82 ….

Vandag sou jy 82 gewees het Emma, my ma. Ek kry vanoggend die mooiste boodskap van ‘n niggie van my om te sê sy onthou my ma se verjaarsdag sou vandag wees en dis lekker om sulke mooi herinneringe te kan hê.

20170401_154252

En dit is. Dit het my ‘n baie lang tyd gevat voor ek regtig “ok” was oor haar dood.

Ons het nie baie van mekaar gehou toe ek kleiner was nie, ek dink eerlik is die rede hoekom ek te bang was my lewe lank om kinders te hê- was so bang ek kry ‘n kind so erg soos ek was. Ek was ongelooflik stout, nie lelik nie, net hel besig, nuuskiedig en ongelooflik hardkoppig en sou jou mooi wys ek kan alles doen. Ek het eerlik nie ‘n bang haar op my kop gehad nie. Maar vir haar was ek nogal versigtig. Sy was ongelooflik kwaai, regverdig, maar kwaai. ‘n Regte matriarch gewees in die familie. Kyk, sy het in swart en wit gesien- altyd, daar was niks grys nie. En sy was die eerlikste mens wat ek in my hele lewe ontmoet het.

moeksou f pic1

 

Ek was op hoërskool toe ons nader begin kom het aan mekaar en toe ek swat, het dinge baie verander en ons het net nader en nader aanmekaar geleef, tot ek basies beskryf was as “haar nier”. Ons kon oor alles praat, eintlik ek, sy en my pa. Maar my pa was ongelooflik konserwatief en seker dinge was vir hom effens erg, maar ek en my ma het gepraat dat die biessies bewe.

IMG00217-20110907-192520170401_154955

 

Was albei mal oor kuier, fliek en shop. My pa het ons ‘n hele paar keer omtrent ons fortuine vertel oor ons eers donker by die huis aangelsuip kom. Ons het soveel fun gehad met simpel, maar lekker dinge.

F mixemma mix20170401_16082120170401_160700f mix 4

Na haar ongeluk is ons nog nader aan mekaar gewees as dit ooit moontlik is. Ek sal die aand in my lewe nooit vergeet nie. Daai gevoel toe my boetie my kom sê sy is geskiet en sy lewe, sy is in die hospitaal. Ek het baie in my lewe gwonder hoekom mense altyd so bargain met die Here, ek het daardie aand vir die eerste keer ooit in my lewe besef hoekom. Al wat ek gevra het was dat sy leef tot ek vir haar kon sê dat ek vir haar lief is. Ek is soveel meer gegun as dit en is dit oneindig dankbaar.

20170401_16101620170401_15430520170401_154220

 

Dit was nie maklik nie, nie vir enige een wat daardeur geraak is nie. Maar sy het so goed daaruit gekom, was unreal hoe sy deur haar rehab is, 6 weke dag en datum en dat sy so sterk was daardeur. Ek het soveel van haar geleer, en soveel in daardie tyd. Daar was baie lag, baie huil baie frustrasie, baie moedeloos, baie alles. Dit het my gebreek om ‘n vrou te sien huil elke dag oor pyn, iemand wat ek in my lewe tot op daai stadium seker 3 keer sien huil het. Dit het almal van ons geraak.

Ek kyk na die fototjie en my hart is seer en bly op dieselfde tyd want hier is mense wat soveel in my lewe beteken het en so goed was vir my, vir ons, vir mekaar.

20170401_153256

Ek kyk na al die fotos van jou Emma en ek mis jou. Ek mis om net met jou te kan praat oor dinge, om jou stem te hoor. Om jou te hoor lag. Om in jou kamer in te kom en ‘n laaitjie oop te maak en te sien hoe alles altyd so netjies gepak is, alles op hulle plekkie. Ek smile nou nog as ek tee maak en ek kan jou hoor “Meidjie, moet nie aan my sakkie tjou-tjou nie, dit moet self trek”. Daai vingertjies wat net nooit stil was nie, nie eens as jy slaap nie. Hoeveel nagte het ek wakker geword dan voel ek my hare trek nou vreeslik dan is daai vingertjies goed vasgedraai in my hare en vroetel en sit vas. Daai vreeslike weird snork- my pa het haar altyd wakker gemaak en gesê “Boksie, nee man, word wakker, jy klink of jy met die dood worstel”, dan skrik sy en raak net daar weer aan die slaap en so gaan dit aan. Ek smile as ek so vaak is dat ek net soos jy aan die slaap raak oppad kussing toe en Padda my die volgende oggend so kyk en sê is nie reg dat mens so vinnig kan slaap nie.

Ek weet jy het ‘n amazing verjaarsdag vandag en almal van julle kuier saam. Happy birthday Emma en love ya madly,xx

moeks1

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

23 thoughts on “82 ….”

Comments are closed.