Lekker happies…

En hier hak ek vas, want skielik het dinge effens verander met my en kos. Ons yskas lyk heel anders as altyd . Danksy galblaas (Kameel, jy het al my simpatie) en so lekker breuk, is baie dinge finally van my lysie af. Ek ek is mal oor eet, glo my, lekker kos, gekookte kos. Ek het steeds baie soettand en kan net so oor sout raak ook. Ek net op stadium wat ek besef dis nie die pyn werd nie en ek dink ons yskas sal my arme boetie slapelose nagte gee.

Daar is altyd waatlemoen in ons yskas – ek is totaal versot op waatlemoen en deel nie graag nie (daar is dit uit, ek het dit erken).

En dan papaya- Padda haat dit, sy wil omval met daai reuk. So ek maak smoothies daarvan met soya melk.

En nou het ek geleer ysies maak. Ek het blokke en blokke gevriesde appelsap wat ek juice en ook so mengsel apple, mint en komkommer en is heerlik. So as ek lus kry vir roomys, dan het ek my ysblokke uit en eet rustig. Amazing wat mens se mind kan aanvaar.

Ons het die heerlikste room-kaas (gemaak met coconut) met chives in ontdek en moet sê ek kan nie wag vir Vrydae se mark dag om te gaan koop nie. Padda kry kaaskoek van selle plek.

Altyd een of ander kombinasie juice in yskas, veral goed met beet en appel in (galblaas en lewer is baie bly en email gereeld om dankie te sê). En altyd oorskiet sop wat ek maak of groente wat in slaai ingaan volgende dag. So nou en dan so lekker gluten free broodjie, so bietjie olyfolie en knoffel wat jy self sny en opsit en kaas (ja ons doen nou vegan kaas) en in die oond…njammies as daai broodjie uitkom. Die gewone version daarvan was net so lekker.

Tannie Ina Paarman se honey mustard is ALTYD in die huis. En Heinz tamatiesous en mayo mengsel (patatjie-oorlog) en alles word in dit gedip

Wat was altyd in ons yskas: (wel laat ek sê het ek altyd ingehad)

  • Tjoklit- een of ander soort
  • Heerlike konfyt (superfyn applekoos)
  • Klein blikkie kondensmelk
  • Oorskiet kos
  • Waatlemoen
  • Een of ander poeding (veral chocholate mouse toe ek nog suiwel ge-eet het en kaaskoek)
  • Popcorn – die wat jy self skiet ons het nie mikrogolf nie
  • Lays sout tjippies
  • Sour cream en chives rice cakes
  • Future life pap (meng gewoon en chocholate – toe ek nog suiwel ge-eet het)
  • Rainbow melkies – sulke klein evaporated melk houertjies en proe ongelooflik in tee (ek mis dit baieeeee)
  • Koekkies of beskuit, iets om te dip in tee

Wat ek nou net besef…

2eff640d4f1c6ba3295e92e1691e1c66--eating-healthy-healthy-living

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/f651aca5342f4bb9afec003e5aab6321

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

17 thoughts on “Lekker happies…”

      1. Ek luister nou na die Game of Thrones audioboeke en die mense eet knaend rou uie soos wat ons appels eet. Nee kyk, ek hou van rou uie in my slaai, maar daar is uie en daar is appels …

        Liked by 1 person

  1. Niks meer suiwel nie. Dis interessant. Ek eet graag kaas en gebruik kefirmelk in my kos. Ek vrek oor waatlemoen en papaja, so daar is definitief happies by jou waaraan ek my sal vergryp. Ek het ook altyd appels in my yskas en ek koop sakkies beet by Food Lovers Market – kook dit op in soutwater en eet dit net so. Ek weet nie of dit goed is vir my galblaas (of enige ander organe nie), vir my is dit ‘n lekker happie.

    Liked by 1 person

    1. Beet is wonderlik vir lewer en galblaas- so ook apples. Was vir my baie moeilik om van suiwel af te kom, vir my beste ding wat ek ooit gedoen het, sommer paar dinge opgeklaar. Volgende misie nou is om wheat en suiker te sny, dan is dit totaal totsiens met inflammasie prosesse

      Liked by 1 person

  2. Hi Virgo, ek het jou skakel op InLinkz verander – die URL was verkeerd. Onthou, jy moet jou blog oopmaak soos ‘n leser, m.a.w. op jou home page, klik op die titel van jou blogpos om dit oop te maak. Kyk nou mooi na die URL-adres van die blog heel bo aan die skerm “https://virgoc676196113.wordpress.com/2019/03/28/lekker-happies/” – dit begin met https://dan die naam van jou blog, dan die datum en dan die naam van jou blogpos. Dis soos wat jy dit in InLinkz moet incopy sodat mense jou maklik kan vind 🙂

    Liked by 2 people

Comments are closed.