In the Jungle,the mighty jungle…

Lees al die avonture hier: https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

Trommeltjie hou die bord bewerig vas, ek gee haar ‘n groot druk. Moenie worry nie Trommeltjie, ons gaan heeltemal okay wees. Ek tel die stene op en gooi…


6!


Die Bloues storm weg en hol in hulle honderde verder. Ons almal staan daar langs die rivier, die kalf ook – langs Trommeltjie en dink beslis dis sy ma. Ek kyk skielik op, ek is seker ek het geweer skote gehoor. Ek kyk om en sien Toortsie het dit ook gehoor, Aalsie wys vir almal om stil te bly. 


Kwa! Kwaaa! Gaan die skote af. Appeltjie wys na die heuwels se kant toe en sê sy dink dit is van daar af. Die volgende oomblik begin die aarde bewe, mens hoor net hoewe en ons almal besef iewers is ‘n stampede en wat dit is weet nie een van ons nie. 


Water toe julle!!

Seegogga gil net “daar is krokodille en Toortsie kan nie swem nie” Ek skree net weer, “water toe” en begin hardloop. Ons almal hardloop, die kalf agterna. By die rand stop ons en kyk af en daar lê seker ‘n stuk of 10 seekoeie in die water. In my kop dink ek net “ons het julle hulp nodig vandag asseblief” Een van die groot seekoei bulle draai om na ons toe, stap uit en ek hoor sy stem in my kop “kom, ons kan help”. Ek skud my kop en dink ek het tog nie afgeval van daai bees af nie, nou hoor ek al stemme. Dit moet stres wees.


Die bul draai weer om en sê half benoud, “julle moet nou kom, die diere kom nader en die mense wat hulle jaag skiet nie mis nie” Ek kyk om na die vroue, almal kyk met groot oë na die seekoei.”Hardloop, elkeen kry ‘n groot seekoei en klim op, hulle sal ons oorvat en weg van die chaos” Sonel skud haar kop “hoe bedoel jy klim op, daai goed maak meer mense dood per jaar as enige ander dier” Ek gryp haar aan die arm en Frannie aan die ander terwyl ek afhol teen die wal en hulle gil. Al die goue vroue is agterna.


By die vlak water stop ek, groet al die seekoeie in my kop  en sê dankie vir hulle hulp, hulle maak hulle mooi geluide en lê reg dat die vroue kan opklim. Sonel is op ‘n koei, woeps gly hulle weg in die water in, Una lag net, vergeet van haar glips, sy klim op en kan nie ophou om die koei te streel nie “sy lyk soos Gloria” is al wat ek heeltyd hoor. Toortsie staan gevries “Toortsie, klim, daar is nie tyd nie, wat ook al gejaag word is nou hier en dan is ons pannekoek plat getrap of geskiet laat ons soos ‘n tee-sif lyk”. Toortsie staan, Woordnoot en Positief gryp vir haar, een aan elke arm en trek vir haar wal af terwyl sy daai twee bene stokstyf skop want sy wil nie water toe nie. 
Seegogga is in haar element en doen sowaar so klein dans passie op haar seekoei. San sit kruis bene op haar seekoei se rug en ek wonder waarna sy so staar. En toe besef ek dat ek seker is sy skryf ‘n gedig in haar gedagtes. 


