Kuier Safari – Silver…

 

Wel, ek het probeer rondsnuffel oor Silver, ek meen, hy kyk  rond hier tussen ons Towerinne en Tannie Frannie lyk my is totaal in sy visie. Lyk my alles is of gesëel, of jy kry net so hier en daar ‘n foto, maar die res lyk half duister.

Ek ry vanmiddag laat en ontmoet vir Big Daddy, sy seun. Ons gaan drink gou ‘n bier by hulle een hang- out hier naby. Bikers van oral kuier hier rond, hulle het sulke plekke wat so na aan hulle is en die mense ken mekaar en het hulle eie “familie struktuur” in hulle verskillende groepe.

 

Ek is baie bly om Big Daddy weer te sien met sy lang hare, so woes soos hy lyk, so goeie hart het hy en ek wonder of hy na sy pa aard. Silver kom blykbaar ook ‘n  draai maak want hy wil homself kom voorstel, hy kom ook Gariep toe want lyk my daar is paar bikers wat die Johannesburg- Kaap roete doen daai tyd.

Ons staan nog buite toe ek die vreeslike engin hoor,die V-Max kom daarin gery en die bikers staan dadelik op en nader en ek besef net daar, die moet die “Legend” wees- Silver…

H3257-L96347322

 

Big Daddy- sy regte naam is Seth staan op en loop af om sy pa te groet en daar staan hy, in lewende lywe..

Avenger

Padda gee my so ligte stamp op die skouer en wys so half met die wenkbroue vir my” dis hy daai”. Die bikers kom groet en doen hulle hand skud ding en lyk vreeslik verbaas om hom te sien, hy is ‘n legend, maar is nogal ‘n alleen mens.  Ons loop in en sit rustig by die kroeg, elkeen met ‘n bier.

Die geprek is gemaklik en gaan tipies oor die normale dinge soos bike parte en customs wat gedoen word en helfte gaan oor my kop, Padda gesels rustig saam oor sprockets en die ou bikes met carburators en die nuwes wat nou fuel injected is, ek smile en knik net kop. Hy restoreer regte ou bikes en mens sien die passie en die geluk op sy gesig wanneer hy daarvan praat. Hy het ‘n plaas, werk met perde en ek dink by myself, hy sou so ‘n goeie cowboy gewees het. Hy lyk soos ‘n man, groot, growwe hande, hande wat kan werk, maar wanneer hy van bikes praat, dan blink sy oë en hy haal vir my 2 fotos uit sy “wallet” uit. Ek dag, hier kom dit nou die vrou en kinders, maar nee. Dis ‘n bike, sy grootste trots wat hy gebou het..

c4cefe5c-3571-4ffc-8823-2a92d6647647fec2a0fc-bdb2-4c6f-9d54-f82e82ec6526

Hy noem dit was sy pa se bike, dit het jare net gestaan, sy ma het motorfietse gehaat en hy moes baie jare wag voor hy die “skelet” kon optel en regmaak. Dis toe ek so na hom kyk dat ek besef waar Seth se sagheid en passie vandaan kom, hy aard regtig na sy pa.

So teen die tweede bier vra Silver my hoe dinge gaan en of ons probleem met Broodina gesorteer is. Ek skud my kop en sê nee, daar is ‘n hele paar van ons wat dink sy gaan nog groot moles maak, weet mense wat niks het om te verloor nie is baie gevaarlik. Hy leun vorentoe, haal ‘n foto uit sy hempsak en vra of dit die vrou is wat die moeilikheid veroorsaak het vir ons. En daar, net daar op die foto staan Broodina.

Ek skuif half ongemaklik rond en knik my kop en sê dat ons nie wil moeilikheid hê nie, maar sy gaan nie luister voor sy regtig goed skrik gemaak word nie. Hy knik sy kop  en draai sy kop so skuins en sê “Los dit by my, sy sal nie weer pla nie”.

2165210

Ek het besluit hoe minder ek weet, hoe beter en net gesê dankie. Ons kuier nog so rukkie en toe en en Padda opstaan om te gaan, keer Silver my. “Ek het jou opinie nodig oor iets”. Ek knik en sê enige tyd.

Hy staan op en ek neem aan ons moet hom buite toe volg. Hy loop na so klein gararge toe en maak die deur oop en vra ons moet inkom. En daar wys hy my nog ‘n motorfiets, so pragtige custom Fatbob. En dan sy woorde aan my…

harley-davidson-fat-bob-2018-exhaust-mufflers-vance-hines-46547-slip-on-milwaukee-8-ce-tuv-hi-output

“Dink jy daai gorgeous vrou sal hiervan hou?”

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

36 thoughts on “Kuier Safari – Silver…”

  1. Nou wie’s hierdie “gorgeous vrou” nou? Alhoewêêêlll, as die man van sulke gedaan motorfietswrakke hou…
    Bwahahaaa, en noudat ek die Fatbob se foto sien, besef ek ek het seker op daai agtersaal gelyk soos ‘n baba-bobbejaantjie wat aan haar mamma se rug vasklou… (Nee, dis nie my beeld nie – iemand anders het dit reeds gesê) 😉

    Liked by 3 people

    1. Ai Frannie, ons sit op Bangkok lughawe, en toe ek jou kommentaar lees oor die baba-bobbejaantjie, toe bars ek hardop uit van die lag vir die prentjie. My meisiekind gee my maar net ń kopskud en kyk verskonend rond vir diè ma van haar wat so verspot sit en lag.

      Liked by 2 people

      1. Dit begin mos soos Cinderella…. en tot jou ontnugtering is jy kort voor lank weer terug in die kombuis… en moet daar hard aan die huwelik gewerk word anders val die pap op die grond.

        Liked by 3 people

    1. Oh hell no, verkeerde sons daai, SOA is niks van hulle nie- so bly iemand herken hulle (Opie). Daai Fatbob is mooier as mooi, tannie Frannie, jy is ‘n gelukkige vrou om daarop te ry🌻

      Liked by 3 people

      1. Ai daar is niks so lekker soos ‘n bike ou wat in die ry sy hand agtertoe vat en jou been/boud ‘n stywe drukkie gee nie, dit maak butterflies op my maag elke keer. Hoop Silver is daai tipe bike ou

        Liked by 3 people

  2. Ek trek alle vrese terug…Tannie Frannie! You go girl! Daai kyk in daai oë, dis ‘n knieëlammaakhartgalop kyk…! Jy moet net weet, jou gevolg gaan groot wees. Ons almal wil strooimeisies wees. Virgo, ek is seker ons probleem met Broodina gaan vinnig iets van die verlede wees as ek so lees. Om een of ander rede is ek baie bly my naam is nie Broodina nie!!!

    Liked by 3 people

  3. Hi Virgo het hierdie oorgeslaan vir een of ander rede. Onlangs by Tribe in BMW Motorrad in Kaapstad gaan koffie drink. Ek en paar vriende besoek die Kaapstad koffieroete. Ek vermoed jy sal baiee van die plek hou nie oor die koffie nie… tensy BMW koffie nie jou brand is nie.

    Liked by 1 person

    1. Hi Abrie, moet eerlik sê was nooit my brand nie, maar vandat ek op daai 650 (G reeks) gesit het en my voete geraak het, het my brand totaal verander. Ek sien defnitief ‘n koffie in die volgende SA trip:)

      Like

    1. Tannie Fannie, dit is beautiful geskryf en die mooiste songs, self ‘n Zoid fan en dink beide songs sê alles en meer. Wag, ek gaan weer luister🌻🌻

      Liked by 1 person

Comments are closed.