ABBA -partytjie op Rebus raak groen..

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

Virgo kyk na die spul vroue wat skielik verskriklik baie eet, dit is een bak tjips op ‘n ander. Sy frons en loop na die kombuis toe. Sy skud haar kop, maar weet klaar wat aan die gebeur is. Toe sy in die kombuis instap is haar vermoede bevestig. Daardie Guacamole dip…. Iemand het die verkeerde dip na die partytjie toe gebring!

Ousus, hier is nou moeilikheid. Una lag en dans en sy sing steeds uit volle bors, Frannie sing saam, nie een het ‘n mikrofoon nie, maar aan die twee is daar geen keer nie. Aalsie en Toortsie soek net nog dip en tjips. Positief frons en kyk na Toortsie. “Maar tjippies is mos nie banting nie”. En Toortsie lag net en gee so groot draai met ‘n Voulez-vouz en eet verder. Trommeltjie en Scrapy probeer ‘n rap version van Eagle en Mamma Mia doen en skaterlag elke keer as hulle ‘n nuwe versie gesing het. Seegogga dans op haar eie, besig met ‘n massiewe painting teen die wit agtergrond op die verhoog. Die hele ABBA brigade staan en verkyk hulle aan haar en bring net verf nader en eet self heerlik aan die dip.

Ek gryp Positief aan die arm, wink vir Sonel en verduidelik dat ons ‘n groot probleem het. Soos een mens kyk ons al 3 om en sien waar Appeltjie en Pierce heerlik lag en die tjippies en dip word sommer so ingelaai. “Julle, hier is nou drama”. Danie staan nader , skud sy kop want hy sien Una en Frannie sing steeds.

Woordnoot kom nader, groot frons op haar voorkop. “Julle, mis ek iets, want die vroue is nou nie meer hulle self nie?” Ons 3 kyk vir mekaar. Woordnoot, hierdie dip is..ummm.. wel… dis…

Sug.

Woordnoot, hulle het die verkeerde goed in die dip gegooi. Dit is vir my verkope…

Woordnoot frons en is nog nie heeltemal by nie. “Hoe bedoel jy? Jy is mos nou ‘n bossie dokter, hoe bedoel jy is vir jou verkope? En dit is toe sy dit sê, dat die besef haar tref. “Neeeeeeeeeeeee”. Os al 3 knik ons koppe.

Die vroue eet “Medicinal Guacamole” (for a lack of a better word).

“Hoe het dit gebeur” Ek kyk na Woordnoot en skud my kop. Ek is nie seker nie, jy weet my karavaan is altyd op en almal weet ek toor met bossies en plante. Ek het groot klomp gemaak, is besig met eksperiment om te sien of ek juis die effek kan wegvat en meer van medisinale kragte kan gebruik, op ander manier as al die ander kwekery, maar iemand moes dit gevat het in stede van die hoop Basil wat ek ook so gemaak het spesiaal vir die dip vannand. Daai Basil is ge super charge en dis seker die oor ek so daaroor gespog het dat wie ookal gedink het dat dit die klomp Basil is. Dis mos nou alles in ‘n paste.

Positief en Sonel kan self nie ophou lag nie, ek frons en selfs Woordnoot begin lag. Ek kyk om ,dit is ‘n wonderlike partytie en die vroue geniet hulle gate uit. Die hele ABBA crew is gaande oor die geverf en Pierce is heel ontspanne en praat asof hy lang verlore familie van Apeeltjie is.

Die volgende oomblik spring hy op en kyk stip – daai regte Bond, James Bond look af na die verhoog toe. Hy klim oor sy stoel en met mening loop- hardloop hy verhoog toe. Ons 4 staan hom en kyk, Appeltjie waai en eet verder. Hy stop voor die verhoog, trek sy swark pak reg en spring op soos ‘n wafferse bergbok. Hy kyk stip na iets en beweeg dramaties, soos ‘n Flamenco danser stadig nader… “Oooooo, neeeeee, julle ons moet keer, nee asseblief nie”, die ander 3 kyk om toe Virgo praat en die skaterlag wat onstaan is iets anders. Pierce gryp die silver paal vas en draai homself om daardie paal asof sy lewe daarvan afhang. Vannand pole dance James Bond…

En dit is nie lank daarna nie toe die hele ABBA kroos en Goue Vroue self nader hardloop om te kom deel in die dansery…


Positief, ek dink jy moet verder vertel.

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

29 thoughts on “ABBA -partytjie op Rebus raak groen..”

  1. Virgotjie, hier is mos nou groot plesierigheid! Presies wat die dokter voorgeskryf het. ń Onvergeetlike aand saam met ABBA en Pierce, en ons almal sing!!! Jippeeeeeeeeee.

    Liked by 1 person

  2. Ek het gewonder wat vanaand nog gaan gebeur ou Pearce het die guacamole so geniet dat hy sommer splits doen daar by die paal.. En die goue vroue lag en sing! Jy het ons aand gemaak—!
    Pragtig geskryf!

    Liked by 1 person

  3. Gelukkig kry mens nie ń hang over van daardie doepa nie, anders het ons groot moeilikheid gehad. Lekker geskryf Virgo, ons maak mos nou bietjie amok, maar dit is so lekkkkeeeer. Ek wat nie eers kan sing nie, rap nou al. Mastag maar die 007 is soepel en so sag op die oog.

    Liked by 2 people

Comments are closed.