Aalsie is verstom en kyk vir Trommeltjie en die kalf en sê net “ek dink ek en Virgo kan met hulle praat” .   Trommeltjie frons “hoe meen jy met hulle praat? Met die diere? “Aalsie skud haar kop, ja, ek kon duidelik hoor wat hy vir Virgo gesê het. Dit is ongelooflik. Kom, julle twee moet op daai groot koei daar klim nou, die trop is amper hier” Aalsie glimlag toe sy op haar seekoei klim en die koei haar vertel van die verskriklike klomp wild- diewe wat hulle so teister en definitief die rede is dat die klomp diere so storm. Al die vroue is net op en gly deur die water toe die trop buffels deurbreek en die aarde harder bewe. 
Ek kyk om en is heeltemal stom dat Christa en Appeltjie sowaar elkeen ‘n kamera het en fotos neem dat dit gons. Christa draai om en neem ook fotos van die vroue elk op hulle seekoeie. Die eerste klomp jong buffels het die waterrand bereik en hardloop in. Dit klink verskiklik hoe hulle die water binne hol. San kyk om en wys vir ons iets. Almal kyk in die rigting en sowaar daar kom die klomp diewe op hulle Quad bikes agter die trop aan, die skote klap omtrent. 
So groot man met ‘n wilde rooi baard jaag langs die rivier af saam met ons en 2 ander volg hom. Hulle het groot gewere en  stop so ent voor ons en lê aan om seker te maak ons sal nooit hiervan kan vertel nie. 

San beduie en skree, lê plat, hulle skiet dalk iemand raak. Ons almal slaan plat neer op ons seekoeie, ek kyk om en sien sowaar beide Christa en Appeltjie probeer fotos neem om die diewe te herken later.


Ek hoor Aalsie se gedagtes toe sy hulle seekoei vra om net so kort duik te vang dat beide die twee sal plat lê en net so woeps, duik die twee. Christa en Appeltjie gee elk so gilletjie en lê plat en hou. Frannie wys haar na iets voor ons en ons kyk soos een man om. Daar is ‘n verskriklike groot krokodil wat in ons rigting swem. 


Ek kyk vir Aalsie, sien sy stoot haar ken uit “bly jy nou net daar waar jy is, jy kan mos nou sien hier is moeilikheid, as jy iets wil vang, wag vir een op daai quad bike met die rooi baard, maar jy raak nie aan een van hierdie vroue nie, verstaan ons mekaar?” Ek kan voel hoe dink die krokodil. “Het jy vir my mooi gehoor of moet ek dit herhaal? Die krokodil laat die water spat soos hy sy kop ruk en momel “nou goed, ek weet ek mag geen bevel van ‘n diere-prater verontagsaam nie, maar ek sal jou onthou as die spel oor is en hy verdwyn onder die water in. 


Die vroue is stom, almal kyk na Aalsie, Trommeltjie wys na my toe en sê sy ook. Daar is ‘n vreemde stilte onder ons en skielik hoor ons die gil van die rooi baard- man toe die krokodil hom gryp. Die seekoeie volg die water en gaan om ‘n draai dat nie een van ons kan sien wat gebeur nie. 
En net toe ons dink dit raak nou so bietjie ongemaklik stil oor die vreemde gepraat hoor ek vir Woordnoot, San en Antoinette uit volle bors sing “in the jungle the mighty jungle..” Die vroue skaterlag vir die drie en ons almal begin saam sing aan “the lion sleeps tonight”. ..


Ons almal weet sodra ons aan die anderkant van daardie wal kom is dit Appeltjie se beurt om die stene te rol.

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

47 thoughts on “In the Jungle,the mighty jungle…”

  1. Kyk,Aalsie en die krok verstaan mekaar,hoor. Sy weet hy verkies taai vleis en almal weet hoe taai rooibaard wilddiewe kan wees. Wat die afspraak betref, Aalsie -met haar pharmaseutiese kundigheid – én ‘n skeut dieresielkunde het vir krok in die oor gefluister dat sy ‘n doepa het vir lang krokodiltrane

    Liked by 2 people

  2. Die video was die treffer, kan nie wag dat die twee pikkewyne more kom kuier nie, hier gaan gedans word. Virgo puik, puik, puik.
    So bly die krok het sy rooibaard dis geniet. Hier kom groot sports.

    Liked by 1 person

  3. A VIrgo, ek het dit nou so geniet! Behalwe dat dit my gunsteling liedjie is, hier hierdie vidiojie kostelik. Dankie tog sommige van ons kan krokodiltaal praat

    Liked by 1 person

Comments are closed.