Woordsnoer 4: Towerinstraat 9, VirgoC

95ff1b55-bb16-4a10-a6e0-959c250e7d9b

Whohoooooooo, ek is mal oor my eend. Die het sommer saam Una gegaan op die eerste waens en al gestaan en wag by Towerinstraat nr 9 in Rebusfontien in #Middel Mzanzi. Ek nog op die ossewa en kan nie wag nie, man en muis is al weg met die eerste waens , dit is effe stadiger as die motorfiets en weet sommer Padda sit al lank en wag. Weet sy en ons “foster-kat” sit al en wag van vanoggend af. Sy naam is Floki, hy is ‘n Norwegian Forest Cat blykbaar, so hy is nou ‘n volbloed Viking. Ek is so bly hy het maatjies in ons dorp.

472dbb54-eb32-4f38-be13-abcc6b43c864

Toe ons so om die draai kom sien ek daar staan ons Airstream huisie en wag en ek is so opgewonde. Ek is so bly ek het so lig gepak, gooi my groot duffelbag oor my skouer en spring af, loop verby die Spekboom-heining en skreeu “Ek is by die huissssss”

IMG-20170512-WA0550

Sjoe, dis darem so mooi uitsig hier op Rebusfontein. Ek kyk weer na ons Airstream en glimlag want ek kan nie glo ek gaan uiteindelik leef soos ‘n sigeuner nie. Padda glimlag en sy en Floki stap nader, hy skuur-skuur so teen my been en jaag so velore vlinder so entjie. Ek staan en haal lekker diep asem, skoon lug, wonderlike skoon lug. Ek vertel dadelik van die pragtige huisies wat ek gesien het so met die inry slag, begin sommer by Hester wat honorêre burgemeester is in ons sprokies-dorp. Hier waar geen droom onmoontlik is nie, wat jy sien en droom, dit word rerig.

Ek kyk om na die onthaal deel toe, daar waar ons kan lag en gesels en kuier, waar die motorfiets manne en al ons ander vriende en familie kan kom saamsit aan ‘n tafel wat groei en krimp sodat almal kan inpas wat kom sit vir ‘n rusplek, ‘n koppie koffie of ‘n bord warm kos- wat ookal hulle nodig het. Want hier, hier op die dorp maak ons drome waar word en hier suffer niemand nie.

RMiller_CMLA_GRMalibu_122-X2b063d574_originalmalibu_dream_airstream_1.0

En ek glimlag nog meer as ek omkyk en ons kruie en blomtuin sien, hier waar ons al ons eie kruie en bossies groei, want hier hou die natuur ons gesond en al die ander gif hou ons uit. Ons leef en kyk na die aarde en sy kyk na ons.

the-elsa-olive-nest-tiny-homes-640x397

En wanneer ek binnestap is dit heerlik binne, want soos beloof het Padda gesorg daar is ‘n kaggeltjie, of soos hulle sê “wood-burn stove” en sowaar, sy het my container swembad gemaak en die water is heerlik warm. Hier gaan ons heerlik swem nog en kan ons in die wonderlike mineraal water lê of baljaar heel jaar deur.

Ek asem weer diep in en kyk op en sê saggies “Dankie vir al ons blessings”

11052004_595126420602567_6250185276794629076_n

**************************
Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasievonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord(e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

25 thoughts on “Woordsnoer 4: Towerinstraat 9, VirgoC”

  1. Julle is hier, my Sus!!! Floki en Kieter behoort mekaar te verdra, dink ek, anders gaan ons kattewales hou. Daardie tafel en swembad, nee kyk, ons gaan lang kuiers kan deurwerk.

    Liked by 1 person

    1. Praat jy, ek smile van oor tot oor nou. Voel amper of ek op vakansie is, julle Sal goed cope, hy is vreeslik rustig en dierbaar, sy Sal baie Mal wees oor hom.

      Like

  2. ‘n Swembad??? Nou is ek jaloers. Kan ek elke dag kom kuier? Dis ‘n mooi huisie en ek is mal oor die tafel wat so groter word en krimp – Harry Potter-styl. Floki is pragtig.

    Liked by 1 person

    1. Ooooooooo, jem tertjies!!!!! Ek is so bly jy het Bondels, dankie dat jy julle so mooi weg gesteek het🤗. En ek het lekker gelag nou vir jou🌻🌻🌻

      Like

        1. Ek het lekker gelag, jy dit gesê presies soos Una sou en kon julle 2 picture toe ek dit lees. 🤗. Dit is great en daai jem tertjies was awesome🤤

          Like

          1. 🤣🤣🤣🤣🤣, hmmmm, Kan dink. MA kyk, sy Kan vir jou banting muffins maak hoor. Weet jy hoe bly is ek dat mens hier in ons dorp kan eet wat jy wil en geen gram optel nie. I am in paradise…. 😁😁😁. Maar toe, kombuis toe, die tertjies wag😀😀😀

            Like

  3. Oooooo daardie uitsig. Sal heeldag op die uitkyk sit en die verte in tuur. Kan voel hoe heerlik diep haal ek asem!!! Welkom in Rebusfontein!!!

    Liked by 1 person

    1. Kameel!!! Ek is so bly om hier te wees, dankie en sit en kyk jy solank jy Wil. Laat weet as ek koffie moet bring en een van daai jem tertjies wat Bondels vir my gebere het🌻🌻🤗

      Liked by 2 people

      1. Koffie sit my hart op gallop (spelling) so ek mag dit nie drink nie. Die jêmtertjie sal baie welkom wees….en dan van Hester se putwater met suurlemoen en mintblare. Wil nie vraatsig wees noe maar sit maar so ‘n paar tertjies op die bord. 😊

        Liked by 1 person

  4. Virgo!…dit gaan nou so weird klink, maar kan ek asseblief een nag op daai stoepie kom slaap, so in die buitelug??

    Liked by 1 person

Comments are closed.