Motivation, inspiration, not sure which one..

Vandag, na ek 2 blogs gelees het oor gewig en hoe ons eintlik ons “own worst enemy ” is, wil ek julle ‘n storie vertel van ‘n vriendin van my. Ek dink nie altyd sy besef die impak wat sy op mense het nie, maar Marianda is met een woord amazing. Ek het haar raak ‘gelees’ op ‘n groep op FB met naam van Sleekgeek, en ek was mal oor die groep want al wat hulle gedoen het, was om mense aan te por en te help en op te bou en ek was en is mal daaroor. Haar storie het my net in totale awe gehad.

Sien Marianda, soos ek is ook ‘n nurse. En Marianda het 120kg (julle lees reg) verloor, sonder om te sny. Dit het haar in totaal 5 jaar gevat! Ek weet nie van ander nie, maar ek weet net van my en die feit dat iemand 5 jaar lank kan aanhou omdat die end result so sigbaar is, of hulle so gemotiveerd is, is steeds vir my totaal ongelooflik. Met haar toestemming gaan ek pics vir julle post.

Ek het haar omtrent so 2 jaar na my surgery ontmoet- het sleeve gehad- storie vir ‘n ander dag. Sy was en is net een van daai mense wat so opreg is, so mens nog dat mens nie anders kan as om lief te wees vir haar nie. Ek het lanklaas in my lewe so lekker koffie gedrink saam iemand. En ons is letterlik van daai dag af palle, nee, vriendinne.

Die rede hoekom ek dit vertel vannaand is omdat deur al die tyd wat ek so goed gedoen het, van die wa af geval het en die wa -convoy nou al 14 state verder van my af is, is sy nog altyd aan my sy en by my en het sy nog nooit ‘n negatiewe woord oor dit vir my gesê nie. En dis oor sy verstaan. Sien , nie net het hierdie vrou deur dit alles gegaan nie, sy val self van die wa af, klim terug en daar gaan sy. Daar in die begin, sy kon nie loop nie, en sy het so stadig begin en nou, nou neem sy deel aan een maraton na die ander. En die wat nie byhou nie, sy loop saam hulle.

FB_IMG_1497037978828

Ek het soveel aan haar te danke van dinge, soveel wat sy nooit sal weet nie. Klein goedjies wat my net laat besef maak nie saak hoe vêr daai wa is nie, jy kan steeds opklim en weer aangaan. Haar droom nog altyd was om ‘n motivational speaker te wees, en vandag, vandag is dit wat sy doen.FB_IMG_1491132086283Ek post hierdie oor dit wat ek vandag gelees het, oor dit wat in my eie kop aangaan. Daai ‘iets wat nou moet gebeur’ in my, daai baklei en sweep wat ek teenoor myself uithaal. Dat ek vergeet ek het so goed gedoen en al waaraan ek dink is die 13 kg wat ek opgetel het van die 49kg wat ek verloor het. Ek weet wat ek fout doen en ek weet hoe om dit reg te maak- maar dit is asof die hel homself in my wakker word en dit amper net erger word hoe meer ek daaroor dink.  Ek het nodig gehad om die goed te lees vandag, ek het nodig gehad om my vriendin weer te sien en te hoor vandag. Ek het nodig gehad om te weet dit is ok en alles gaan reg kom en dit hoef nie vandag te gebeur nie. Die foto wat seker een van die grootste impressions op my maak is die:

FB_IMG_1497199411872

Min dinge in my lewe laat my daai gevoel kry van regtig hoe ongelooflik jou journey regtig was en is.

Ek weet nie of ek dit mag doen hierop nie, maar as dit iemand help, kontak haar. Marianda Cronje geel – sy is op Fb en sy het ‘n groep en sy het haar eie page.

Marianda, al wat ek kan sê is dankie vriendin, dankie dat jy my grounded hou en altyd daar is en dat jy een mens is wat almal se stryd kan verstaan. Love jou stukkend,x

Die stuk deur Will Smith laat my so aan jou dink, want dit is presies die tipe ding wat jy nie net sê nie vriendin, jy leef dit uit- dankie,x

601678_240549439417110_1141670062_n

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

19 thoughts on “Motivation, inspiration, not sure which one..”

  1. Wow en weer WOW!

    Sy klink na n ongelooflike mens! En een groot bal inspirasie. Baie dankie vir die deel. Ek gaan beslis begin, al is dit klein en min!
    Sterkte ook aan jou en geluk met al die gewig wat jy afgeskud het.

    Liked by 1 person

    1. Sy is ongelooflik, my so baie geleer om met myself bietjie meer vrede te maak. Sterkte en ons moet opvang oor die, tree vir tree waar ons is elke nou en dan,x

      Liked by 1 person

        1. Dan maak ons so en ek sal seker maak ek onthou om te vra en nou en dan dinge te post. Iets wat my baie gehelp het vroër en sal weer begin doen. Dankie vir julle deel, dit het my die wêreld se goed gedoen om te weet daar is ander wat ook so voel. En meer nog, my pal wat in die States is, die mooiste vrou met die langste bene en ‘n hart van goud, het self ingeloer vandag. En alhoewel Nannie nog nie ‘n dag in haar lewe moes dieet nie, sê sy vir my vandag het haar goed gedoen om dit te lees, want sy self het van die wa af geval, ander wa, maar sy is ook af. En sy was nog altyd my rock, van dag 1 af toe ons saam begin studeer het baie, baie jare terug.

          Liked by 1 person

          1. Dit is wat die blog so lekker maak, ek is dankbaar vir my blog en my “maats” hier, ek leer by hulle en ek lag vir hulle en ek kan se wat ek dink en voel. Dankie vir jou deel daarin. Kom ons pak die ding aan. Dankbaar skoonsus het jou kom voorstel.
            Mooi dag vir jou.

            Liked by 1 person

  2. SJOE…. ‘n heldin. Baie inspirerend ja. Sal dadelik die muffin terug sit in die bak…en weer op die wa klim met suurlemoen water en nuwe hoop. Dankie vir die deel x

    Liked by 1 person

      1. ek het gister al tjoklits van die dorp af bestel….so as dit vanaand hier aankom, dan is dit my laaste binge. (Se ek nou vol hoop en brawade) – dankie vir die post van jou, ek hak vas op youtube wanneer ek nie kan slaap, en gisteraand het ek een sukses storie na die volgende gekyk van vrouens wat die stryd gewen het ….meer die binne stryd. En dan voel mens dit gebeur net doer ver. Maar hier is jy nou met een van ons eie. Dankie x

        Liked by 1 person

        1. Dit was vir my regtig so goed om gister al die te lees. Daai deel van binne stryd, dis wat ons aan werk en die support hier is wonderlik. En as daai tjoklits kom, geniet hulle. Met my moet wk net nie se nooit weer nie… inner child awake en hol soos weerwolf op volmaan rond. Dankie vir die deel,x

          Liked by 1 person

Comments are closed.