie skakel op InLinkz:

https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b927