Listen to hear- not to react

So klein rant van my kant af. Ek kry vertigo van 2006 af elke jaar, party keer heelwat meer en so aaklig soos dit is, het ek besef wat my triggers is. Nou verstaan mooi, daar is min mense so paranoid soos ‘n nurse, sien altyd die ergste, veral as dit oor onsself is:

8c437f30-0e32-0134-24a6-0e1b1c96d76b

So ek gaan sien die ENT oor een rede alleen, ek het erge TMJ na die vertigo en ek kry dit oor ek so “clench” dat my kakebeen so seer is ek kan my mond nie oopmaak nie. Ek weet dit is nie die gewone nie, want pyn is anders en besluit finaal na amper 3 weke is nou tyd want nou voel ek kliere ens.

Ek gaan sien ENT konsultant en verduidelik my geskiedenis en verduidelik die verskil in hoe dit nou is. My vraag “I really do not want to take medication anymore, I take Panadol and Voltaren once a day and have relief, but I don’t want to continue this, I don’t want to suppress, I want to know what the problem is”

0925d0f24da236dfbc78dbaa457fefa8cartoon_0-1684x1566-775x721

Voor ek my kan kry, is ek op die ENT stoel en is daar ‘n scope in my neus vinniger as wat jy kan sê “what the hell are you doing?”. Ek spoeg en spartel en probeer wegtrek, hy kyk en dit is die en daai en ek wil net naar raak, rug trek so krom soos ‘n kat wat baieeeeee kwaad is:

angry-cat

Dit is een ding oor die ander, ek herhaal seker 3 of 4 keer selfde storie en voel ek begin so half rooi raak want ek is besig om vir my goed te wip.  Ek word sommer net so diagnose gegee, vreeslike name en gaan lees al die goed en hier kom die wen-stuk:

I am going to write up some medication for you….. Ons verdubbel die Paracetamol, sit ‘n sterker anti inflamatoriese middel by- 2 keer per dag en “the cherry on the cake” – I am also going to put you on Amitriptyline (this medication is used to treat mental/mood problems such as depression. It may help improve mood and feelings of well-being, relieve anxiety and tension, help you sleep better, and increase your energy level. This medication belongs to a class of medications called tricyclic antidepressants)

doctor_logic

Ek het nie ‘n probleem met die medikasie onder regte omstadinghede nie, dit is die feit dat ek daar is omdat ek van die een keer per dag pyn meds wat ek vat wil afkom want ek dink nie dis reg nie en hier word die dosis verdubbel en… vir iemand wat stress inhou (seker hoekom ek so clench)- word daar nou ‘n anti depresant voorgeskryf. I mean seriously!!!

Op watter stadium het dit so verander in medies dat dit jou eerste voorstel is vir ‘n pasiënt? Ek weet daar is baie mense wat sal dink die dokter het op sy kop geval as hy voorstel “ek dink jy moet begin met yoga of meditasie, ‘n sport om van die stress ontslae te raak, sien sielkundige of life coach, wat ook al. Maar onmiddelik is dit pille.

Hy sê “you don’t look happy about what I decided” en ek beaam dit. Sê ek is glad nie, ek wil juis van die pille afkom, jy skryf meer voor, met goed wat se effek jou slaperig maak en jy weet ek werk en bestuur- wat het jy nie verstaan van my vraag nie. ” well let me guess, you want to do the natural thing?” Ek sê yes I do en sy prize antwoord “just remember that all medicine is made from natural products”.  FB_IMG_1494053541087

Geluk is dat daai middels hier verskriklik gekontroleerd is en jy omtrent ‘n nier moet opgee vir sekuriteit. Die universe het na my gekyk en hy het nie geteken nie, nie regte informasie ingevul nie en ek is daar uit met ‘n “sorry, got to go to a meeting and will pick it up tomorrow”.

Ek het dit self gesort en besluit te hel met hom en klaar. Dit maak my kwaad en dit maak my hartseer want ek besef net een groot ding- hy is een van duisende en niemand van hulle gaan ooit verander nie.

Ek mis die dae wat jy na ‘n regte dokter toe gegaan het wat nie jou hele medies opgebruik met al wat ‘n toets is nie en na jou as mens kyk en actually ondersoek en sê ” ek bel solank dat hulle jou bed bespreek want hierdie blindederm moet uitkom”.  Partkeer wens ek dis nog die tyd dat jy betaal is met ‘n hoender of skaap of wat ook al jy kon gee om te sê dankie dat jy na my gekyk het en my regtig wil help. Dit sluit tandartse uit- sorry, maar daai van ons slaan jou tand uit met ‘n klip werk net nie vir my nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is briljante dokters en mense in medies en ek dink hulle doen ‘n grat werk- ek wens net hulle wil begin luister om regtig te hoor en nie om te reageer nie….

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

21 thoughts on “Listen to hear- not to react”

  1. Sus, ek gaan glad nie reageer nie! Op die oomblik kry ek skaars asem gehaal met jou boet en die pille en die vrae. Tyd dat jy huis toe kom en kom oorneem!!! En toelaat dat ek na ń retreat toe gaan.

    Liked by 1 person

  2. Ek weet hoe jy voel. Ek het oor die jare soveel voorskrifte versamel dat ek later pille geëet en maaltye gedrink het. Ek is ‘n jaar by my huidige kardioloog en hy het my al “gespeen” van twee soorte pille, terwyl die dosisse op die ander verminder is. Hy moedig my aan om te loop, wat ek tog te graag hier op die strande doen, en te oefen (hopende dat ek nie bene en arms breek nie) en sorg dat my dieet gebalanseerd is. Hy vat die tyd om my te verduidelik wat die nadeel van elke pil is (daar is altyd nadele) en ek het volle vertroue in hom. Sy soort is dun gesaai. Sterkte met jou stryd.

    Liked by 3 people

    1. Dan is hy goud werd en is wonderlik hy doen nog wat hy veronderstel is. Stap is wonderlik en dit moet amazing wees so by die see. Gooi vir my more ‘n klippie in die see asb🙏😊🌻

      Liked by 1 person

  3. Soos jy sê, dankbaar wanneer ‘n dokter jou regtig hoor en gesond maak.
    Ek dink ook dokters weet nie altyd of die pasiënt pilleverskrik is of nie. Jy het dit baie duidelik aan hom gestel dat jy jyis nie pilleverskrik is nie. Maar vir sommige mense beteken meer pille meer status, klink dit my.

    Liked by 1 person

  4. “Massaproduksie” die vinnigste manier om sy volgepakte spreekkamer leeg te kry, prop elkeen n voorskrif in die hand en daar gaan jy – dit is hoe ek daaroor voel. Ons het al die jare (as kind) n dokter as n buurman gehad, vandag is hy oud, hy het net gister weer n dokter en n bed vir my pa gereel, ons glo in hom, amper soos in die Bybel. Nog n REGTE dokter.

    Liked by 1 person

  5. Ek was ook op klomp pille vir jare. Het self alles gelos en gebruik nou net twee wat noodsaaklik is. Ek dink ons word vergiftig deur al die medisyne. Aan die anderkant het dokters ook ‘n probleem, want meeste pasiënte wíl pille en veral antibiotika hê.

    Liked by 1 person

    1. Dit is baie waar Perdebytjie, veral hier. Jy kan nie glo hoe doctor- hop hulle totdat hulle gekry het nie. Mense het net nie meer geduld om te wag nie, en hartseer hulle besef regtig nie wat se skade van die goete doen nie. As op regte manier en tyd gegee word briljant

      Liked by 1 person

Comments are closed.